Noordwes waarsku oor vals lughaweposte

Pilanesberg-lughawe Foto: booktravel.travel

Pilanesberg-lughawe Foto: booktravel.travel

Bedrieërs in Noordwes maak geld uit niksvermoedende werksoekers deur vals poste aan te bied by Mafikeng- en Pilanesberg-lughawens.

“Slagoffers het reeds R295 betaal aan administrasiegelde,” het Shuping Sebolecwe, waarnemende woordvoerder vir die provinsiale departement van vervoer, gesê. “Die bedrieërs doen hulself voor as ʼn werkverskaffingsagentskap vir die lughawens.”

Al twee die lughawens word deur die staat beheer. Die departement het reeds die bedrogspul by die polisie aangemeld.

“Volgens prosedure adverteer ons poste op die regering se intranet, in koerante en regeringstydskrifte. Ons doen dus ʼn beroep op mense om nie om die bos gelei te word deur bedrieërs nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Hou hulle dom as iets/werk gedoen moet word, maar as dit by skelmgeid inkom is hul superslim,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.