Nou dreig Shivambu met geweld oor grond

Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF. (Argieffoto)

Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, dreig dat onwettige metodes gebruik sal word om grondonteiening sonder vergoeding af te dwing, ʼn verklaring wat die DA as nie net roekeloos nie, maar gevaarlik bestempel het.

Dr. Annelie Lotriet, ʼn DA-LP, sê Shivambu se opmerking grens aan aanhitsing om geweld te pleeg en Suid-Afrika se grondwetlike bestel te ondermyn.

Die DA sê in ʼn verklaring wat tydens die sitting van die ad hoc-komitee oor artikel 25 gemaak is, het Shivambu gesê “die ANC sal ons mense geen ander keuse laat as om aan buitegeregtelike prosesse van grondhervorming hier in Suid-Afrika deel te neem nie. Wat ook al in Suid-Afrika gebeur, sal soos ʼn piekniek lyk wanneer die mense nou grond vir hulself moet neem”.

Lotriet sê die DA gaan ʼn amptelike klagte by die parlement se etiekkomitee indien en vra dat die hoogste moontlike sanksie aan Shivambu opgelê word vir die uitsprake.

“Nie net is hy onkundig oor die eed wat hy as parlementslid afgelê het om die Grondwet te verdedig en te handhaaf nie, Shivambu en sy party bewys bo alle twyfel dat hul doel is om die fondamente van ons demokrasie af te brand deur geweld as ’n politieke wapen te gebruik,” sê Lotriet.

Die afgelope paar dae se geweld en plundering in KwaZulu-Natal het reeds tientalle lewens geëis en skade van miljarde rande aangerig.

Lotriet sê die bedekte dreigement dat dit ʼn piekniek was in vergelyking met wat sal gebeur met grondonteiening, moet verwerp word met die minagting wat dit verdien.

“Die EFF is ʼn  gevaar vir ons demokrasie en sy bereidwilligheid om geweld goed te keur moet deur alle vredeliewende Suid-Afrikaners verwerp word.”

Sy sê mense het vandeesweek met afgryse gesien hoe die ANC se faksiegevegte in KwaZulu-Natal anargie aangevuur het wat gelei tot die plundering en vernietiging van eiendom.

“Dit kan nooit die toekoms van Suid-Afrika wees nie en die DA verwerp die EFF se indoktrinasie van geweld in sy geheel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Persheks Adri ·

EFF’ers het al hoe méér klagtes teen hulle, maar flippen niemand gaan sit nie! Tyd dat iemand die klomp in die bek ruk pffft!!!

Michael ·

Hulle dreig al vir jare met geweld en steeds sit hulle in die parlement. Wat gaan nou anders gebeur? Niks!

Di ·

Net so – regering gaan weer ‘n blinde oog gooi soos met hierdie huidige situasie totdat die hel weer losbars in die land.

Di ·

Wil ook als verniet he – gaan werk ‘n slag soos ander landsburgers en koop jou eie stuk grond – julle maak mens naar!

Toy ·

Dit moet nou gladnie geduld word nie, die land het nie so iets ook nodig.

M-woord ·

Jy kan sommer jou effertjies Brackenfell toe bring! Dan kan ons klaarmaak waarmee julle begin het jou sleg…..

Tiptol ·

Die staat besit verskriklik baie grond. Hoekom maak hul nie van dit beskikbaar vir die mense nie. Of gaan dit eintlik maar net om grond van die boere en blankes af te neem?

Miskruier ·

Reg so baie plase om my is uitgedeel en nou gaandit verlore. Die bome wat afgesaag word is die laaste tree in die vernietiging.

Snowball ·

Hierdie individu en sy maatjies wil met alles in hulle misrabele weses geweld draai teen blankes. Opportunitisties om dit nou voor te stel, terwyl die kruitvat steeds smeul. War ‘n veragtelike skepsel.

Agge nee ·

Ag liewe land. Die ou seuntjie kry nie genoeg aandag nie, want die hele land se aandag is by Covid en die plundery. Nou moet hy ietsie radikaals sê sodat SA nie van die VBS rowers moet vergeet nie.

gatgogga ·

Ramaphosa sal nie. Rama het die EFF se rassistiese aanhitsing nodig vir sy eie planne. Moenie vergeet nie – EWC is op Rama se wag.

