Noorweër met dwelms by lughawe betrap

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

ʼn 45-jarige man van Noorweë is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem nadat daar glo dwelms in sy besit gevind is.

Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê die man het glo 24 kg van die dwelmmiddel Cat in sy besit gehad. Hy sal Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn vir die besit van dwelms.

“Hy is in hegtenis geneem tydens ʼn roetine-ondersoek deur misdaadvoorkomingspanne. Die verdagte was van plan om ʼn vlug na Zürich te bespreek toe die vonds gemaak is,” het Naidoo gesê.

Die dwelms het ʼn geskatte straatwaarde van sowat R50 000.

Verlede week is ʼn 22-jarige vrou, ook van Noorweë, by die lughawe in hegtenis geneem nadat sy met 17 kg Cat óók ʼn vlug na Zürich wou bespreek. Najmo Abokar Ibrahim het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Is julle seker hierdie inligting is reg. Die stowwe “cat” en “khat” (ook gespel “qat”) is nie dieselfde ding nie.
Die stof wat as “cat” bekendstaan is “methcathinone” of “α-methylamino-propiophenone”. Dis ‘n stimulant wat sinteties vervaardig word, met ‘n swakkerige stimulerende uitwerking – in dele van Europa is dit nie eers onwettig nie.

Aan die ander kant is “khat” die blare van ‘n inheemse plant, Catha edulis, wat in Afrikaans as “Boesmanstee” bekendstaan. Die boom groei wild in groot dele van die land en ook op tot in die verre noorde van Afrika en die Arabiese skiereiland. Die jong blare van die plant bevat klein hoeveelhede “cathinone” of “β-keto-amphetamine”. Dit word al vir duisende jare dwarsdeur Afrika (ook in Suid-Afrika) deur mense gebruik vir medisinale doeleindes en vir uithouvermoë en wakkerheid. Die stimulerende uitwerking van “khat” is egter laer as dié van koffie. Tog word dit, onverstaanbaar, as ‘n dwelmmiddel op die vlak van kokaïen geklassifiseer. Wat nog meer bisar is, is dat die plant, Catha edulis, in Suid-Afrika ‘n beskermde spesie is. Dit staan openlik in botaniese tuine en op plase en in mense se tuine en mag nie verwyder word nie.
So as jy ‘n boesmansteeboom in jou tuin het, is jy ‘n oortreder omdat jy dwelms besit, maar as jy dit uitkap, oortree jy want dis ‘n beskermde spesie.

In ander berigte het ek gelees die 22-jarige vrou het “khat” by haar gehad – nie “cat” nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Paul

Dankie vir jou navraag. Volgens die polisie was dit wel die chemiese poeier, cat, waarmee die vrou by OR Tambo-lughawe glo betrap is.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Ben (:-) ·

Nou het jy `n probleem, as Victor die berig lees, en jou kommentaar, gaan hy jou vertel jy is te slim en jy moet in die parkie gaan speel…Goeie verduideliking, dankie.

Paul ·

Dis vreemd, die polisie se eie berig op hul webwerf, gedateer 1 Maart 2016, oor die arrestasie van Najmo Abokar Ibrahim verwys na die besit van “khat”.

Arno ·

Ibrahim is nie n Noorweegse naam nie. Sal die man se naam graag wou weet.

Matthys ·

Sover ek die berig gelees het was die Ou op George gevang met khat en nie cat nie Groot verskil een is n poeier en die ander een n plant wat uit bo Africa uit kom dink Uganda en hulle jou die plant

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.