NRO soek ‘slegs wittes’-nedersetting in Oos-Kaap

Jaqui Gary Gradwell, projekleier van “Die Eden Projek" (Skermskoot uit die video)

Jaqui Gary Gradwell, projekleier van “Die Eden Projek” (Skermskoot uit die video)

Jaqui Gary Gradwell, projekleier van “Die Eden Projek” het in ʼn video gesê dié organisasie is van voornemens om ʼn “slegs wittes”-nedersetting op ʼn plaas te begin.

Volgens Gradwell is die plaas ongeveer 38 km van Willowmore in die Oos-Kaap geleë.

Die Eden Projek is in Julie as ʼn nie-regeringsorganisasie erken.

Gradwell doen ʼn beroep op die publiek om infrastruktuur te skenk om dié nedersetting te help bou.

Die Weekend Argus het Saterdag oor die organisasie se planne berig.

Gradwell sê in die video “sy mense” het die afgelope 20 jaar gebuk gegaan onder gewelddadige optrede van swart mense. Volgens ʼn “nuwe kolonialisme” doen hy ʼn beroep op wit gesinne om na dié plaas te verhuis en van voor af te begin.

Hy beweer al die dokumente vir die 2 300 hektaar grond is reeds onderteken en hulle versoek nou die publiek om infrastruktuur te skenk om met die nedersetting te begin.

Volgens die Eden Projek se Facebook-groep is hulle, onder andere, op soek na kragopwekkers, boumateriaal, landbou-implemente, vee en medisyne.

“Ons is bewus van projekte soos Orania (1 200 inwoners) en Anwes (potensiale drakrag van ongeveer 1 000 pioniers) asook ander kleiner projekte. Eden besit die kapasiteit om tussen 20 000 en 40 000 pioniers te vestig en te onderhou op die 2 300 Ha trakte,” lui ʼn plasing op die groep se Facebook-blad. “Eden se geheim is water. Daar is voldoende water vir huislike en landelike gebruik en infrastruktuur vir die verspreiding van hierdie bron bestaan regoor die plaas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

jaco ·

dorpstigting vir 20000 mense, al is hulle ook pienk of geel of vanaf die planeet Mars, val nie net uit die lug nie. Dit verg biljoene Rande vir infrastruktuur en ‘n magdom ander goed. Dié gaan nog lank droom…

Marius Van Reenen ·

Mense soos jy sal vir ewig droom, Jaco.
Ek lewe die projek nou al vir 2 maande.
:)

Juan Olivier ·

Natuurlik gaan 20000 mens nie so daar opdaag nie. Dis mos logies dat mense stuk stuk daar gaan opdaag. Net bietjie logika in mense se dinkwee vat jou ver.

Sputnik ·

Nee my omie, sonder ‘n detail uitvoebaarheid- en volhoubaarheidstudie deur voldoende akademies toegeruste persone wat vir my die teendeel bewys, het ek ernstige bedenkinge oor die moontlikheid op sukses. Ek is bevrees dit gaan net ‘n doodloopstraat in die vorm van ‘n plakkerskamp wees.

Theresa ·

Visie! Strategiese beplanning! Saamstaan! Mens kan nie elke oplossing afskiet as wensdenkery nie!! Vir my is elke moord op ons mense een te veel. Elke trok en taxi wat iemand sleep of doodry of omry is een te veel. Ons betaal vir als en hou by die wet en nogtans is ons vryheid ons ontneem. As daar mense is wat iets wil begin om uitkoms te bied, ondersteun dit eerder en vind ordentlik uit of dit nie dalk regtig ‘n werkbare, vars begin kan wees nie. Die tyd is ryp in hierdie land om na oplossings te kyk wat dit nog vir ons ook die moeite werd maak om hier te wees.

Wil ·

Ek wil graag gaan. Ek sal my hande stompies werk vir ‘n beter toekoms,

Sputnik ·

Behoorlike uitvoerbaarheid- en veral volhoubaarheidstudies gedoen deur mense wat weet wat hulle doen? Nie? O, aarde! Resep vir wit plakkerskamp!

Magda ·

Ek sal enige tyd gaan. As Orania dit kan doen hoekom nie Eden ook nie.

Juan Olivier ·

Ek is seker hulle het die verstand om so iets te doen. Mense begin al nedersettings vir duisende jare met amper niks.

Theresa ·

Sputnik, het jy met die regte mense gepraat, of wonder jy maar net.

