Nou sal Zuma móét getuig

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, het toestemming gegee dat ʼn dagvaarding uitgereik word om oudpres. Jacob Zuma te dwing om voor die kommissie te verskyn.

Die aansoek om Zuma te dagvaar om voor die kommissie te verskyn, is Vrydagoggend aangehoor.

Zuma se regspan het vroeër gesê dat hy weens gesondheidsredes nie voor die kommissie kon verskyn nie.

Die dagvaarding kan nou voorsiening maak dat Zuma – weens die Covid-19-pandemie – aanlyn voor die kommissie mag verskyn.

Adv. Paul Pretorius, hoof van die kommissie se regspan, het aangevoer nagenoeg 99 mense is reeds gedagvaar om voor die kommissie te verskyn en dat daar niks vreemd aan die aansoek is nie.

Pretorius het ook aangevoer altesaam 34 getuies het Zuma reeds in hul getuienis betrek en dat Zuma op die bewerings teen hom moet antwoord.

Zuma se regspan was nie teenwoordig nie.

Zondo het die kommissie se sekretariaat nou toestemming gegee om ʼn dagvaarding uit te reik. Dit dwing Zuma om van 16 tot 20 November vanjaar voor die kommissie te verskyn.

Die Jacob Zuma-stigting het vroeër uitgevaar oor die dagvaarding en gesê die datums vir Zuma se verskyning was reeds bekend. Zuma het egter vantevore al versuim om voor die kommissie te verskyn.

Zuma het verlede maand versoek dat Zondo hom as voorsitter van die kommissie onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Moedeloos

Die foto by die berig spreek boekdele.

Trotse Boervrou

Regter Zondo, jy verdien ‘n medalje!

Adam Adriaan

Bok bok staan styf, jy moet vir jou kom kry ou Zuma.

Ja Wat

Hy gaan soos Schabir terminaal siek word dan kry ons hom op ‘n eiland met ‘n skemerkelkie 2 jaar later on Dubai.

Androclus

Dankie Zumpies jy gaan in ‘n eenmanswoonstel intrek met ‘n oranje pajama (nie pa jaag vi ma ni) jou uniform.
Inderdaad uiteraard