Nqakula-moord: Beskuldigde glo met skisofrenie gediagnoseer

Carlos Higuera Woensdag in die hof. Foto: ANA

Carlos Higuera Woensdag in die hof. Foto: ANA

Carlos Higuera, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Chumani Nqakula, die seun van Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, vermoor het, is glo ʼn paar jaar gelede met skisofrenie gediagnoseer.

Die Johannesburg-landdroshof het Woensdag die saak tot volgende week uitgestel om die verdediging kans te gee om dokumente te kry om Higuera se geestesversteuring te bewys. Higuera word daarvan beskuldig dat hy Nqakalu Saterdagaand in Bezuidenhoutsvallei in Johannesburg doodgesteek het.

Landdros Albertus Roux het Woensdag beveel dat Higuera in die mediese afdeling van die tronk aangehou word, weg van die ander gevangenes. Roux het gesê Higuera moet 30 dae lank psigiatriese waarneming ondergaan.

George Higuera, die pa van die beskuldigde, het aan die hof gesê hy sal ‘n week nodig hê om die dokumente te kry wat sal bewys dat sy seun ‘n gediagnoseerde skisofreen is. Roux het hom gevra of hy sy seun se medikasie aan die tronkbeamptes oorhandig het en hy het bevestig dat hy het.

Volgens George het sy seun saam met hom gewerk en is steeds finansieel van hom afhanklik. Higuera se regspan het aan die hof gesê dit lyk nie asof hy besef wat gebeur het nie en hulle glo dat hy nie geskik is om verhoor te word nie.

Die saak is tot 13 November uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Greg ·

Charles Nqakula die Masipa mapisa se man het gese in 2006 : ” those who complain about the country’s crime rate should stop whining and leave the country”…LEKKER CRACKER OU MAAT!!!! I love it when a plan comes together!!! KRY VIR JOU!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Piet ·

Toe Kader Charles Nqakula se kind wat nou vermoor is 14 was het hy mos gese dat diegene wat nie hou die crime nie moet voertsek uit die land uit …KARMA is n…!!!!?????

Rieks ·

Met daardie naam en van kan hy net van ‘n land afkom waar alle slegte goed die norm is. Hier is TE veel van die “soustrein” ryers in ons land – niks sal verbeter totdat die invloei van alle elemente nie stop nie. Hierdie keer kom dit net bietjie nader aan hulle huis (ANC) as ons huise…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.