Normandien-plaasmoorde: Cele besoek familie

Bheki Cele, minister van polisie, tydens sy besoek aan die Normandien-gemeenskap in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Die minister van polisie, Bheki Cele, het die landelike gemeenskap van Normandien in KwaZulu-Natal verseker dat die huidige veiligheidsplan in die gebied hersien gaan word.

Cele het Woensdag met gemeenskapspolisiëring- en landbouorganisasies vergader wat gevra het vir beter inwerkingstelling van die nasionale landelike veiligheidsplan.

Die hersiene plan is verlede week bekend gestel en konsentreer op ʼn holistiese aanslag tot landelike veiligheid wat beter samewerking tussen die regering, die private sektor en burgerlike samelewing insluit.

Cele het boere beloof hulpbronne sal na spesifieke gebiede verskuif word om veiligheid daar te verbeter.

“Ons is verbind tot skakeling met die gemeenskap hier, asook om ʼn breër strategie te bewerkstellig wat uitdagings kan takel. Ons moet vasstel of voertuie en personeel wat die gebied bedien genoeg is en watter rol die gemeenskap kan speel om veiligheid te verseker, nie net vir boere nie, maar vir almal wat hier woon,” het die minister gesê.

Die minister het ook die familie van Glen en Vida Rafferty besoek. Die egpaar is die afgelope naweek op hul plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Cele het tydens sy besoek ook by die familie van die vermoorde Glen (63) en Vida (60) Rafferty aangedoen.

Die egpaar se liggame is Sondagoggend buite hul plaashuis gevind. Hulle is Saterdagaand doodgeskiet nadat hulle van Newcastle na die plaas teruggekeer het. Een van hul honde is ook doodgeskiet.

Hulle aanvallers het vroeër die veiligheidskameras buite die huis buite werking gestel. Maroela het vroeër berig op ʼn veiligheidskamera wat die landelike paaie in die gebied monitor, kan gesien word hoe die egpaar kort voor die moord uit die dorp in die rigting van hul plaas ry. Nie lank na die moorde nie, kan weer gesien word hoe die moordenaars in hul voertuig op ʼn ander pad van die toneel wegvlug.

Glen en Vida Rafferty (Foto: Facebook)

Die Rafferty-egpaar se voertuig is later verlate langs die pad gevind. Hulle moordenaars is steeds soek.

Cele het aan hul familie gesê speurders werk hard aan ʼn deurbraak in die saak en volg sterk leidrade op.

“Oor die algemeen het die polisie beduidende vordering gemaak om diegene wat glo agter soortgelyke aanvalle op die boerderygemeenskap in die noorde van KwaZulu-Natal sit, op te spoor. Sedert verlede jaar het sewe soortgelyke aanvalle plaasgevind en die polisie het inhegtenisnemings in elk van die sake gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Petrus Johannes ·

Geen mens kan hom glo nie Hul almal lieg en bedrieg.Die optog van blankes het gewys ons kan saam staan Dankie Bikers

Trotse Boervrou ·

My innige simpatie aan hierdie familie. Mag God jul onderskraag in hierdie verskriklike hartseer tyd.

Vergewe my, maar wat van die duisende ander boere en werkers wat vermoor is oor die jare heen? Hoekom nou skielik op plase opdaag en simpatie betoon. Waarom die skielike “vasvat” van die korruptes na hul jare lank weggekom het daarmee…. Ek het vergeet, die verkiesing is om die draai. Na my beskeie mening is dit effens te laat.

Anoniem ·

Daar is geen betoning van simpatie by daai krimineel nie, hy sit dan agteroor terwyl die kriminele statistieke uit beheer uit hardloop, iemand wat simpatie betoon sal daad by woord sit iets wat ons ruggraatlose regering nie kan doen nie. En wat die korrupsie betref het ou Rhamaposa dieselfde gesê in 2014, wat het gebeur? Hulle is leuenaars, bedrieers en dwase. Ek voel baie jammer vir die mense van die egpaar en al die ander duisende boere en families wat vermoor is maar ek sou nie hierdie dwaas toegelaat het om met my te praat en valse beloftes te kom staan en maak waar ek iemamd verloor het nie.

Eltan ·

Ek sou hom in die eerste plek nie op my werf toegelaat het nie..en indien hy daar sou opdaag sou ek hom voor die media soos n sleg hond weggejaag het…hamba!

