Noupoort-sentrum moet ondersoek word

Skermskoot van die sentrum se Facebook-blad

Skermskoot van die sentrum se Facebook-blad

Die welstand van kinders by die omstrede Noupoort-dwelmrehabilitasiesentrum in die Karoo sal weer ondersoek word ná berigte oor mishandeling, het Rapport Sondag berig.

Die hooggeregshof in Kimberley het ʼn verklaring van die Sentrum vir Kinderreg van die Universiteit van Pretoria ontvang wat bewerings bevat oor uitermatige strawwe en oortreding van die Kinderwet.

Die sentrum is as ʼn vriend van die hof in ʼn saak aangestel waar Transnet die Noupoort-sentrum uit sy geboue wil sit. Transnet voer aan die Noupoort-sentrum skuld hom huurgeld van ongeveer R800 000.

Volgens die verklaring het die Sentrum vir Kinderreg berig oor onderhoude wat hy met 19 kinders van Noupoort gevoer het. Die kinders ontvang glo nie behoorlike behandeling nie; ouers word gedwing om voogdyskap aan die sentrum ‘oor te teken’; en uitermatige strawwe word uitgevoer, insluitend gevalle waar opvoeding, warm klere en komberse weerhou word.

Regter Mpho Mamosebo het Vrydag die departement van maatskaplike ontwikkeling aangesê om binne 90 dae ʼn verslag in te dien oor die kinders se omstandighede. Soortgelyke ondersoeke in 2001 en 2002 het daartoe gelei dat die departement die besluit gemaak het om die sentrum te sluit. Die dwelmsentrum het egter in al twee gevalle die beslissing in die hof gedaag en gewen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elizabeth ·

Dis baie moeilik; enige ouer wat kinders in ‘n dwelmhel het sal vir jou vertel hou hierdie kind/ers kan lieg. Hulle kan ‘n Eskimo oortuig hy woon in Mauritius tipe van ding. Onthou die geval van Ellen Pakkies wat haar kind doodgemaak het omdat sy nie langer KON hou met hom as dwelmverslaafde nie? Hy het haar belieg, bestel en aangerand – omdat hy nie meer in die werklike lewe KAN funksioneer nie. Ek weet nie hoe die omstandighede REGTIG is nie, miskien moet dit opgeweeg word teen suksesse. Daar was ook ‘n voormalige dwelmslaaf wat voorheen vertel het hoe sleg hul behandel is by Noupoort en nou onglangs vertel het hy het alles gelieg. Mens KAN ongelukkig NIE dwelmverslaafdes met handskoene aanpak nie – you have to be cruel to be kind. Dis ‘n lang stryd en ek wens niemand dit toe nie. Al wat ek weet is dat hulle ongelukkig baie hard en streng met verslaafdes MOET wees. Of hul regtig warm klere en komberse ens weerhou as straf weet ek nie en kan ek amper nie glo nie. Natuurlik sal ‘n ouer sy/haar kind glo as die sulke goed ( dis immers jou kind en mens wil tog net die beste vir hom/haar hê) vertel maar weereens, hulle lieg verskriklik want hul sal ampers ook enigiets doen om uit so ‘n rehabilitasieplek te kom. So ek weet nie wie of wat mens regtig moet glo nie.

estelle ·

@Elizabeth, ek stem met jou saam dat dwelm verslaafdes meester manipuleerders is en ook onsaglik kan jok! maar om alles wat by Noupoort gebeur as strooi aftemaak, dink ek is ‘n groot fout! ja stem saam “tough love” maar nog steeds bly hulle mense en verdien om dienooreenkomstig behandel te word. Glo my ek het al nagmerrie stories gehoor wat daar gebeur! Sit self met ‘n probleem kind en hy was al in 19 sentrums waar hy net met liefde behandel is! Die mense is klaar “gelabel” en verdien nie om verder is die lewe afgebreek te word nie! Hulle is nie “addicts” omdat hulle wil wees nie! Vat heroien dit is ‘n chemiese verslawing en die moeilikste verslawing om te breek! Buiten dit alles is daar erens binne die verslaafde ‘n normale mens wat skree om vry gelaat te word!!

Elizabeth ·

@Estelle – nee ek maak darem nie alles wat glo by Noupoort gebeur af as strooi nie hoor. Mens wonder net wat mens alles kan glo. Ek verwys weereens na ‘n jongman wat redelik onlangs beken het hy het gelieg oor sy stories van mishandeling by Noupoort ‘n paar jaar gelede. Ek het simpatie met jou en ander wie se kinders in hierdie hel vasgevang is en wens jou en jou gesin sterkte en die allerbeste toe en volkome genesing vir jou seun.

Belinda ·

Ek glo die sentrum lewer n diens wat n verslaafde wel kan help ek hoop en bid nie dat die plek sal toemaak nie en weet van persone wat baie bly was omdat die sentrum hulle gehelp het om teen die duiwel te veg………………….ja hulle is streng en straf baie van die verslaafdes maar dis hoekom hulle daar is!

Sollie ·

@Belinda – stem saam. Mens moet baie versigtig wees wat mens sommer glo van mense/plekke. Ek weet persoonlik van ‘n jong man wat se lewe 180 grade gedraai het na hy by Noupoort was

Yolandi ·

Ek was n heroin verslaafde wat by noupoort was – in 2013. Ek was ook in CI – hulle “straf” as mens die reels oortree. Ek kan ook se ek is skoon – waaroor ek baie dankbaar is. Maar ek stem ook gladnie saam met van die reels en van die strafmaatreels nie. Baie van die “straf” is onnodig, selfs soms “onregverdig”, en sonder om altyd al die feite te ken in die saak. in daardie selfde asem – mense is ook al regverdig gestraf oordat hulle reels oortree het. Ek dink dis n saak van wie, waar en wanneer. Soms is die verkeerde mense in magsposisies geplaas en dit gee n katestrofe af en almal is ongelukkig. En dit lei ook dan na die verkeerde manier van straf en die uitoefen van mag oor n ander persoon ( die SR en TS het die gesag as die huismoeder nie beskikbaar is nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.