Noordwes-vrou wreed verkrag

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

ʼn 21-jarige vrou is halfnaak en met kopbeserings in ‘n straat in Klerksdorp aangetref.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is Saterdag omstreeks 18:15 deur ʼn verbyganger gevind. “Sy is by Elandsheuwel gekry. Sy was bewusteloos en haar blou denimbroek en onderklere het langs haar gelê. Daar was ook glo klippe met bloedspatsels rondom haar,” het Ramaloko gesê.

Die vrou het verskeie wonde aan haar kop en gesig gehad. Nooddienste is na die toneel ontbied en sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. ʼn Voorlopige ondersoek het aangedui dat sy verkrag is.

Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende provinsiale kommissaris, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die Klerksdorp-polisie te nader indien hulle meer inligting oor die voorval het. “Ons verseker enigiemand wat met inligting na vore kom, dat dit die aandag sal kry wat dit verdien,” het hy gesê.

Die vrou het tot op hede nog nie haar bewussyn herwin nie. ʼn Saak van poging tot moord en verkragting word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

WS ·

Siestog, hoe vernederend moet dit nie wees nie ? Eerstens is haar hele menswaardigheid aangetas met die verkragting en dan word sy net so gelos vir almal om te sien ! Die doodstraf is al ding wat vir hierdie vervlakste verkragters gaan werk.

Amanda ·

Dis so hartseer.
Ek is so dankbaar dat haar ras nie genoem is nie, want sy bly VROU.
Ons dames moet OPSTAAN vir ons regte. Verbale verkragting is NET so erg soos liggaamlike verkragting, en soos my skoonpa altyd gesê het ” maak nie saak WAT ‘n vrou doen nie, sy mag NOOIT sleg behandel word nie, want SY is die pilaar van elke gesin”
Sterkte aan die onbekende vrou van my dorp. Mag jy heel anderkant uitkom xxx

Jeanetta Taljaard ·

Stem 100% met jou saam. Wat ‘n siek samelewing leef ons in. Niemand het meer respek vir niks. My gebede gaan uit na hierdie vrou. Mag die Vader haar pyn en wonde genees.

Bernard ·

Dit maak my siek om die land my tuis land te noem… so met die geveg van ons onskuldige vrouens en mans wat benadeel word deur die regering se wet wat KRIMINEELE so beskerm gaan daar niks van dit afkom nie as hulle die beskuldigdes gaan vang… dan sal dit net n “highfive” wees dan n borg van R50…

Gideon ·

Ek sien julle praat van vroue wat verskeie wonde het, en dan weer van ‘n vrou! Is daar dan ‘n klomp vroue so aangerand?

nadine ·

Ek raak so vies vir mans wat net dink hulle kan vat wat hulle wil. Ons vrouens moet so versigtig wees as ons met mans gesels. ‘N Flirtasie kan lelike nagevolge he. Party mans kry nie die boodskap van Nee nie.

petro ·

Ons vrouens moet meer lawaai maak. Die is die enigste berig wat ek gelees het van die walglike daad. Is verkragting nou so alledaags dat net 1 koerant daaroor berig. Die arme, arme vrou. Hoop sy sal herstel.

Franscois ·

Die land brand, mense wat dit nie wil sien en aanvaar lewe in n droom wereld, verkragting, moord, bedrog, korupsie ag so kan die lys maar net aangaan, die straf wette is so pateties.
En dan sit die opper hoofde en stop hulle monde vol kos en lag en giggel oor alles!
Wens ek kon in die toekoms sien!

Marianne ·

Ons leier verkrag en kry dit onder die mat in gevee, hoe moet dit lyk vir ander verkragters…….

faith ·

Ai sterkte aan die dametjie, hoop jy herstel vinnig. hou jou kop hoog niks was jou skuld nie hoop die vark word gevang en dat hy aan ‘n paar dames gegee word om mee afgereken te word

Ray ·

Dis jammer om te hoor van sulke gevalle en my simpatie is met hulle maar ek wil graag weet hoekom die media nie die ras van die person bekend maak nie, Sal graag wil weet want ek dink dit vertel baie en word daar ooit statistiek gehou?

Suzette ·

Die arme vrou,ek stem saam dat dit n Goeie ding is dat haar Rays nie genome is nie,sy Bly n victim en n vrou maak nie saak of sy geek,orange of pers is nie,sy voel pyn net soos enige ander mens!

Suzette ·

Die arme vrou,ek stem saam dat dit n Goeie ding is dat haar Rays nie genome is nie,sy Bly n victim en n vrou maak nie saak of sy geek,orange of pers is nie,sy voel pyn net soos enige ander mens!

belinda kelly ·

Kan ons Vroue nie opstaan! Hierdie is seker die wreedste wat met n Vrou kan gebeur. Doodstraf is die antwoord!

Winston ·

Nie net vrouens nie. NEE. ONS AS MANS OOK! Dis n skande vir my as manlike man om sulke goed te lees. Swaarder vonisse en beter ondersoeke. Ware mans verkrag nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.