‘Nóú moet ons lewens red’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa lewer ‘n boodskap by die begrafnisdiens van Thulare Victor Thulare III, koning van die Bapedi-koninkryk., in Limpopo. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag in Limpopo by ʼn gedenkdiens vir Kgoshi Thulare Victor Thulare III, koning van die Bapedi-koninkryk, gesê daar sal weer ʼn tyd wees wanneer Suid-Afrikaners behoorlik hulde aan hul geliefdes kan bring.

“Nou moet ons eers veilig wees en lewens red.”

Thulare (40) is op 6 Januarie weens Covid-19 dood.

Ramaphosa het in sy boodskap gesê die pandemie het talle dinge in mense se lewens verander, asook dat Thulare ter ruste gelê word te midde van ʼn tweede vlaag van koronavirusinfeksies wat veel groter en meer verwoestend is as vantevore.

“Baie meer mense doen die infeksie op en baie meer mense benodig mediese sorg.

“In verskeie dele van die land word ons hospitale en klinieke oorweldig en ons gesondheidswerkers is onder enorme druk.”

Ramaphosa sê in Limpopo is infeksies, hospitaalopnames en sterftes baie meer as tydens die eerste vlaag.

Hy het weer ʼn beroep op mense gedoen om gesondheidsmaatreëls na te kom, toe en volgepakte ruimtes en onnodige kontak met ander mense te vermy.

“In die komende weke en maande gaan ons begin met ʼn massa-inentingsprogram wat die getal infeksies na verwagting beduidend sal verlaag namate al hoe meer mense ingeënt word.

“Ons gaan ook ons pogings verskerp om die ekonomie te herbou, werksgeleenthede te herstel wat verlore gegaan het en steun te gee aan gesinne wat sukkel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Danie ·

As hy wil lewens red dan sal hy sy goedkeuring gee vir die gebruik van ivermectin

Peetjie ·

Hulle wìl dit nie goedkeur nie, want dan kry hulle nie die kickback nie, en – daar het nog nie genoeg mense gesterf nie…

Petrus Klipkop ·

“Ons gaan ook ons pogings verskerp om die ekonomie te herbou, werksgeleenthede te herstel wat verlore gegaan het en steun te gee aan gesinne wat sukkel.”

Sodat almal ‘n gouvissiegeheue kan ontwikkel en hulle weer by die stembus kan ondersteun? Hopelik sal die stemmers by die stembus onthou wie die armoede en werkloosheid in die eerste plek geskep het wat hulle nou beloof om te herstel.

Alleen Wolf ·

The poeple gaan dit nie onthou nie, hulle gaan net die KFC en T Shirt onthou

koos10 ·

Dit was jou werk gewees om hospitale te maak werk soos julle in 1994 belowe het. Toe kom COVID en ‘n lockdown om hospitale gereed te kry, en wat het jy gedoen? Die land se ekonomie in die grond in bestuur. Jy, CR, is niks beter as Zuma nie. Met Zumu het ons egter geweet waarmee hy besig was, jy is meer slinkser!

Alet ·

Nogal waar. Toe anc aan bewind gekom het sou hulle alles regmaak wat verkeerd was. Gesondheidsdienste, huise en werkskepping en tenminste het die ander wat hulle gekry het alles perfek gewerk. Munisipaliteite het dienste gelewer, Spoorweë het gewerk, poskantore, inkomstebelasting kantore was ‘n fees. Hmm nou is alles wat gewerk het ook stukkend!!!

gatgogga ·

Hy is nie eers meer slinks nie. Die media beskerm hom vir al wat hulle werd is.

Pretorianer ·

Was daar minder as 50 mense by die begrafnis, en was dit korter 2 ure?

Jacobus ·

Rein gedagte Siril, byna jaar te laat. Die geskiedenis (as daar iets oor is) gaan swaar op jou en jou kaders leun.

Ou bees ·

Ja en die meeste mense glo seker nog in feëverhale. Ek weet die meeste ANC ondersteuners doen

Persheks Adri ·

Van hoeveel ons praat jy Cyril? Julle het klaar die ekenomie so opgeneuk dis nie eers snaaks nie! Ja help “our people” want dis al wie jy gaan jy help ons pas mos nie in die land nie, want ons is blank gggmmmfff

SomeOne ·

“Nou moet ons eers veilig wees en lewens red.”, jare te laat ou china

Jan ·

Al waarin hy belangstel is om meer korrupsiegeld uit die buiteland te kry deur met meer toetse meer “covidgevalle” op te diep. Sterftes weens armoede, angs en isolasie maak nie vir hom saak nie en word ook nie as sulks gerapporteer nie.

Hano ·

Nou red dan lewens waarvoor wag jy dan ?…..terwyl almal aangaan oor die vaccine gee vir die mense ivermectin. Dit red lewens sedert donkiejare al en is boonop veiliger as macdonalds. Derduisende mense kan getuig daarvan.
Intussen sloer en sloer julle om julle mind op te maak oor wat julle in elkgeval nie regtig weet nie.
Julle het eenvoudig nie die geld nie .Laat mense dan self toe om ivermectin te bekom.

Natasha ·

As hy die ekonomie & werk wil red dan moet hy als oop maak. Hy sien wat hy nou doen werk nie, so hoekom aanhou daarmee? Dit als net vir sy eie siek “power trip” saam die res van sy ANC kollegas. Meer as 3 miljoen mense het reeds oor sy sinnelose reels hul werk verloor en nog meer as ‘n miljoen is besig om hul werke te verloor. Watse steun wil hy gee en aan wie? Al wie hulle steun is BEE besighede. Wat van die res van ons?

jzjz05 ·

Mur Die president,ek het nuus vir jou, sonder die witmense is jou planne om die ekonomie weer aan die gang te kry gedoem,

Fedup ·

Uhm. Where is bapedi?
Anyhoo jellyfish, why don’t you go ask hospitals why people pass away after injections administered by doctors?
Don’t be a hypocrite by telling the world lives should be saved.
No one believe you anymore.

JohanR ·

Ja my maat en as die ekonomie nie gered word nie, dan sal daar niks oor wees om te red nie!

Piet ·

En as mense doodgaan weens die virus is daar geen kans om aan enige ekonomie deel te neem nie…. Lewens eerste dan goedjies soos ekonomie, strandloop en bier drink by ‘n kroeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.