Noordwes verval, maar ANC fantaseer oor megastede

Paaie in Maquassi Hills (Foto: Sania van Schalkwyk/Facebook)

Die ANC-regering van Noordwes se voorneme om R73 miljard te bestee op die ontwikkeling van elf sogenaamde megastede is verstommend gegewe die feit dat die ANC dit wat wel in die provinsie is, bykans tot bankrotskap regeer het.

Die VF Plus het vandag tydens ʼn debat oor die provinsiale rede van Noordwes se waarnemende premier, Nono Maloyi, sterk standpunt ingeneem teen dié onuitvoerbare dagdrome van die ANC.

“In plaas daarvan om die provinsie se beperkte finansies te gebruik om dienslewering te verbeter en korrupsie te beveg, word fantasieë aan inwoners voorgehou in ʼn skynbare poging om stemme vir die verkiesing te werf,” sê De Wet Nel, die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes.

Munisipaliteite soos Maquassi Hills word lank reeds geteister deur elemente wat skynbaar doelbewus die water- en ander infrastruktuur saboteer om dan tenders te bekom vir die herstel daarvan.

“Sulke optrede word skynbaar deur die ANC-regering gekondoneer omdat dit selde behoorlik aangemeld en ondersoek word. Niemand word hiervoor aanspreeklik gehou of vervolg nie ten spyte van streng wetgewing wat voorsiening maak vir tot dertig jaar tronkstraf vir die sabotering van openbare infrastruktuur.”

Nel sê Noordwes se inwoners ly swaar onder die wanadministrasie en verval van ANC-beheerde munisipaliteite. Byna 50% van Rustenburg se water gaan byvoorbeeld verlore weens ʼn gebrek aan die onderhoud van pypleidings.

“Paaie en strate disintegreer letterlik in sommige dorpe. In JB Marks word inwoners belas met uitermate hoë waterrekeninge wat bloot op geskatte verbruik gegrond is. Die enigste hoop om die verval en wanbestuur in Noordwes te stuit, is om op 29 Mei by die stembus te verseker dat die ANC uit regering verwyder word, en vervang word met ʼn professionele koalisieregering waarvan die VF Plus deel vorm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Saartjievandiebosveld ·

Die mega stede sal vir die ELITE wees en die ARMES sal buite die poorte staan en bedel

Jannie ·

Hul wil nuut bou, maar kan niks ONDERHOU nie – en dit is die geheim tot sukses. Enige mamparra kan ‘n gebou laat optrek, maar die verantwoordelikheid en deursettingsvermoë om onderhoud en instandhouding te doen is die belangrikste – dis soos oefeninge na ‘n operasie. So hou ons maar die verval dop en probeer red wat te redde is.

Pierre ·

Die ANC sal nie stede bou nie, die Chinese sal, hul gaan stuk stuk die land so verkoop

Papsak ·

Die ANC het hierdie hele land tot bankrotskap regeer regtig hulle gee net mooi niks om nie ,!!!!!!

Impact ·

Noordwes het dit nog nooit vir my gedoen nie, dit het my altyd herinner aan ‘n tuisland (nog nooit mooi en op die voorgrond vir enige iets gewees nie), slegs my opinie.

SjN ·

Dagdromers, geskryf deur een of ander kader, kan nie eens die bestaande infrastrukrure in stand hou nie.

Johan ·

Die wat dink Noordwes is nie mooi nie. Was jy al by Kokoriba ? Dube ? 4×4 gery in die berge ? Tyd spandeer op ‘n plaas buite Koster en in die pik donker aand sterre sien verskiet ? Moenie jou blind staar aan die verval nie – Kyk na die natuur, dit is waar die mooi is.

Kokerboom ·

Noordwes is ‘n tragiese verhaal van absolute verval. Die pynlikste is dat die inwoners van Noordwes toesien dat die ANC boewe die eens mooi provinsie so absoluut verwoes.
As oud inwoner van Mahikeng het ek die verval na 1994 sien afspeel!Ons gebede is dat wiel draai na 2024 stemming!!!

Chris ·

Ja dis nou n interesante opmerking die, maar is ons eie Afriforum nie ook besig om te fantaseer met ‘Selfstandigheid’ en ‘Orania’ nie? Hierdie plan is gebaseer op die gedate dat die Grodwet gebruik kan word om gemeeskape en instellings teen swart oorheersing te beskerm ……. net soos wat FW de Klerk se gedagte was.
Is dit nie beter om eerder ons reg op territoriale selfbeskikking , soos wat dit in die grondwet erken word, plan A te maak nie? #Art235 #Afrikanerakkoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.