Noue ontkoming vir paramedici by Klerksdorp-ongelukstoneel

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Paramedici het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor hulle byna getref het terwyl hulle op ʼn ongelukstoneel in Klerksdorp, Noordwes, gewerk het.

“ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Saterdagaand dood toe ʼn bakkie hom op die N12 in Klerksdorp getref het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, Sondag gesê. “Paramedici van ER24 het by die toneel aangekom waar die man se liggaam in die middel van die pad gelê het. Die taxi wat die man getref het, het ʼn kort ent daarvandaan stilgehou.”

Die man het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Terwyl die paramedici by die man se liggaam was, het hulle gehoor hoe bande skree en ʼn ligte motor net ʼn paar meter van hulle rol en langs die pad tot stilstand kom. Paramedici het hulle na die motor gehaas. Die twee mans in die motor het gelukkig net geringe beserings opgedoen,” het Meiring bygevoeg. “Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MissDemeanor ·

Klink vir my asof daar geen polisie of verkeerspolisie was om die toneel af te sper nie

Chris Ws ·

Meeste bestuurders op ons paaie JAAG sonder om vir een oomblik te dink waarmee hulle besig is.Dis een groot speletjie vir hulle.Maar die verkeers owerhede landwyd doen nie hul werk nie en het net soveel skuld daaraan dis hoekom dit so wetteloos op ons paaie gaan.So pas ‘n rit van 1300km afgele en net EEN spoedlokval gekry(maar 14 tolhekke!)Dis waar ‘n groot deel van die probleem le.

Jan maak n Plan ·

Op die gedeelte van die N12 by Klerksdorp maar veral aan die Wolmaransstad kant, vergeet motoriste gewoonlik hulle reels en maak soos wat hulle wil. Vragmotors en taxis gaan verby net waar hulle wil en party mense ry maklik 200km/h. Dat daar nie meer ongelukke is nie is absoluut n wonder.

Chris Ws ·

Dit bevestig net weer wat ek op die paaie ondervind nl. GEEN wetstoepassing nie.Daarom gaan dit so.

KarooKlong ·

As jy flitsende ligte (enige kleur) sien is die veiligste besluit om te rem en stadiger te nader.
Let op volgende keer wanneer jy by soortgelyke toneel stop of verbyry hoeveel motoriste is in “autopilot”. Hulle registreer eers wanneer hulle op die toneel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.