Noordwes-vrou in haar bed doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 47-jarige vrou is dood en haar 21-jarige seun gewond nadat hulle Woensdagaand in hul huis in Moruleng naby Mogwase in Noordwes oorval is.

“Die vrou en haar kinders het glo Woensdagaand om 20:00 reeds geslaap toe onbekende mans aan die deur geklop het,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die 21-jarige seun het opgestaan om die deur oop te maak, maar hy is dadelik in sy bors geskiet.”

Die verdagtes is toe na die slaapkamer en het die ma in haar bed doodgeskiet. Ngubane sê die vrou se 23-jarige seun kon deur ʼn venster ontsnap. Die vrou se ander twee kinders, ʼn sesjarige seun en sewejarige dogter, is ongedeerd gelaat. Die 21-jarige is na ʼn hospitaal geneem en hy is glo in ʼn stabiele toestand.

“Die verdagtes het gevlug en is steeds soek,” het Ngubane bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.