Noue ontkoming vir egpaar tydens plaasaanval

(Foto: pixabay)

’n Bejaarde egpaar (66) het ʼn noue ontkoming gehad toe ’n groep van drie aanvallers hulle glo Dinsdag vroegoggend in hul huis op die Diamond Hill-landgoed op Rayton, Pretoria, oorval het.

Die egpaar se seun, wat nie sy of sy ouers se name genoem wil hê nie, het aan Maroela Media vertel die aanvallers het die oggend omstreeks 03:15 ’n venster oopgebreek en sy ouers se huis binnegekom. Hulle is toe reguit na sy ouers se kamer toe.

“Die slaapkamerdeur was gesluit, en hulle het op die deur begin skiet. Hulle het die deur oopgebreek,” vertel die seun.

Die seun vertel sy ouers het in hul badkamer gaan skuil. “My pa het met die plaaswag-radio hulp ontbied.”

Die seun sê hy vermoed die aanvallers het gehoor sy pa praat oor die radio. “Ek dink hulle was afgeskrik en het toe gevlug,” vertel hy. Die aanvallers het niks gesteel nie.

Volgens die seun het hulp binne etlike minute ná sy pa se hulpkreet oor die radio, by die huis opgedaag.

Die seun sê daar is drie stelle spore op die erf gevind en die polisie vermoed daar was drie aanvallers betrokke.

Die seun vertel sy ouers is vreeslik getraumatiseer en ly nog aan skok.

“Ons is baie dankbaar dat my ouers ongedeerd van die voorval afgekom het en dat hulp so vinnig daar opgedaag het. Dit kon so anders uitgedraai het,” vertel die seun.

Die polisie was Dinsdagoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het ook die voorval bevestig.

Maroela Media het ’n navraag aan kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kokerboom ·

Mense moet hul asb bewapen veral as hul afgelee woon. Realiteite moet asb nou inskop!!Roof en moord was die boewe se motief.

Albert Willem ·

Stem en vernaam daai ouderdomsgroep kan nie meer ongewapen op n plot of plaas woon nie

Plaaskind ·

Daar sal ook geen terugvoering wees nie – hulle beskou ons lewens en veiligheid nie belangrik nie.
Baie bly die oom en tannie het dit oorleef. Hoop vir hulle spoedige geestelike herstel toe. Siestog – kan my net indink hoe hul moet voel.

Keelvol ·

Plaaswerkers is altyd betrokke. Plaasboere moet asseblief nie hulle plaaswerkers so maklik vertrou nie.

Paul ·

Waar was die alarmstelsel, diefwering? Verder, waar was jou vuurwapen.? Jy behoort mos te weet julle is ‘n sagte teiken

JohanR ·

Soe bly hierdie geval het nie hartseer uitgedraai nie. Bheki Cele en Cyril Ramaphosa se hulle weet niks, sien niks en hoor niks! Jy is reg van plaaswerkers Johan die 1ste. Die aanval op my ouers in op die plaas om ‘n pot pap beplan. Se nie alle plaaswerkers is sleg nie, maar hou maar die oe en ore oop. (Johan die 2de)

'n Simpelman ·

Maar SA krieket wil net B L M.
Geen krieket vit my meer

Herpiet ·

“Its time for radical economic transformation” daarna vermenigvuldig alle aanvalle op ons. Interresant né.

Jack ·

Ek dink roof as motief is sekonder tot moord en dus etniese suiwering. Die aanvallers is nie opportuniste nie. Hulle werk met n opdrag. Vang hulle martel hulle en kry die naam van die groot baas.

Johnna ·

En hulle gaan maar net aan met hulle rooftogte!dankbaar hulle het niks oorgekom nie.Die straf vir plaasaanvalle moet baie streng wees om as afskrikmiddel te dien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.