Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk

Foto: pixabay.com

Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het tydens ʼn gesamentlike vergadering wat buite Pretoria gehou is, hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk.

In die lig van die bestaande bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK onderneem die Moderature van die twee kerke om veral met betrekking tot die volgende gemeenskaplike sake samewerking tussen gemeentes én sinodale strukture te bevorder, aldus dr. Wouter van Wyk, sekretaris van kommunikasie van die NH Kerk.

• Albei kerke ag dit van groot belang om missionaal kerk te wees, en moedig
gemeentes aan om in hierdie verband plaaslik al nouer met mekaar saam te werk.
• Teologiese opleiding is vir die kerk van kardinale belang, en daarom wil die
Moderature verseker dat voornemende predikante van die twee kerke steeds die beste moontlike teologiese opleiding ontvang. Daar moet ook erns gemaak word met opleiding van tweedeloopbaanpredikante op die mees tyd- en kostedoeltreffende manier moontlik, terwyl daar ook programme ontwikkel word om teologiese toerusting aan ampsdraers, kerklike werkers en lidmate te verskaf.
• Die twee kerke onderneem om op ekumeniese gebied al meer met mekaar en ander kerke saam te werk, en die moontlikheid van Ekumeniese Sinodes (saam met ander kerke) te ondersoek.
• Gemeentes van die twee kerke (binne én buite Suid-Afrika) word aangemoedig om al nouer met mekaar saam te werk, veral waar gemeentes as gevolg van demografiese verskuiwings en ekonomiese druk in ’n oorlewingstryd gewikkel is.
Die kerkleiding van albei kerke onderneem om sulke gemeentes met toepaslike samewerkingsooreenkomste by te staan. Gemeentes word ook aangemoedig om hul ervaring van sukses en knelpunte in bestaande samewerkingsooreenkomste met die kerkleiding te deel sodat dit uiteindelik die hele kerk kan dien. Gemeentes word ook uitgenooi om die kerkleiding te nader insake enige bedieningsbehoeftes wat daar plaaslik mag bestaan. Indien dit blyk dat kerkordelike aanpassings nodig word om besluitneming tussen samewerkende gestaltes van die kerk moontlik te maak, sal dit dan oorweeg word.
• Die twee kerke ondersoek geleenthede om plaaslik en nasionaal nouer saam te werk in barmhartigheidsdiens.
• Die goeie samewerking met betrekking tot die kerklied en -musiek word verder uitgebou.
• Groter samewerking met betrekking tot die elektroniese media word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Drikus ·

Dit is ‘n mooi stap in die regte rigting. Dankie vir die voorbeeld wat die kerkgroepe hiermee stel. Saampraat en saamdoen. Mooi man.

Lance ·

Wie het die oudste NG kerk in Jhb. aan die moslems verkoop ?

Adriaan ·

‘NGK’ is nog altyd Nederduits Hervorm en Gereformeerd. ‘NHGK’. Dit het nog nooit verander nie.

SP ·

Ek was by die NG Kerk vir my hele lewe en toe geskuif na Hervormde Kerk,wat n belewenis
Van die NG Kerk wil ek niks weet nie! Die Hervormde kerk het net baie minder issues en dit nou weer n plesier om kerk toe te gaan.

Vermeende ·

Dit is n hartseer dag waneer n Christen volk se kerke toe maak, is dit dan n teken dat ons volk al hoe verder van ons Skepper af wegstap, of is dit n teken dat ons kerke en predekers verder van ons skepper af wegstap?
Hulle sal een of ander tyd gedwing word om saam te smelt om te oorleef.
Die kerk en sy predekers sal net een keer moet vergeet van sy slim Dr’s grade en luister na sy gemeentes of lede, daar is nog hoop vir die Christen en sy kerk maar nie op hierdie weg van sonde reg preek nie!

SWE ·

2Tim 4:3,4 Want daar sal ñ tyd wees wanneer hulle nie die gesonde leer sal verdra nie, maar ooreenkomstig hulle eie begeertes vir hulle onderrigters sal versamel sodat hulle ore gestreel kan word; en hulle sal hulle ore van die waarheid afkeer en hulle tot valse stories wend.

John ·

Eintlik beweeg die kerke weer nader aan die Roomse Kerk en sy dien-die-naaste in ruil vir die vergewing van sondes. Bewaar ons siele want die pousdom het ook hoeka besluit om hande te vat met al wat godediens is om weer ‘n wereldryk te bevorder. ‘n Vlieende slang van die Maya’s pryk tans in die Vatikaan. En sy ontvangsaal is uitgebeeld as ‘n reuse adder. Slange word geseen en die duiwel is glo net ‘n simbool. Christus word gelyk gestel aan Mohammed en die sg swart pous bid saam met Bhoeddiste. En Trump moet beveg word want hy staan massa-migrasie tee en veg vir die behoud van Christelike waardes. Moenie my glo nie. Kyk self.

Leahim ·

Die kerk in Rustenburg is ook aan die muslims verkoop en die een in pta wes ek woon nie meer kerk by nie maar leef en leer my kinders om te leef volgens die 10 gebooie

Adam ·

En die tiendes wat vir die geboue betaal het se opgrengs gaan nou vir die vet katte van die modder dit en modder dat.

