
Pres. Cyril Ramaphosa lewer ‘n boodskap by die begrafnisdiens van Thulare Victor Thulare III, koning van die Bapedi-koninkryk., in Limpopo. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)
Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag in Limpopo by ʼn gedenkdiens vir Kgoshi Thulare Victor Thulare III, koning van die Bapedi-koninkryk, gesê daar sal weer ʼn tyd wees wanneer Suid-Afrikaners behoorlik hulde aan hul geliefdes kan bring.
“Nou moet ons eers veilig wees en lewens red.”
Thulare (40) is op 6 Januarie weens Covid-19 dood.
Ramaphosa het in sy boodskap gesê die pandemie het talle dinge in mense se lewens verander, asook dat Thulare ter ruste gelê word te midde van ʼn tweede vlaag van koronavirusinfeksies wat veel groter en meer verwoestend is as vantevore.
“Baie meer mense doen die infeksie op en baie meer mense benodig mediese sorg.
“In verskeie dele van die land word ons hospitale en klinieke oorweldig en ons gesondheidswerkers is onder enorme druk.”
Ramaphosa sê in Limpopo is infeksies, hospitaalopnames en sterftes baie meer as tydens die eerste vlaag.
Hy het weer ʼn beroep op mense gedoen om gesondheidsmaatreëls na te kom, toe en volgepakte ruimtes en onnodige kontak met ander mense te vermy.
“In die komende weke en maande gaan ons begin met ʼn massa-inentingsprogram wat die getal infeksies na verwagting beduidend sal verlaag namate al hoe meer mense ingeënt word.
“Ons gaan ook ons pogings verskerp om die ekonomie te herbou, werksgeleenthede te herstel wat verlore gegaan het en steun te gee aan gesinne wat sukkel.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Gelukkig het ons darem 500 miljard om aan te wend
As hy wil lewens red dan sal hy sy goedkeuring gee vir die gebruik van ivermectin
“Ons gaan ook ons pogings verskerp om die ekonomie te herbou, werksgeleenthede te herstel wat verlore gegaan het en steun te gee aan gesinne wat sukkel.”
Sodat almal ‘n gouvissiegeheue kan ontwikkel en hulle weer by die stembus kan ondersteun? Hopelik sal die stemmers by die stembus onthou wie die armoede en werkloosheid in die eerste plek geskep het wat hulle nou beloof om te herstel.
Dit was jou werk gewees om hospitale te maak werk soos julle in 1994 belowe het. Toe kom COVID en ‘n lockdown om hospitale gereed te kry, en wat het jy gedoen? Die land se ekonomie in die grond in bestuur. Jy, CR, is niks beter as Zuma nie. Met Zumu het ons egter geweet waarmee hy besig was, jy is meer slinkser!
Was daar minder as 50 mense by die begrafnis, en was dit korter 2 ure?