Nou gaan jy 4 keer ʼn jaar opdok vir jou motorlisensie

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van vervoer het Vrydag aangekondig dat motorlisensies vanaf 2017 kwartaalliks hernu moet word.

ʼn Woordvoerder van die departement het gesê ʼn skerp styging in padongelukke teenoor die vorige jaar het veroorsaak dat die regering drastiese stappe moet doen om die tekort in die begroting vir die Padongelukkefonds aan te spreek.

“Aldus die jaarlikse Paaie van Suid-Afrika-verslag is ʼn geraamde koste van R117 miljoen spandeer op pad- en vervoeronkostes in die 2014/15 finansiële jaar. Dit sluit onder andere herstelkoste aan die paaie en padversperrings in.”

Volgens die departement dek die geraamde R77 miljoen wat jaarliks ingevorder word danksy motorlisensies, nie tans die kostes nie. “Ander metodes van geldinvordering moet ondersoek word wanneer die land se boeke nie klop nie. Die kwartaallikse hernuwing van lisensies verseker ʼn toename in inkomste.”

Die departement het gesê die geld gaan aangewend word vir instandhouding en verbeterings aan die land se paaie en vervoerstelsels.”

Die departement sal dit op 1 April aan die parlement voorlê.

***LET WEL: Hierdie berig was slegs deel van Maroela Media se poging om ons lesers op Aprilgekdag ‘n rat voor die oë te draai. Dit is dus glad nie waar nie. Lees meer: Aprilgek: Het ons jou gevang?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Dawie ·

Dis jammer die konstitusionele hof uitspraak nie vandag gelewer is nie. Dit sou die grootste April Fool grappie van almal gewees het.

Anika ·

Met Guzumafikazi aan die stuur, is enigiets moontlik! ha, ha, ha ….

Arizona ·

Mense, julle lag. Met die mense aan die stuur van hierdie land is enige iets moontlik. Hierdie grap kan dalk net die saaidtjie plant en dan gebeur dit regtig, Lol

Andre ·

Ag sal dit nie gaaf wees nie,ek weet nie altyd wat om met my geld te maak nie??

Cindy ·

Andre, ek het baie geld nodig, as jy dan nie weet wat om met joune te maak nie kan jy aan my skenk ;-)

ora ·

En so vang jul my toe! Is nog kortasem van die ontsteltenis want enigiets is moontlik in hierdie land van ons.

April-laggie ·

My bloed het eers gekook en ek het amper my top geblaas, toe lees ek die eerste kommentaar en besef dat julle ons baie goed gevang het! Het reeds gister in ‘n lang tou vir 4 ure gestaan vir my lisensie.

Scalla ·

April gek, moet asb nie vir hul idees gee nie, kan maklik daarvoor val en dit doen

Johann Kluyts ·

1 April maar in hierdie gekke paradys is dit dalk nog moontlik ………

Machiel ·

Goeie een…. Ek is seker daar is ‘n paar mense wat uitgevang is met die grappie.

Melt Olckers ·

Glad nie onmoontlik vir die regering om so iets uit tee dink nie. Kan maklik glo dat dit waar is.

dirk ·

die regering is n april grap , die ANC se leierskap is die langste grap in heugenis. ek voel al soos Rip van Winkel

Christo ·

Ek het amber my kop verloor toe ek hierdie opskrif gesien het, gelukkig het ek die komments eerste gelees !!

Sanja ·

Ek wou my net net wip en sommer die berig oorslaan om te keer dat ek my gemoedsmeter in die rooi in stuur…………toe onthou ek die datum. Wel ek was so hittete ‘n gek…. Mooi dag almal.

Gesiggie ·

Ek hoop regtig dat hierdie n April Fool joke is”’ want dir is belaglik… wil geld aanwend om die paaie in stand te hou”’ groot grap… my bloed kook ook net om aan die simpel gedagte te dink… Happy April Fool… hoop ons kan darem bietjie lag… ha ha

Haha ·

Haha, lekker april fool grappie. Kom ons hoop hy “backfire” nie

Lizzie Liz Liz ·

Amper kry ek een vreeslike gemoedsversteuring (LMGA)!!!! Niks so lekker soos ‘n 1 April-Vrydag-skater nie!!!!

Ben ·

Niks verbaas meer in SA nie! Julle het my gehad vir ‘n minuut!

Anton ·

Hul kan ny motor kom haal, Graskop se “paaie” so sleg jy moet kwartaliks bande aanskaf, ek loop eerder- tekkies en plakkies baie goedkoper by PEP.

Frede ·

Goeie een ;) Maar moet net aan die skrywer van hierdie stuk ñ vriendelike waarskuwing rig: As die skrywe nou nuwe idees in onse regering se koppe geplant het oor hoe om ons nog te melk gaan ons almal saam span, jou soek en jou op jou herrie gee :p

John ·

Hahahaha. Ek nou net begin wonder. Ek sal bankrot wees.Ek hoop nie ons het hul nou nuwe idees gegee nie.

Helena ·

Jis, ek het myself te buite gegaan en goed kwyt geraak wat ek nie moes net om n April fool te wees! Nee man lol ! Oppas v wat julle se netnou kry die goverment idees!

Charles Austin ·

Vervang eerder die korupte verkeers personeel, omkoop geld word geneem om voertuie op die pad te hou.

Marita ·

Asb moet hulle nie idees gee nie!! Net nou doen hulle dit regtig!!

Hannelie ·

Dankie Maroela Media vir bietjie humor in ons dag. Ons lees daagliks net hartseer stories van dood ens. Julle hou ons op ons tone :)

Dan ·

EkSTEL VOOR DAT DIE MOTORLISENSIE OOK ELKE VIER JAAR SOOS N BESTUURSLISENSIE UITGENEEM WORD, sal dit nie lekker wees nie?

jenny ·

Die beste brain teaser vir die dag
God bless south africa indeed

Wilna Boshoff-Strauss ·

Baie goeie een! Die tyd van die dag dink niemand meer aan 1 April nie….
My uitgeboul!

Joann ·

Skrik my eers uit my bloed groep uit en toe strike ek 1april. Toe lag ek my self uit suurstof uit.

Anne-Marié ·

Julle moet nie sulke grappies maal nie die staat sal dit sommer regtig doen hell

Darkheart ·

Well done… soos ek die berig lees, vloek ek m○€r€, spreek die seën oor daai Departement uit, en op die einde van die berig, voor die hartaanval ten volle in werking kon tree, sien ek dis Aprilsfool… mooi gedoen Maroelamedia. Die Engel wat my sondes moet neerskryf, het omtrent nou werk gehad…

Ferdinand ·

Nee. Ek is dood eerlik. Julle het my gevang. Enigste rede is dat niks meer snaaks is om te verwag van DIE regering van ons nie. Ek hoop net nie een van hulle lees die berig nou en kry sommer idees nie…

Albert Marais ·

Moet nou nie iets in die ore van die department van vervoer plaas nie. Nou nou kry hulle weer n Idee wat ons nie kan stop nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.