Noorweë het gelukkigste mense ter wêreld

Die Noorse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Die Noorse vlag. Foto: http://aremobility.com/

Suid-Afrika is nie ʼn besonder gelukkige nasie nie.

Volgens die uitslae van die jongste VN-indeks wat geluk meet, beklee Suid-Afrika die 101ste posisie uit 155 lande.

Dié indeks, wat deur die Verenigde Nasies opgestel is vir Internasionale Geluk-dag, neem faktore soos onder meer die vryheid om besluite te neem, vrygewigheid, deursigtigheid, gesondheid en inkomste in ag.

Suid-Afrika se posisie het sedert 2014 skerp afgeneem op dié algehele gelukkigheidsindeks, met meer as tien plekke.

Volgens dié indeks, wat strek van 2005 tot 2016, is Noorweërs die gelukkigste mense ter wêreld, nadat die land Denemarke verbygesteek het.

Ander lande wat ook onder die top 10 gelukkigste lande ter wêreld tel, is Ysland, Switserland, Finland, Nederland, Kanada, Nieu-Seeland en Australië.

Die verslag toon verder Afrika is ook nie ʼn gelukkige kontinent nie, met Suid-Afrika wat vir die tydperk van 2014 tot 2016 die sewende gelukkigste land in Afrika was. Somalië, wat die 5de plek beklee, het Suid-Afrika die loef afgesteek.

Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (155), Burundi (154) Tanzanië (153), Sirië (152), Rwanda (151) en Togo is volgens die indeks die ongelukkigste lande ter wêreld.

Afrikalande oorheers die onderste punt van die indeks met oorloggeteisterde lande, soos Sirië en Afganistan, wat ook daar kom nes skop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zoom zoom ·

Met n regering en politke party wat alles wil verniet he en afbreek het SA kaners niks om oot te juig nie

Elisabeth ·

Mens is tevrede. Wat maak dat ‘n mens tevrede voel? Na jy kos, onderrig en dak oor jou kop het kan mens baie tevrede wees as iemand wat miljoene het. As ek kyk dink ek dit is nie so ooglopend as wat hulle wil hê ‘n mens moet dink dit is nie. Hoe spandeer jy jou tyd?

Iets ouds wat ‘n nuwe jas moes kry?

Cherokee ·

Van die koudste lande onder die gelukkigstes? Interessant.

Jacques ·

Ek dink as hulle net die Afrikaners gevra het was ons heel onder. Ons het papiere vir kla.

Chris ·

Dit is geen wonder nie. Die land verdien die erkenning. Dit is ‘n ongelooflike plek. As die geleentheid hom dit voordoen sal ek nie ‘n tweede uitnodiging hoef te kry om daar te gaan bly nie. My voorouers aan my ma se kant is Nore. Mooi mense. Sterk mense. Weet net nie hoe hulle deur die immegrasie vloedgolf affekteer is nie. Gelukkig het olie hul lewens wyse ten goede beinvloed en almal trek voordeel daaruit.

Ekke ·

Ongelooflike plek. Twee keer daar gewees, sal 6 keer weer wil gaan en more soontoe verhuis as ek net kan!

Kobus ·

Een van die grootste redes hoekom die bevolking van Noorwee so gelukkig is, is omdat die meerderheid mense seculêr is. Dit geld ook vir ander vooruitstrewende lande soos Nederland en Skandinawië.

Jaco ·

Jy is absoluut reg Kobus, hulle is sekulêre mense wat bevry is van die vrees vir die hel en nie gebuk gaan onder die laste wat ‘n godsdiens oplaai nie met honderde sinneloos reëls en vereistes soos vyf keer op ‘n dag bid of jy mag nie dans nie.

Anne ·

Ek dink mens kan enige plek gelukkig wees as jy vryheid het, iets wat ons in SA nie het nie, ons leef in tronke.

jaco ·

As geluk bereken word op wat jy moet doen om werk te kry, sal SA heelbo aan die lys wees, want hier moet jy net die regte velkleur hê om werk te kry. Kwalifikasies, opleiding en ondervinding is glad nie nodig nie.

marianna ·

Ja ja as mens ja en amen sê op alles in Noorwee dan sal jy gelukkig wees hulle het drie woorde wat hulle gebruik as mens iets kritiseer en dit klink so in afr, ” so is dit maar” in noorweegs “som er det” maar skuld het hulle genoeg en belasting betaal hulle genoeg. En baie mense in die land ly aan depressie veral in die noorde waar dit so donker is in die winter.

Het lank genoeg daar gebly en gewoon.

foxi ·

Die enigste plek waar jy gelukkig kan wees in Suid Afrika is in jou eie huis……….

SARIE VAN HEERDEN ·

MARIANA vir depressie oor koue en donkerte in verskeie lande kry hulle SONTERAPIE al vir donkiejare daarteen.
Ysland is ook ‘n land wat die woord misdaad nie ken nie. En dis ook nie so koud daar nie, veral met die warm strome daarom wat hul gebruik om bv hul geboue en huise te verwarm.
Ons was daar en sou graag daar wou woon maar dis darem deksels ver van SA en ons familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.