Janee! ·

Hy voel regtig niks vir die vermoorde boere nie…..dit is slegs n politieke skuif

Mieke ·

Ag tog… en miskien is dit ook vir die buite wêreld gedoen om te ‘maak’ asof hulle nou skielik omgee! Ons gaan in elk geval nooit vir hulle stem nie!

Misky ·

Hy het bloed op sy hande!!!! Die wereld begin nou sien wat hier aangaan en druk plaas op hulle

Schalk ·

Nou kondig in hoofletters aan op alle media soos jy Bheki Cele met die afsonderings tydperk luidrigtig geraak het aan: Kriminele SAL dieselfde roete loop as hulle slagoffers! Jy sal nie want dan moet jy standpunt inneem.

Corne123 ·

ag asb tog wat weet hy van polisie af abseluit niks mistaad die hoogste onder hom nog fire hom nou wil hy gatkruip vir wat

Vernon ·

Hy en die res van die Kabinet voel n veer vir boere en in die algemeen vir wittes. Hulle lag in hul mou oor die moorde. Nog minder luister hulle na die feit dat daar nie kos gaan wees nie..al waarin hulle belangstel is om te wittes te ontneem van dit wat ons het. Die sogenaamde kommer aan hulle kant oor die plaasmoorde is oe verblindery. God behoede ons.

annie ·

Hoeveel Afrikaner-plase het die minister na aanvalle besoek? Hoop hy op fondse vanaf Engeland?

Vonkprop ·

Lees tussen die lyne. Hy is meer bekommerd oor die gemeenskap as die boere. Hy sien nou hulle maatjies word ook kort kort gedood tydens plaasaanvalle so dit is hulle groot bekommernis. Dis net soos ‘n paar jaar gelede toe een of ander minister in die Noord-Kaap was om die boere te besoek tydens die droogte. Die minister was eintlik daar vir die opkomende boere maar kon toe nie die droogte vermy en by die ander boere verby ry nie so moes toe lyk of hulle belangstel. ALLES waarmee die regering betrokke raak het ‘n verskuilde agenda.

Roebs ·

Hulle is leuenaars….Boere gaan dood hulle doen niks glo hom nie vir ‘n oomblik nie

seeskulp ·

Benoude katte maak wilde spronge…hopelik het die ware feite en beeldmateriaal reeds oorsee bereik en sal die korrupte leuenaars plaasmoorde nie meer kan ontken nie.
Baie jammer vir die familie van nog n skandelike en sinnelose blanke plaasmoord.

Gato ·

Soos gebruiklik met die ANC regering is dit hopeloos te min en hopeloos te laat. Hulle wag altyd totdat daar n krisis is en probeer dan om so ou salfie te smeer om te wys hulle is darem nie so sleg soos wat almal sê nie. Boere word al vir jare lank vermoor en nou word die familie besoek en vreeslike beloftes gemaak van verbeterde Polisie beskerming. Boere en blankes moet maar self beter organiseer en mekaar help waar moontlik. Ons kort regtig dringend blanke leiers figure in die land wat durf het en nie net praat en vir hulle eie gewin voor die verkiesing n paar stemme probeer wen nie.

Suzette ·

Bring terug die Kommando’s!!! En hulle moet dieselfde regte he as die polisie en weermag vir wetstoepassing. Beantwoord vuur met vuur.

Eltan ·

Ek stem saam….maar hulle sal dit nooit doen nie want dan weet hulle sal die aanvalle gestop word en wys hoe sleg hul eie mag is om misdaad te voorkom en hul eie makkers gedood word en die krimenele weer die slagoffers word…

Wakkerslaper ·

Cele en die ANC/SAKP regering se hande drup van die bloed. Nou wil hy kom mooi broodjies bak by die slagoffers se familie?

Bring die Boere Kommandos terug – dit is al manier hoe plaasaanvalle gestop sal word.

nell ·

Cele daar’s ‘n mooi Afrikaanse gesegde wat soos volg lui: ”Leë vat hou toe jou kraan, dalk sien hulle jou vir ‘n volle aan”… maar ek twyfel sterk of dit ooit sal gebeur, want daar’s net mooi niks onder daai hoedjie van jou nie.

twaalfboor ·

Was ñ ONBEVOEGDE “selfproclaimed” polisie generaal gewees…….en nou die minister van polisie. Grootste grap van die eeu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.