Normandien: Gemeenskap geruk ná plaasmoord

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Normandien naby Newcastle in KwaZulu-Natal is geruk ná die moord op ’n bekende egpaar van die omgewing.

Die 63-jarige boer Glen Rafferty en sy vrou, Vida (60), se liggame is vanoggend vroeg buite hul plaashuis aangetref. Die egpaar is Saterdagaand koelbloedig doodgeskiet nadat hulle van Newcastle tuisgekom het. Een van hulle honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Die aanvallers het ná die voorval in die egpaar se voertuig op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie.

“Ons is baie geskok. Hulle was ’n baie gewilde egpaar in die omgewing. Hulle was groot vriende van almal,” het dr. Laurie Bosman, Vryheidsfront Plus-raadslid, Sondag aan Maroela Media gesê.

Bosman woon enkele kilometer van die Rafferty-egpaar en behoort aan dieselfde boerevereniging as Glen, wat aktief betrokke was in die landbougemeenskap.

Volgens Bosman het die egpaar gisteraand in Newcastle gekuier waarna hulle later die aand huiswaarts gekeer het. Die egpaar is omstreeks 21:15 op pad plaas toe deur een van die veiligheidskameras wat in die omgewing opgerig is opgemerk.

Daar word vermoed dat die egpaar omstreeks 22:00 tuis gekom het toe hulle deur die aanvallers buite die huis oorval en doodgeskiet is. “Glen is by die voordeur aangetref en Vida en hul hond is op die grasperk aangetref.”

Maroela Media het vroeër berig die egpaar se huis was in dié stadium reeds geplunder.

“Glen en Vida moes net op die plaas aangekom het toe dit gebeur het. Ons neem aan dat hulle die verdagtes dalk verras het. Die verdagtes moes ook dadelik ná die [moorde] gery het.”

Volgens Bosman het ’n ander veiligheidskamera die aanvallers in die egpaar se Pajero omstreeks 22:20 ’n ent van die plaas af opgemerk waarna hulle kort daarna die voertuig agtergelaat en vermoedelik in ander vervoer gevlug het.

Dit is nie in dié stadium duidelik wat uit die plaashuis gesteel is nie. Die aanvallers het wel die boks van die egpaar se kamerastelsel uitgeruk. “Hierdie was ’n beplande ding,” meen Bosman.

Hy beskryf die moorde as gruwelik. “Glen was ’n absolute gentleman. Dat só ’n man en sy vrou se lewe geneem moet word… ek kan nie vir jou sê hoe ons voel nie.

“Ek dink dit is skrikwekkend wat op die oomblik gebeur. Net nadat die regering se aandag op plaasaanvalle gevestig is [deur middel van Saterdag se motorfietssaamtrek teen plaasaanvalle en rassisme] is daar nóg ’n plaasaanval. Dit is ʼn onbegonne taak om hierdie goed gestop kry.”

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het intussen die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Anoniem ·

Nog ‘n “beplande moord.” Ek wens ek kon sê dat optogte teen GBV, plaasmoorde, ens gaan hierdie boosaardige gebeurtenisse stopsit. Maar ek is ouer as twee. Daar is (en was nog altyd) net een taal wat hulle ken.

Remlut ·

Die moord is beplan die dag toe die ANC gestig is. Hulle wil hê die wittes moet verdwyn.

Inkpot ·

Kan daar ASSEBLIEF verpligte selfverdedigings opleiding aan boere gegee word.
Hulle moet paraat wees omdat hulle enige tyd ñ aanval te wagte kan wees.
Hulle moet te alle tye gewapen wees, selfs in die badkamer.
Asseblief boere, beveilig julself!!

My Mening ·

Ek het nie meer woorde nie, al wat in my gedagtes opkom is dat ek so opreg gatvol is vir wat in die land aangaan. Misdaad het al lankal handuit geruk en die regering se onvermoë om enige iets daaraan te doen is uiters kommerwekkend. Soms voel ek dis presies wat hulle wil hê….maar nou ja dis net my mening.

Ek is so jammer vir hierdie egpaar se geliefdes en die hartseer waardeur hulle tans moet gaan.

daniel ·

Al gehoor van korrupte mense wat In enigiets anders as korrupsie belangstel ?.

johanf ·

Ek treur saam met die gemeenskap, en my simpatie aan die familie en vriende…..
Wat ek verder wil sê, sal nie hier toelaat word nie.

Mariana ·

Simpatie aan familie. Nog ‘n onsinnige moord vir die statistieke. Nog ‘n gesin uitgewis, maar plaasmoorde mos nie op ernstige misdaadlysie nie. Regering gee te min om……

Nic ·

ek gatvol vir die regering en die BLM hulle kan moor en CR hulle doen niks dis soos n goedkeuring

ElizeK ·

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? DIT, is wat my nog normaal laat funksioneer, want die vader weet, as ek hierdie tipe berigte lees, voel dit of my hart beetgekry word met n “vice grip” en ek instaat is om die ondenklike te doen.

Kokerboom ·

Dis absoluut tragies. Die moorddadige vendetta teen Blankes gaan NIE stop. Tyd vir praat is verby. Die privaatsektor, sluit politieke partye uit, moet DRINGEND koppe bymekaarsit en met praktise bekostigbare oplossings voor ‘n dag kom! Selfoontegnologie met kameras by plaaswonings wat mense waarsku van enige beweging voor hul by hul opstalle kom as voorbeeld. Dag ZERO het aangebreek! Asb mense.

Kokerboom ·

Alle realistiese, nugtere ,vredeliewende , nie-rasbehepte en hardwerkende inwoners van die land: Kom ons neem ons land terug VOOR die ANC die laaste bietjie vernietig!!!!!!

TinieBergh ·

Stem saam met eerste gedeelte van u skrywe, maar kan u n plan gee om die land terug te neem; asook presies wat bedoel u? Want as splinter politieke groeperinge bly die opposie teen die ANC versplinter, is daar geen kans vir hierdie groep van vredeliewende suif-afrikaners om die land terug te neem nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek hoor oor die nuus dat die Landbou organisasie Kwanalu, President Ramaphosa versoek het om nou daadwerklik op te tree teen plaasmoorde. Hy sal dit BESLIS nie doen nie want hy ONTKEN plaasmoorde. Hy sal ook nie simpatiseeer met die vermpoordes se familie nie. Dis nou die man wat ons moet respekteer as ons land se President. Daar sal GEEN raeksie van sy kant af kom oor hierdie aangeleentheid nie. Dit sal dood geswyg word.

richard ·

More net iets klein die plaas moorde is al so allerdaags dat dit tot in die nuus berigte afgeskuif word na die derde of vierde brig.
Geen wonder Cyril se daar is nie plaas moorde nie as ons eie nuus bron dit so allerdaags reken deur dit as n nagedagte te berig
Wonder maar net

Werner ·

Bly hulle dink die regering se aandag is op plaasaanvalle gevestig .Dink nie die regering het n saak met plaasaanvalle nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.