Noue ontkoming toe vlieënier noodlanding doen

Nooddienswerkers het die klein vliegtuig onderstebo in ʼn veld aangetref. (Foto: Emer-G-Med / Facebook)

ʼn Jong vlieënier het Vrydag ʼn noue ontkoming gehad toe hy ʼn noodlanding op ʼn plaas langs die R553 naby die Lanseria-lughawe moes doen. Die man is vermoedelik in sy 20’s.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê toe nooddienswerkers omstreeks 10:10 op die toneel aankom, het hulle die klein vliegtuig onderstebo in ʼn groot veld aangetref.

“Die man het teen dié tyd reeds self uit sy vliegtuig geklim. Paramedici het hom ondersoek en gevind dat hy net matige beserings opgedoen het. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling vervoer.”

Niemand anders was tydens die voorval aan boord nie.

Die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.