Nou gaan jy éérs betaal vir brandstof

(Foto: pixabay)

Suid-Afrikaanse verbruikers moet hulle staal vir nog verwagte skerp stygings in die brandstofprys volgende maand.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê hoewel die rand die afgelope maand goed teen die dollar gevaar het – en met sowat 14c versterk het – was dit veel minder as wat nodig is om die styging in die olieprys teen te werk.

Petrol gaan na verwagting met naastenby 66c/ℓ styg en diesel met 57c/ℓ. Die prys van paraffien gaan met ʼn geraamd 49c toeneem.

“Die internasionale olieprys lyk onstuitbaar. Ons is in ʼn agt weke lange prysstyging en daar was nog geen aanduiding dat ʼn plafon bereik is nie,” sê die AA.

Die AA sê verhoogde ekonomiese bedrywighede wat wêreldwyd deur die verspreiding van die Covid-19-entstof moontlik gemaak word, lei tot die groot aanvraag en hoër pryse.

Saoedi-Arabië moet steeds sy verpligtinge aan die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) nakom, en het vandeesmaand skielik sy produksieteikens met een miljoen vate olie per dag gesny.

Amerikaanse olievlakke is oënskynlik terug na normaal en as dit nie byhou met verminderde voorraad nie, kan oliepryse verder onder druk kom, maan die AA.

“Tot olievoorsiening en aanvraag meer bestendig word, is nog prysstygings waarskynlik op hande.”

April spring reeds weg met ʼn beduidende styging van naastenby 26c/ℓ weens die toename in die brandstofheffing en die heffing vir die Padongelukfonds wat vroeër in die begrotingsrede aangekondig is.

“Dit gaan reeds vuisvoos Suid-Afrikaners hard slaan,” sê die vereniging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jywilwat ·

Net n fraksie van die petrol prys is in elk geval net petrol. n Baie groot persentasie bestaan uit belasting, pad ongelukke fondse en n menigte ander “inkomste” vir die regering. n Persentasie gaan heel moontlik in kaders se sakke ook in. Dis siek hoe padgebruikers om elke hoek en draai gemelk word.

Pieter ·

Dit pla die siek ANC regering nie want hulle betaal nie vir brandstof nie. Ons die dom belasting betaler betaal vir hulle brandstof.

Debbie ·

Op die einde van die dag gaan ons opeindig met donkie karre, sal goed gaan met die pot holes

Landras ·

Waar is al die PPE geld – hulle kan dit mos vat vir die inentings ? Nou moet ons opdok vir ander se brouwerk .

Samuel ·

Hoes en betaal. Is hierdie verhoging in petrolprys werklik nodig, of is dit ook maar net nog ‘n slenter van die ANC-regering?

Elsabe ·

En steeds ry ons vir elke gedagte wat in ons koppe kom. Stap meer.

Corne123 ·

Hier kom loadshedding al die steenkool gaan sasolburg toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.