Marianne ·

Vele hande maak ligte werk. My man bly tans weens werk op so plaas, in ‘n mooi Steen bungalow. Daar is baie mense op die plaas. Hulle is self voorsienend en betaal huur. Hulle het almal pre-paid elekriesiteid. Dis veilig, dis netjies, dis Wit en Afrikaans …..
Almal is baie gelukkig.
Ek wens meer boere veral in afgelee plekke wil so projek aanpak. Meer siels gee meer veiligheid, veiligheid gee gerusstelling en almal boer saam. Dit beteken geen plaas grond word gevat nie.
So kom boere volk vat hande. Eendrag maak mag.
Wel gedaan aan die wat dit reeds begin het.

JC ·

Uitstekend, dit is ongetwyfeld die toekoms veral vir ons afrikaners in heterogene SA waar ons voortbestaan as kulturele etniese minderheidsgroep bedreig word, geluk Eden Projek BOU SO VOORT!!

Asjas ·

As ek die Lotto wen gaan tree ek daar af en spandeer elke sent om dit te ontwikkel.

Marius Van Reenen ·

Jy het nie die lotto nodig nie, Ajas, net die wil om te oorleef, en omgee vir jou God, jou volk, en jou vaderland.
So maklik soos die.
Epos ons gerus by [email protected]

John ·

Hierdie is ongelukkig ‘n piramiede-skema van formaat gebou op Afrikaner versugtinge. ‘n Engelsman wat omgee vir Afrikaners. En kyk na sy agtergrond, dit spel net moeilikheid.
“Ag, come on man, how stupid do you think we are?”

Ashlee ·

Amen, ek stem. Maar lees ook die kommentaar van sommige. So, some of us are indeed stupid.

Stapskoen ·

Dis pragtige wereld daai en daar’s niks fout met ‘n Kibbutz-tipe plan nie. Maar prakties, 20000 mense op 2300 hektaar, dis 8.7 mense per hektaar. As ons afrond is dit ‘n vierkant van 33x33m per persoon om op te bly, kos te groei, vee aan te hou, water opgaring en riool. Tegnies seker moontlik, maar dit klink bietjie beknop vir my idee van ‘n paradys.

Dan, in jul video: 1) die foto van die man waarvan sy rug oopgesny is – dis ‘n foto uit ‘n Amerikaanse tronk, nie uit SA nie (http://www.snopes.com/photos/gruesome/kunsan.asp)
2) Na verwysing van julle foto’s van die Amish plaaswerkers – die gemiddelde Amish familie bewerk so 32 hektaar. Dit klop nie mooi met julle syfers nie.

So weg met die dom propaganda. Kry julle feite en planne reg, dan kan julle projek dalkies lewensvatbaar wees.

Marius Van Reenen ·

Jy besef natuurlik dat ‘n hektaar is 10,000 m2 ?
Met ander woorde, 8.7 mense per hektaar, dit is meer as 1000m2 per persoon….
Oorgenoeg, as jy dink dat daar ‘n 2 of 3 slaapkamer huis op 1000 m2 kan staan en ‘n gesin van 3-5 maklik en gerieflik kan huisves.
…..
Miskien moet jy jou calculator se batterytjies verander?

Anoniem ·

Marius, daar is niks fout met Stapskoen se calculator se batterytjies nie. Volgens Stapskoen is dit 33mX33m, so dit werk uit op 1089 m2, wat so bietjie meer is as 1000 m2.

Jy kan gemaklik ‘n 2-3 slaapkamer huis daarop sit, maar daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n huis opsit en nog jou kos ook daarop te groei.

Jy sal nie 20000 mense op 2300 hektaar kan onderhou nie

Stapskoen ·

Marius

Ek het nie ‘n sakrekenaar nodig vir basiese hoofrekeninge nie. My somme is reg, ‘n vierkant van 33x33m is immers 1089 m2. So julle wil ‘n hele nedersetting beplan, maar jy kon nie daai konneksie maak nie?

Boonop sy-stap jy baie gerieflik die kwessie dat nie net woonhuise grond gebruik nie, maar infrastruktuur ook. Dink paaie, landerye, krale, store en winkels, die dam . En moet tog nie die skietbaan en die kruithuis vergeet nie.

Maar genoeg spekulasie – wys ons gerus julle dorpsplan (en sommer julle water berekeninge ook) – dan kan die lesers darem volhoude vermaak kry.

dewald ·

Mooi man. Beplan net reg en steur julle nie aan negatiewe kommentaarnie. Dit kan werk. Hou dit net wit asb anders is daar probleme. Daar is baie witmense met die nodige “now how” wat dit n sukses kan maak. Met hulle geloof en hoop kan dit net groei. Sterkte. Moenie na die doemprofete luister wat alles net wil afkraak nie. Dit is die mense wat gewoonlik vir niemand iets gun nie en niks anders het om te doen as om alles af te skiet nie.

