Noue ontkoming vir pa, seun ná noodlanding

Foto: AlgoaFM

ʼn Pa en seun is ongedeerd nadat die ligte vliegtuig vermoedelik enjinprobleme ondervind en ʼn noodlanding gevolg het.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, was die pa die vlieënier van die tweesitplek-vliegtuig en het enjinprobleme hom genoop om ʼn noodlanding te doen.

Die vliegtuig het ʼn harde noodlanding gedoen in ʼn veld naby Johan Muller-weg in Jeffreysbaai. “Niemand is tydens die voorval beseer nie.”

Daar word reëlings getref om die vliegtuig uit die veld te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Cornelius
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die voorval het in Jeffreysbaai plaasgevind. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.