Nou duur beurtkrag tot Saterdag

beurtkrag-kers

(Argieffoto)

Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag nou – weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit – tot Saterdag sal duur.

Die beurtkrag word Dinsdag om 09:00 ingestel en duur tot 05:00 om Saterdag.

Eskom sê sy spanne het vanoggend suksesvol eenhede by Kusile, Matimba en Arnot weer aanlyn gebring, maar verdere vertragings om ander eenhede aanlyn te bring het die kapasiteitsprobleme vererger en Eskom se planne om sy noodopwekkingsreserwes aan te vul, in die wiele gery.

Eskom hoop om Koeberg se eenheid een deur die loop van die naweek aanlyn te bring, asook vyf ander eenhede deur die loop van die week. Daar is egter verskeie opwekkingseenhede wat dreig om te gaan staan en weens die bestaande kapasiteitsprobleme nie tans aandag kan kry nie.

Altesame 13 333 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl beplande instandhoudingswerk 5 548 MW uit die stelsel gehaal het.

Eskom het mense om verskoning gevra vir die inwerkingstelling van beurtkrag en ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Die kragvoorsiener het Maandag, tydens ʼn bywerking van die stand van die netwerk, gesê die vooruitsig tot Augustus volgende jaar dui daarop dat die kragstelsel onder druk gaan bly. Eskom sal dus swaar moet steun op sy oopsiklus-gasturbines om beurtkrag te vermy of die omvang daarvan te verminder en die ligte aan te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Swartskaap ·

Verkrummel tot niks nie julle patete. Op pad terug na Neandertal tye. Vuur en ossewaens, hier kom ons.

Johann ·

‘ n Werklike nut vir die wiel is nog nie gevind nie as mens kyk na die aantal voetgangers, so ossewa is uit!

annie ·

… julle moet maar lekker gaan stem op Maandag… Watter sirkus wag nie op ons ou landjie in die komende dae en maande nie… Eintlik ‘n ware tragiese komedie. ‘n Som met ‘n klomp verkeerde aannames (bv 1+1=3) maar met die regte antwoord (agter uit die handboek of mbv die tablet afgeskryf) noem ‘n mens wat, leerders?

Baardman ·

Dis juis mense soos jy wat nie gaan stem nie, wat gaan sorg dat die ANC aan bewind bly.

Werner ·

Baardman jy kan kan seker nie tel nie.Al stem ons almal gaan hulle nog wen.

Colin ·

100% reg Baardman. Deur weg te bly by die stembus stem jy eintlik saam met die getjommel. Net ‘n vinnige som vir perspektief: As daar 10 stem-geregtiges is en 6 stem vir die ANC en 4 vir ander partye het die ANC 60% van die stemme gekry. As daar nou een van die 4 wegbly omdat hulle kwaad of hardkoppig is, het die ANC nog steeds 6 stemme en die ander partye 3. Dit gee die ANC dan 66% van die stemme wat hulle in ‘n posisie sit om weereens te maak wat hulle wil. Deur weg te bly doen jy dus net meer skade. Maar ons hou van kla. Staan op en doen bietjie iets!

Keelvol ·

Nonsens. Gaan doen n biertje somme. Jou stem beteken niks. Die vergelyking is 1 = 10 000. Hoe baklei daar teen? Om aan te hou stem en dinge raak eenvoudig net nie beter is n mors van tyd.

Frank ·

Soos Colin sê. As jy nie stem nie, is dit dieselfde asof jy vir die ANC of EFF gaan stem het!!!!!

Mercia ·

Die enigste swaai sal kom as die massas wat nog al die jare gebreinspoel is deur “free T-shirts” en al die ander leë, onsinnige beloftes van ” free health care and free education” hulle stem verander.
It all depends on how tired théy are of being lied to and manipulated……..Ons minderheidsgroepe is al lankal “fed-up” daarmee maar dis hùlle stemme wat die mag het om ‘n verskil en ‘n verandering te maak.
Anders beweeg ons maar soos al die vorige jare in dieselfde sinnelose sirkels.

Anel ·

Hoe moedswillig wil hulle nog wees.? Wst van die kinders en jingmense wst besig is om voor te berei vir eksamens en die wst alreeds begin skryf het? Wens so ons kon ook ‘n alternatief kry wat ons kon bekostig!!!

Frank ·

Gebrek aan voorkomende instandhouding die afgelope klomp jare begin hulle nou inhaal.

