Noue ontkoming vir NMU-studente

Nelson Mandela Universiteit (NMU). (Foto: NMU)

Personeel en studente van die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth moes Woensdag noodgedwonge die universiteit se Suidkampus ontruim weens ʼn veldbrand wat tot naby dié universiteit versprei het.

’n Veldbrand in Noordhoek het glo die universiteit se Suidkampus weens stormsterk winde teen ’n spoed genader waarna die brand ’n heining by ʼn gedeelte van die kampus oorgesteek het. Die universiteit is in ʼn digte rookmassa gehul en studente is aangesê om die kampus as voorsorgmaatreël te verlaat.

Zandile Mbabela, woordvoerder van die universiteit, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat die situasie tans onder beheer is en studente teen Woensdagaand ná ’n voorlopige veiligheidsassessering kon terugkeer.

Volgens Mbabela kon die plaaslike brandweer in noue samewerking met die universiteit die brand teen Woensdagaand onder beheer bring.

“Ons is vanoggend weer terug op ons pos, maar die situasie word steeds fyn gemonitor,” sê Mbabela.

’n Ondersoek sal vandag begin om te bepaal of enige skade deur die brand aangerig is. Mbabela dra egter in dié stadium geen kennis van skade aan die universiteit se infrastruktuur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skuus ·

Hoekom brand alles wat vir die Afrikaner waardevol is? Ek praat nou van al die brande in s
Suid Afrika.
So baie uitbreidings in stede/dorpe, afrikaanse universiteit, afrikaanse kerke……. Ek meen hoeveel kerke het in die laaste tyd afgebrand?

Piet ·

Teken asb vir my ‘n prentjie van waar/hoe is die “noue ontkoming” van die studente, as die vuur tot teen die grensdraad brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.