Erick ·

In die NG Kerk grootgeword. Later moes ons daar uit vlug. Hulle het Christus verlaat en ons hele voortbestaan uitverkoop. Steek kerse op en vier Lent, hou Ekumeniese gesprekke met die Katolieke en Anglikane en het die Bybelse huwelik kom probeer hervorming. Stap verby NGK.

LB S ·

Genade, en ek weet nie eers al diè dinge nie. Gaan lankal nie meer Kerk toe nie, maar ek dink ek is meer gelowig op my eie as wat ek ooit in die kerk was. Ek en my kinders ken ons Drie-enige-God en probeer ons lewens as volwaardige Christene te leef. Mens kan baie lees en leer op die internet as jy soek na leiding. Maar so moet jy ook versigtig wees vir dwaalleringe. Ek is geSKOK om op Netwerk24 te sien hoeveel Ateiste daar deesdae is, Afrikaners wat die spot dryf met die Christendom.

CG ·

Erick. Paasnaweek woon ek ‘n diens in ‘n NG Kerk by. Die jong predikant maak ‘n hele”show” van dit. Spykers word uitgedeel wat ons heeltyd moet vashou. Twee kore, insluitende ‘n laerskoolkoor sing. Sy stel dit (letterlik, ek het baie goed geluister) dat God is dit wat vir jou belangrik is in jou lewe (LW nie “afgod” nie). Sy bevestig wat sy gese het deur in haar weergawe van n geloofsbeleidenis, o.a. te belei dat “Ek glo on ‘ n god wat soggens vir my broodjies inpak.” Niemand knip ‘n oog nie. Aan die einde van die “show” voel almal lekker en wil graag n kruis op hulle hande kry van die glimlaggende jongmense by die deure…..
,

Jan Jooste ·

NGK behoort versoening te doen vir die gemors waarin hulle die HELE SA bevolking laat beland het. Samesmelting toon dat hul nou vrugte pluk daarvan dat hul hul lidmate verraai en ondergrawe het. Nou kan lidmate nie meer kerke onderhou nie …

MD ·

Plaas dat hulle ondersoek doen in hulle bestuur en rigting waar hulle kruip en ja en amen vir ander gelowe om in hulle goeie boekies te wees. Kort op hulle hakke is die Hervormde kerk. Cristenskap beteken vir hulle top ouens niks. Dit gaan alles oor wat kan ons wen geldelik. Breul weg mense daar is vele kerke wat nog outydse Christelike geloof verkondig.

JC ·

Julle, ten minste probeer ONS KERKE nou vergoed vir hul sondes, ek het onlangs vir die eerste keer in jare weer NG kerk bygewoon; en dit was sielvoedend.
Wat help dit ons gooi klippe(in glashuise)? Ons is almal skuldig vir die gemors wat in 1994 gebeur he;t en nou sy ware aaklige slagtande baar. Wat verby is, is verby. Laat ons eerder hande vat deur ons kerke(dit is byna al wat staande gebly het onder die aanslag van kulturele eenvormigheidsdwang=MOET ONS DIT NOU OOK VERWERP; EN DAN HET ONS NIKS NIE???!!!) en ons oe draai na God; want hemel weet; HY is die enigste een wat ons uit ons verknorsing gaan/kan bring. Vingers wys op hierdie laat stadium help nie, en dit is altyd eerder LAAT AS NOOIT.

CJ ·

JC. Indien jy in ‘n gemeente is wat jy sielvoedend beleef, klou daaraan vas. Indien jy egter reken die kerke (spesifiek NG- en NH kerke) nog “staande gebly het teen die kulture eenvormingsdwang”, is ek bevrees het ek baie slegte nuus vir jou. Die NHK het hieroor geskeur – verskeie gemeentes het hulle losgemaak van die kerk omdat hulle hulself nie met die nuwe teologiese standpunte van die NHK kan vereenselwig nie. Die NG kerk stoei ook met humanistiese onderstrominge. As jy nou jou siel wil versondig, gaan lees artikels wat deur teoloë (huidig of voormalike) van die teologiese fakulteit by TUKS geskryf is, soos Professore Andries van Aardt, Yolanda Dreyer en Ernst van Eck. Indien jy gelukkig is in jou gemeente, raai ek jou af om hieroor te gaan lees. Ek neem egter die vrymoedigheid om jou aan te raai om jou vetroue in God te stel, nie in die kerke nie.

Ai! ·

LIewe aarde… mense onthou net een ding: ‘n KERK gaan jou nie ind ie hemel bring nie. Dis wel ‘n plek waar enersdenkendes saamkom om te aanbid en van die woord te leer en te hoor. Maar dis jou dade, woorde, hoe jy lewe wat jou gaan red al dan nie. Jy kan maar elke liewe Sondag in die kerk sit of ander kerke kritiseer nes jy wil dit gaan jou nie heilig maak of red nie. So in plaas van kritiseer werk dalk bietjie meer aan jouself, niemand is sonder sonde nie ek nie, nie jy nie, nie enige predikant, pous, pastoor of wie ookal nie.

LB S ·

Ek het pas die “like” knoppie vir jou kommentaar gedruk. ☺

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.