Jackie ·

Dit het tyd geword dat Shiwambu by Mpofu oorneem as Zuma adv en vir 15 mnde met hom in Estcourt konsulteer met n ryswater dieet

Karina ·

Het julle nie gehoor Zuma se kos kom van “buite” af nie? Geen tronk kos vir hom nie! Hy was dan ‘n prez – moet spesiaal behandel word. Seker ‘n binneveer matras aangekoop vir hom of die beste bed op die mark gekoop vir sy gerief!

Sarel ·

My vraag wat ons reeds beleef jet, kon verhoed geweed het indien vroegtudig opgetree was
Hoekom.is die twee van die EFF nkg op vrye voet

Kobus ·

person who uses unlawful violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims.

Rooikoos ·

Werner, ek verstaan as mens nou handuit ruk met kommentaar. Maar as ek “Amen” sê as ek op iemand se kommentaar reageer, en dit word gemodereer, dan begin ek vrae vra.

Johan ·

….dit maak my siek,ek het al gekla,maar jy sal tevrede moet wees met ñ niksseggende antwoord…..

Alex ·

Ek is ook al n paar kere gemodereer. Niks aanhits of iets nie. Net n voorstel in n positiewe manier en dan is ek afgehaal

gatgogga ·

Die Zulus van Natal is so honger dat hulle fietse en televisiestelle huis toe neem. Om te eet?
Maar hulle het dan so baie grond in Zululand (tribal land) wat bewerk kan word om voedsel te voorsien, of kuddes te onderhou. Maar nee, hulle wil die grond van ander afvat. Om wat mee te doen?

Schalk ·

Ek sien op Maroela dat Cyril hard op die spoor van die aanhitsers is? Hie is Floyd dan en sy maatjie Malema openlik besig om aan te hits? Is daar dalk waarheid in die gerugte dat hulle saamwerk?

gatgogga ·

Die EFF het nou al oorlog verklaar teen die blankes, en teen Indiers. Wie is die rassiste?
Die Eff het ook al oorlog verklaar teen die polisie, en teen die weermag. Dis hoogverraad.
Maar Ramaphosa het geen probleem daarmee nie.

Piet parys ·

Een van die dae sit ons om n kerrie potjie en doen beplanning

Magda ·

EFF MOET BAIE DRINGEND AS N POLITIEKE PARTY GEBAN EN GEDISKWLLIFERR WORD, KOM DA EN VF REEL DAT N PETISIE OPGESTEL WORD OM HULLE TE VERWYDER. GENOEG GEHAD VAN DIE KOMP TERRORISTE IN DIE LAND.

Francois Le Cochon ·

Wel, die EFF het nou onteenseglike bewyse dat ons polisie en weermag nie wet en orde kan handhaaf nie, en dat anargie sonder enige teenstand weer maklik kan plaasvind.

Tokkel ·

Shivambu betaal eers die VBS bank se geld terug en dan wag jy jou beurt af om iets te sê…..
Julle doen niks vir ons land nie, behalwe verwoesting.

Manda ·

Die regering gaan ook sê ons het lankal geweet masr eerder verkies om dinge hulle gang te laat gaan, en maar te kyk wat gebeur.

Werner ·

Ons bereik nou fase 2 van hulle rewolusie.Fase 1 was die winkelsentrums nou is dit die plase

KB ·

Dis hoogtyd dat hierdie opstokers agter tralies beland. Hulle kos die land al baie skade.

Antoinette ·

Is dit nou dieselfde EFF wat 37 stemme gekry het by my buurwyk met die laaste wyksverkiesing . Iewers, as my geheue my nie in die steek laat nie, het hulle by ‘n vprige verkiesing vrooeer die jaar 11 stemme gekry.

Spyker ·

Ek wag al lank. Kom try my maar bring baie vrinne saam laat dit nou die moeite werd kan wees.

Anel ·

Ontbind hulle. Verklaar die eff ‘n onwettige party. Dis ‘n terroriste organisasie. Klaar.

