ʼn Vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy glo met springstof betrap is, het in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.
“Sophia Makamo (43) het Maandag in die hof verskyn,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Haar saak is uitgestel tot 9 Julie vir verdere ondersoek.” Sy is vrygelaat op borgtog van R1 000.
Die Rustenburg bom- en springstofeenheid en Phokeng se honde-eenheid het Makamo Vrydag by haar huis in die Zakhele- informele nedersetting in Rustenburg in hegtenis geneem.
Haar inhegtenisneming kom ná ʼn ondersoek en die polisie het beslag gelê op ʼn hoop springstof van ʼn myn wat agter in haar huis geberg is. Toe die vrou uitgevra is oor die oorsprong van die toestelle, het sy die vinger na haar man gewys. Die polisie is tans op soek na haar man, het Ramaloko bygevoeg.
Ramaloko het Vrydagoggend gesê die springstof is gebruik om ʼn kontantkluis by ʼn gewilde restaurant in Rustenburg op te blaas toe ʼn onbekende hoeveelheid kontant gesteel is. “Die polisieondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”
Die deler is so goed soos die steler. Waarom het sy nie die springstof gerapporteer nie, waarom eers wag sodat doe SAPD eers toeslaan? Hou haar net vir ‘n dag of twee in die selle aan dan sal sy vining sê waar haar man is.
En so hou dit maar aan , R1000-00 borg , dan maar weer so aangaan want die dossier gaan wegraak
Die deler is net so goed soos die steler, daar moet nog persone betrokke wees.
Laat ‘n wit ou dit nou gedoen het, dan was dit hoofnuus op al wat ‘n kanaal is, wêreld wyd.