Noordwes-vrou vas vir moord op kêrel

Argieffoto

ʼn 35-jarige vrou van Kanana naby Orkney in Noordwes is Saterdag in hegtenis geneem vir die moord op haar 53-jarige kêrel.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte het die man glo met ʼn mes in die nek gesteek nadat ʼn rusie tussen die twee partye ontstaan het.

“Die voorval is by die polisie aangemeld waarna die polisie na die toneel gejaag het,” sê Myburgh. “Die slagoffer het met ʼn enkele steekwond op die vloer gelê met die aankoms van die polisie op die toneel.”

Volgens haar het nooddienswerkers van die Emergency Medical and Rescue Services die man op die toneel dood verklaar. Die vrou is ook op die toneel in hegtenis geneem.

Myburgh sê sy sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Orkney verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en lede van die publiek gemaan om nié hul geskille met geweld op te los nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.