Werner ·

So lykn n instansie wat besig is om in duie te stort.Maak maar reg vir die anargie

Chris dupreez ·

Julle moet besef , André de Ruiter en Jan Oberholzer doen alles in hulle vermoë om beurtkrag te vermy en die verval en plundering van Eskom reg te kry. Dit gaan nie oornag gebeur nie, so kom ons gee hulle kans, dit sou vir seker baie erger gegaan het as hulle nie daar was nie, dan sou die plundering nog steeds aangegaan het en ons dalk net 2 ure krag per dag gehad het en nie 2 ure loadshedding nie.

Keelvol ·

Snert…. De ruyter se oggend en aand praatjes stem nie ooreen nie.

Willem ·

Ek het nie woorde om Eskom se patetiese onbevoegdheid en blatante korrupsie te beskryf nie. Hulle sal net tevrede wees wanneer alle mense weer diervelle dra en hul kos met houtspiese gaan jag en die vleis rou eet. Wanneer ANC en ESKOM klaar is met SA sal ons die enigste land wees waar die mensdom ‘n Tweede Steentydperk beleef.

Asgat ·

En moet nie vergeet nie ….. jy gaan SARS moet betaal vir die houtspiese en op die diere wat jy jag……

DieKriek ·

Ons is al 2 dae sonder krag want dit reën. Eskom is so vertraag. Ek verneem hulle is op n “go slow” want die werkers het griewe. Ons het ook griewe.

Samuel ·

Lieg, lieg, lieg. Daar is geen hoop vir Suid-Afrika nie, behalwe die ashoop.

pompies ·

Wat het SA gehad voor kerse, elekrisiteit natuurlik toe kom die anc en vat die land terug na Jan se tyd toe.

Misky ·

Die betalende publiek spaar krag, want ons probeer kop bo water hou. Die vermorsing van krag is deur die nie-betalende massas wat alles verniet kry en net ‘demand’.

Surfer ·

ANC sit die ligte af sodat hul “affirmative shoppers” ook n bietjie kan “werk” in die nag. Hulle kort stemme.

Papsak ·

Ja en so verleng ons elke keer maar net Eskom se vir hoe lank wil julle aan die kragstasies opknappings werke doen kry klaar julle ontneem ons van ons menseregte of word julle gese om ons rond te neuk maar ons gelde is reg vir julle vrot werke wat julle nie kan klaar kry nie ja tot saterdag dan weer tot maandag en so gaan julle maar net voort

Duck ·

Kyk nou mooi na Maandag, of te wel stemdag, sal daar geen load shedding wees nie!

Kortbroek en plakkies ·

Net ‘n bewys dat al die jare se AA posisies en plundering van die regerende party, sonder gevolge die pragtige land van ons op sy kniee het. Hoop is nie ‘n strategie nie, maar wat het ons om aan vas te klou?

Dup ·

Al manier om die beurtkrag in SA vry te spring is om te emigreer.Dit gaan nie in die volgende 50 jaar opgelos word nie.

Jr ·

Ek het julle gêse. Tot Maandag. Nee Dinsdag. Nee Saterdag of is dit 20 dinsdaggie en fifty sixty hundred and fifty ninety Saturday. Now listen carefully

Kaptein ·

Eskom moet versigtig wees. Die stemmery is binne paar dae . Dit mag net almal gatvol maak
en nie vir die ANC stem nie.

Corne123 ·

Ek seker die n klomp snert.Nogal snaaks elke keer voor n masiewe brandstof prys verhooging is daar beurtkrag.Snaaks aangesien Sasol brandstof uit steenkool maak laat mens wonder wat regtig aan die gang is

VaalDonkie ·

Ek wens Eskom was in beheer van COVID-verspreiding. Dan sou ons al lankal nie meer die virus in omloop gehad het nie.

Pieter ·

Ek is eintlik bly dit gebuer netso voor die verkiesing. Ek hoop van harte die mense dink bietjie vir n slag, en trek daai kruise by n party wat dinge weer aan die werk kan kry.

Jeffrey ·

Julle het al van 2007 af tyd gehad om n einde tot beurtkrag te bring….14 JAAR LATER EN JUL SUKKEL NOGSTEEDS VOORT. Load shedding sal NOOIT weggaan nie, so hou op om vir almal stories te vertel van nog net twee jaar dan drie jaar, dan 4 jaar van beurtkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.