Notas by lyke in myn gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggame van nog twee mans is by die Elandskag van die Harmony-myn in Welkom in die Vrystaat gevind.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê vier liggame is vroeër die week in die skag gevind. “Een van die liggame was reeds erg ontbind. Daar is ’n nota langs die lyke gevind met die oorledenes se name, vanne, besonderhede oor naasbestaandes en telefoonnommers daarop.”

Volgens Thakeng was die oorledenes vermoedelik onwettige mynwerkers van Mosambiek en Lesotho. “’n Geregtelike doodsondersoek is begin en ’n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood by die oorledenes te bepaal.”

Thakeng het gesê die polisie is ook Maandag na die myn ontbied en drie lyke is gevind. “Daar is ook notas langs dié lyke gevind.” Nog ’n liggaam is Dinsdag gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Inligting baie gebrekkig. Is die skag nog in gebruik? Waar in die skag is die lyke gevind, d.w.s. in een van die vlakke of die skagbodem? Wat het veroorsaak dat die lyke gevind is?

Pendoring ·

Ek stem saam met Wat-ek-lees. Hierdie berig is op dieselfde trant as om te vra, “Hoe lank is ‘n tou?”
Moes angswekkend gewees het om vir jou dood te sit en wag.

MissDemeanor ·

Ek weet party mense dink ‘ja hul wil mos onwettig myn’, maar ek kry hulle jammer.Hul word nie ryk deur so te werk nie, maar die kriminele vir wie hul werk doen wel. Dit is net ‘n desperate mens wat so ‘n risiko neem. Hul het geweet hul gaan sterf, dit moes angswekkend wees.

Nadia Verster ·

Ek stem ook saam. Ten minste het hulle gewerk en nie gemoor en geroof nie. Arme mense.

Belinda ·

Baie hartseer artikel………… en om te dink hulle het geweet dit is hulle laaste asem wat uitgeblaas word my hart gaan ook uit ne enige person wat so n lewe wil maak………..

Hoe verstaan mens? ·

Ek verstaan ook gladnie hoe die berig geplaas is met so min inligting nie, ek waardeer die nuus opreg maar sal graag nog wil lees oor hierdie berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.