Nóú is dit fase 4-beurtkrag

(Foto: Yaoqi LAI)

Eskom het aangekondig dat hy Dinsdag fase 4-beurtkrag sal instel. Dié fase het 14:00 in werking getree.

Die kragvoorsiener sê in ’n verklaring dat ’n eenheid by die Koeberg-kernkragsentrale, noord van Kaapstad, uitgeskop het.

Die eenheid is van die nasionale kragnetwerk ontkoppel weens ’n fout met een van die turbines. Dié verlies van ongeveer 930 MW plaas verdere druk op die opwekkingsvloot wat die kragvoorsiener genoodsaak het om nou fase 4-beurtkrag in te stel.

Eskom sê ’n span kundiges stel ondersoek in.

Hy het nie aangedui tot wanneer dié fase gaan geld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefan ·

Eskom sê ’n span kundiges stel ondersoek in.
Hulle hèt nie eers ‘n span kundiges nie, almal weggejaar onthou.

Bloedhond ·

En nou is daar skierlik kundiges wat by Eskom werk. Waar kom hulle so skielik vandaan.

HOOP ·

Dit is wat daarvan kom as jy almal krag en water belowe ( en jy hoef nie te betaal nie ) en jy gee dit sonder om die stelsel op te gradeer , dan as almal gelukkig is dan jaag jy die met kennis weg , sit n klomp onbevoegte kundiges daar en siedaar – hier sit ons nou. Belaglik , dalk kan Zim ons biekie krag leen terwyl ons kort is.

Hansie slim ·

Daar is ‘n klomp uiters begaafde kundiges in die kern bedryf…. maar hulle is nie meer nodig nie!!!
Hulle stel hul kaders aan teen helse salarisse wat niks weet nie!!
Gaan hierdie land ooit leer???…. seker eers as daar ‘n massiewe krisis is!!!

Grassie ·

Ek is al van lankal af baie bekommerd oor Koeberg. Die ANC het nog niks in die land behoorlik bestuur nie, alles wat hulle aan raak gaan ten gronde, waarom sal Koeberg dan anders wees? Eendag is eendag.

Is dit so ·

Al wat ek kan se is dat ek bly is dat ek nie familie het, of iemand ken wat vir Eskom werk nie. Sou my dood geskaam het.

Groentjie ·

Jaag die hele spul weg en stel kundige mense aan wat weet wat om hulle aangaan. Maak my sommer boos

Niklaas ·

Moet ons werklik hierdie storie glo? Telkens word nuwe vars snert opgedis en mens weet nie wat is die waarheid nie.

Grassie ·

Ek is nie ernstig oor profesië nie (behalwe die wat in die Bybel staan) maar ‘n profesie van die ou Siener op 13 Sept 1914 laat my dink. Hy sien dat dit donker word, dan is daar twee liggies (onthou Koeberg het twee reaktors) en ‘n groot enjin waarby rook uitkom, dan is daar ‘n dorp waarvan die huise “niks word nie.” Die wêreld is swart afgebrand en hoe verder hy gaan hoe warmer word die gloed in sy gesig.

Miskien, miskien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.