Normandien-plaasmoord: Borgtogaansoek laat vaar

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Die verdagte wat aangekla word van die dubbelmoord op Glen Rafferty (63) en sy vrou, Vida (60), het sy aansoek om borgtog laat vaar.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, het gesê Siyabonga Goodman Macu (29) het Maandag weer in die Newcastle-landdroshof verskyn waar sy regsverteenwoordiger aangedui het dat sy kliënt sy aansoek om borgtog laat vaar het.

Die saak is nou tot 29 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Macu staan tereg op twee aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede asook sameswering om te roof.

Maroela Media het vroeër berig die Rafferty-egpaar se liggame is op 30 Augustus vroegoggend buite hul plaashuis aangetref. Hulle is die vorige aand koelbloedig doodgeskiet nadat hulle van Newcastle tuisgekom het. Een van hul honde is ook tydens die aanval doodgeskiet.

Die aanvallers het vroeër die veiligheidskameras buite die huis buite werking gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Androclus ·

Wat nog uitgestel word,hulle is skuldig sit agter die trallies en gooi sleutels weg.Iets klink nie lekker by daardie moord nie,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.