Piet parys ·

Ja en ons sal sorg dat jy “permanent ” uit die samelewing verwyder word en langs zupie gaan sit

Johann ·

Vlooitjie, jy kan die staat se grond vat en na ‘n pieniek lyk, maar ek dink jy moet baie mooi dink om boere se grond te vat…..

Werner ·

Hy is reg dit sal soos n piekniek lyk.Net nie die een wat hy ingedagte het nie.

Debbie ·

Nou ja, die parlement weet wat eff wil doen. Gaan hulle die keer die aksie neem voor daar weer geweld begin? Dit kan gestop word nou al

Anton ·

Jy is welkom om persoonlik te kom en my erf te kom beset :-)

Dup ·

Ons moet ligloop,dit het reeds in Afrika gebeur en kan hier ook gebeur.Die polisie en weermag sal WEEREENS net toekyk.

Keith ·

Ek stem saam Dup. Hier is groot dinge aan die gang. Baie mense onderskat die EFF, en het nog nie besef nie dat die EFF die woordvoerder van die ANC is. If people understand THAT, then they’ll realise why the ANC didn’t try and stop the looting. Whites , Coloureds and Indians must start taking these events much more seriously.

Jacobus ·

Hoe de duiwel kom hy weg daarmee?. Is daar ‘n plan daaragter?

Samuel ·

Is ons dit nie te wagte nie?? Tydens hierdie week se betogings was die EFF besonder stil.

Keith ·

Hulle was verseker daar en betrokke, hierdie keer het hulle slim opgetree, sonder hulle gewone rooi uniforme. For sure.

Ian ·

Hulle is altyd grootbek. Hulke het gese hulle gaan deelneem as die weermag ontplooi en toe? Waar is die eff goedjies. So oppas vir jou piekniek stelling. Julle het julself vasgeloop teen die indiers toe word julle shacks afgebrand julle was nognie eens by die boere nie……

N ·

Sit lekker daar in sy Sandton huis en maak druigemente. Onthou net, winkel sentrums skiet nie terug nie, maar boere doen wel

Pieter ·

Net nog aanhitsing tot geweld, waarvan die Suid Afrikaanse publiek al meer as genoeg gehad het. Waarom is hierdie terroris en sy “comrades” nog nie toegesluit nie????

AmY ·

As ek genoeg geld gehad het, was ek lankal reeds uit hierdie land gewees, al was ek lank voor daai arrogant mannetjie gebore en hier gewees.
Hulle kan met liefde my piepklein woonstelletjie kom vat. (dis nou nie grond nie, en daar is nog ‘n verband op.)
Die oomblik wat hulle my eiendom vat (want ek weet hulle gaan een of ander tyd vir dit ook gaan) sal ek natuurlik ophou om my verband te betaal. Die bank gaan ook vou.
Ek sal môre hier pad gee as ek kon.

Martie Smartie ·

Regering sal opstelik staan en toekyk en niks doen as our poepels grond met geweld ebste, nes hulle opsetlik voete gesleep het sodat our poepels hulleslef verryk met plundery en roof en brand. Moenie dink dat die anc nie self hieragter sit nie, slinkse agterbakse metodes en vooraf smoke screen

Martie Smartie ·

Mnr Shivambu, ek sal v joy n lys stuur v staatsgrond wat jy verniet kan gaan vat. Kyk bietjie die munisipale waardasie rolle en sien hoeveel grong behoort aan die staat en plaaslike rade. So gaan vat dit, ons gee dit vir julle, ons belasting het betaal daarvoor. Vat dit dan kan jy privaat eiendom uitlos.

Siebert ·

Na my mening word hier doelbewus ‘n idee,’n moontlikheid, ‘n opsie, in mense se brein geplant. Almal is nou reeds bewus daarvan dat die advertensiewese hierdie sielkundige tegniek baie doeltreffend gebruik. Hierdie man en sy party is ook reeds bekend dat hulle geweld as ‘n middel tot ‘n doel gebruik. Daar moet ‘n klag van aanhitsing teen hom gelê word.

Jack ·

Hy praat beslis soos een wat n nuwe tv en wasmasjien gekry het. Betalend om onrus te stook en by die huis te bly.

Nico ·

‘n Demokratiese land, wat ‘n grap, dit lyk eerder na ‘n Sosialistiese (Kommunistiese) land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.