‘Nou is jy in die k*k’; toe skiet hy

Die agterruit van André Smit se bakkie nadat dit deur die koeël getref is. Foto: Verskaf

Die agterruit van André Smit se bakkie nadat dit deur die koeël getref is. Foto: Verskaf

ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy op die pad tussen Bloemfontein en Bultfontein op André Smit, ʼn dieselwerktuigkundige van Virginia, geskiet het.

Smit het aan Maroela Media gesê hy was omstreeks 18:30 op pad terug van Bloemfontein toe hy ʼn wit VW Caddy agter hom opgemerk het. Volgens Smit het die motor kort-kort tot teenaan hom gery en dan weer verbygejaag en stadig voor hom gery. Smit het later besluit om langs die pad af te trek waarna die Caddy agter hom stilgehou het.

“Ek het nader gestap om die man te vra wat sy storie is, toe hy vir my sê: ‘Nou is jy in die k*k’. Hy het ʼn skoot in my rigting afgevuur en ek het teruggehardloop na my bakkie toe. Die tweede skoot het deur my bakkie se agterruit gegaan,” het hy gesê.

Smit kon daarin slaag om die motor se registrasienommer te kry en het dadelik die polisie gebel. Die man is glo kort daarna in ʼn nabygeleë informele nedersetting in hegtenis geneem.

“Dit is ʼn baie groot skok wanneer jy skielik skote hier om jou hoor klap. Dit is net God wat my beskerm het. En danksy die polisie se flink optrede kan ek weet ons land se paaie is veiliger van een misdadiger,” het hy gesê.

Sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ʼn 29-jarige man in hegtenis geneem is. Hy sal Vrydag in die Brandfort-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gina ·

Jou slimgheid kon jou lewe gokos het. Maar God weet hoekom jy so moes optree. Dankie nog 1 agter die selle- weet net nie vir hoe lank nie. As hy daar uitkom het hy weer n nuwe guur en trieke vergeet hul nooit. Baie dankbaar jou lewe is gespaar, maar moenie dink daar is altyd n 2de kans nie

Chris ·

Dit was blatante uitlokking, kyk mooi hy gaan nou se die man wou hom aanrand toe skiet hy uit self verdediging . Hy gaan nou die ras kaart speel en wegkom daarmee.

Rita ·

Ai mnr Smit, weet jy nog nie dat misdadigers gouer uit die tronk kom as wat sake soos hierdie deur ons korrupte en treurige polisie ondersoek en opgelos word nie? Jy moes die Volksblad se berig dié week gelees het : misdadigers lag hard en uit hulle maag, want ons president is nie mans genoeg om strukture in plek te kry om hulle te straf nie. Kyk bietjie na oorsese programme wat wys hoe mense wat onder die invloed van drank bestuur, vir jare lank tronk toe gaan. In ons land kry hulle net ‘n boete. So die man wat op jou geskiet het, sal dalk net ‘n boete kry. Tien teen een is hy al klaar terug op straat,

Paplepel ·

Hoe onnosel moet jy wees om met sulke direkte uittarting te gaan staan en aftrek???? Jy moet ten alle tye bly beweeg. As dit nie anders kan nie maak jy ‘n U-draai en gaan in die teenoorgestelde rigting, WEG van die gevaar af. Die eerste keer toe die persoon met sy manewales begin het moes hy reeds die Polisie gebel het. Reeds toe moes hy al die nommer vir die Polisie gegee het. Ek het al 4 keer in die laaste 20 jaar dieselfde oorgekom en ELKE keer het die nar met sy agterent in die vangwa gaan sit. En voor julle ander negatiewe siele die Polisie verguis, hulle roer wanneer jou lewe in direkte gevaar is.

Majoos ·

Rerig? Dit was seker nie in Pretoria gewees nie. Het net mooi die teenoorgestelde in 2 gevalle al beleef. Moes op die ou einde van die dag selfs vir die polisie vlug.

Jaco Grobler ·

Ek glo ek sou baie die selle doen, met die verskil dat ek eers die registrasienommer sou afskryf, dan iemant bel en se waar ek is en wat gebeur, dan sal ek stilhou en my kettie regkry, wag tot die ou na MY toe kom. Erens moet mens ‘n lyn begin trek, hoeveel kilos moes die man dan nog ry terwyl hy heeltyd in gevaar verkeer, ons almal ry nie vinnage karre nie.

Johan ·

Ek hou van jou kettie manier – dis die enigste manier. Maar wag dat die nar na JOU TOE kom, dan looi jy hom.

noeline ·

op hierdie noot! Ons is sooo ontevrede oor die feit dat Mogabe sulke onmenslike uitlatings in ons land kon maaķ en niemand het enige reaksie daarteen getoon nie. Ons Pres. En regering skuld ons blankes n verduideliking. Is dit ook hulle gevoel en siening?? Is SuidAfrika nou net vir die swartmense?? Ek is hier gebore en dit is my land. Ek aanvaar dit nie dat n onverantwoordelike leier van n ander land soveel snert in ons land kwytraak en geen haan kraai daarna nie!!

Majoos ·

Maroelamedia, mag ek nie my ervaring van soortgelyke geval en waar die polisie pateties was, deel nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.