“Normale mense stem ANC” sê Zuma

Zuma maak gereed om die skare toe te spreek. Foto: @MyANC_ / Twitter

Zuma maak gereed om die skare toe te spreek. Foto: @MyANC_ / Twitter

“Niemand wat normaal is, kan dink daar is ʼn ander party as die ANC in Suid-Afrika wat die verkiesing kan wen nie.” Dit was die woorde van pres. Jacob Zuma aan die mense van Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, tydens sy besoek aan dié gebied Vrydag.

Nadat hy inwoners van Soshanguve, Mabopane en Ga-Rankuwa tydens ‘n deur-tot-deur-verkiesingsveldtog by hul huise besoek het, het hy ‘n skare inwoners by die Ga-Rankuwa-stadion toegespreek.

Tydens sy toespraak het hy mense aangeraai om op 7 Mei vir die ANC te stem. “Ons is die antwoord op probleme in die land omdat ons beleid die beste is. Ons glo dat ons die land sal regeer totdat iemand wat ons verlaat het, terugkom,” het hy gesê.

Zuma het ‘n tyd gelede groot reaksie ontlok nadat hy die opmerking gemaak het dat die ANC die land sal regeer totdat Jesus terugkom.

Tydens sy toespraak het hy verder gesê die ANC het kennis geneem van die werkloosheidsprobleme waaroor mense van die gemeenskap kla, en dat die Tshwane-metro ‘n plan het om dit aan te spreek.

Volgens Zuma is die ANC nie gestig deur mense wat kwaad is of in ‘n bepaalde ideologie glo nie. “Die ANC is ʼn party wat die mandaat gegee is om die land te bevry. Hierin het ons geslaag. Ons volgende uitdaging is ekonomiese bevryding. Die skade wat die onderdrukkers ʼn dekade terug aangebring het, is te groot om in 20 jaar te herstel. Die ANC groei vinnig. Toe ons Mangaung toe is, het ons meer as een miljoen lede gehad. Ons is ʼn volwasse party, en as ons probleme ondervind, hanteer ons dit. Ons slaap nie, ons werk hard!”

Tydens die geleentheid het hy nuwe ANC-lede wat van die EFF en die DA oorgeloop het, verwelkom.

“As ons saamwerk, kan ons werkloosheid, armoede en ongelykheid oorkom,” het hy bygevoeg.

Lees ook:
Zuma gee ou man R1 000 vir kos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danielle ·

Normale mense stem AnC, sê ‘n abnormale mens aan sy ewe abnormale ondersteuners.

Slim Daan ·

As die ANC ” normaal ” is, sidder ek om te dink hoe vertoon die ” abnormales “. Dan weer miskien is ek. Om as ” normale ” 4x houvrouens en n swetterjoel kjenners te onderhou is mos die aangewese etiket van n regdenkende….of hoe oompie Zums ? ( Hier faal ek misrabelik. )

Dewald ·

Geen verrassing daar nie…die moroon kannie eers tel nie…ń dekade gelede was die anc-onderdrukkers aan bewind gewees!
Oor een ding was hy reg…oor die skade wat toe gemaak is…deur zombie homself!…hy vergeet gerieflikheidshalwe dat HY die land mijarde rande gekos het met sy onderduimse wapentransaksies.

Antonie de Vry ·

Die skade wat die onderdrukkers ʼn dekade terug aangebring het, is te groot om in 20 jaar te herstel. ….wat groot onsin want korrupsie, wanbestuur en die eksplosiewe bevolkingsgroei veroorsaak dat Suid Afrika ‘n arme derde wêreld land besig is om te word. Volgens die CIA “factsheet” is maar 9.87 persent grond landbougrond waarvan 0.34 persent die hele jaar landbou beoefen word en water is skaars. Met die bevolkingsgroei gaan dit alleen maar erger word …….

George Barnard ·

Dankie Vader dat ek abnormaal is ,nou is ek nie mal genoeg om vir die anc te stem nie,sien alles het tog voordele dankie Vader daarvoor

George Barnard ·

Ja. Die skade wat die komuniste onder die0 anc se vaandel aangerig het sal natuurlik veel langert vat om te herstel want hulle het allesin 20 jaar op gef!.!! Wat ons voorsate opgebou het

william ·

Tipies Afrika redenasie. Zuma is korrup en skelm. Hy het geen leiers eienskappe. Hoe gouer hulle van hom ontslae raak ,hoe beter.

Jasper ·

Ja, so het moord, roof, verkragting, marteling, bedrog, korrupsie, leuens, diefstal en plunder normaal geword en die wat nie meedoen nie is abnormaal. Jy is nie n Staatsleier se agterkant nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.