jaco ·

In die laat 1970’s en die 1980’s het selfs die regse Konserwatiewe Party die volkstaatgedagte verwerp en die NP het gesê dis rassisme. Almal wou agteroor by woon in hulle comfort zone en het of geglo dat die NP se beleid van hervorming en onderdeling met die ANC sou werk, of hulle het geglo die ‘n Konserwatiewe Party regering sou alles in SA regruk en hulle blanke bevoorregting verseker. NOU dat al hoe meer wit mense uiteindelik besef dat die nuwe SA nie werk vir wit mense nie en dat ons al hoe meer die slagoffers word van regstellende aksie, misdaad ens ens, stel al hoe meer belang in iets soos ‘n volkstaat of Orania. MAAR nou is dit te laat.
Wat ek voorstel is om te agiteer by die huidige ANC regering om wit mense se burgerskap weg te neem of formeel in wetgewing te verklaar dat wit mense minder regte as swartes het. maak dit wet dat ons net sekere soorte werk kan doen en wees radikaal en dwing ons om almal na die Wes-Kaap te verskuif. Die Wes-Kaap word dan ‘n wit tuisland met beperkte selfregering. Dit behoort te werk. Die Israeli’s doen dit met die Palestyne en selfs die ANC is ten gunste van ‘n eie staat vir die Palestyne. So doen dan dieselfde met SA se wit mense.

Jona ·

Jy meen die ANC moet met ons doen Wat ons met swartmense gedoen het: Ons het vir hulle tuislande en groot mate van selfbeskikking gegee?

Skipskop ·

En wat word dan van die duisende swart en bruin woongebiede in die Wes Kaap?

GES ·

Wel Orania werk. As hierdie nedersetting met dieselfde toewyding en disipline bestuur en bedryf word kan dit verseker werk. Deur die selfde model en geldstelsel te gebruik kan deur samewerking groot dinge vermag word. ….Hoor jy die magtige dreuning van ʼn volk se ontwaking …….

Peet J ·

Dit is alles goed en wel dat die Edom projek, organisasie van voornemens is dat slegs blankes geakkomodeer mag word. Om in te skakel by die projek wil ‘n mens vooraf weet of jy eienaar gaan word van jou eiendom wat dit ookal mag wees,m.a.w. gaan die akte aan jou toegeken word of gaan jy maar net as ‘n bywoner “(share -cropper)” geklassifiseer word. My persoonlike uitgangspunt is gebasseer op die feit dat my voorgeslagte gedurende die Anglo-Boere oorlog alles in hulle vermoë opgeoffer het om die ZARP met hulle bloed en sweet te verdedig en op beginsel daarvan sal ek sowel as ander Afrikaners, hoop ek, met absoluut niks minder tevrede gaan wees as om weer in beheer van ons eie land te wees wat op ‘n ongoddelikke wyse van ons ontneem is nie.

JC ·

Baie waar wat jy se Peet J, ek sien ons goeie vriend jaco, oikofobeet van formaat en skynbare leier van die (hopelik een vd dae stilgemaakte) seunse weenkoor het hom al weer uitstekend van sy taak gekwyt

JC ·

Baie waar wat jy se Peet J, ek sien ons goeie vriend jaco, oikofobeet van formaat en skynbare leier van die (hopelik een vd dae stilgemaakte) seunse weenkoor het hom al weer uitstekend van sy taak gekwyt!!!

Armando ·

Peet J, daar is geen manier dat ek op my ouderdom (76) aan so-iets sal deelneem nie, en ek het ook nie kinders nie. Daarom sal ek my nie te veel uitlaat oor die projek nie. Ek sou egter dink dat daar ‘n blyplek van ‘n soort moet wees voordat enige familie soontoe sal verhuis, ongeag die drome en versugtinge. Jy wil tog nie alles in ‘n groot karavaanpark ontwikkel nie. Maar ek sê jou in alle eerlikheid dat ongeag die prag van ons ou stad Pretoria, ek soos nou sou trek as ek 20 jaar jonger was. So 35 jaar sou net reg wees. Vir so iemand sou dit m.i. die ideale geleentheid wees.

Twyfelaar ·

As the old saying goes — too good to be true
Please supply name and erf number of farm as well as photo of title deed showing current owner / s
Applicable town and regional development laws and guidelines would also be helpful
Clearly one cannot go and “plak” 20,000 people on a piece of land without following formal legal procedures.
Not even under an ANC government !
ORANIA already had much of that in place following from the way it was first built.
( Vluytjeskraal water affairs P K le Roux Dam )
Where are your intellectual giants ( Prof Carel Boshoff )

snoefie ·

n paar mense gaan hare uit die kop trek oor pensioen /oudag geld wat weg is. ander gaan goedkoop arbeid wees.

Jaco Prins ·

‘n briljante plan Jacqui en Marius van Reenen. Ek glo een van die paaie vorentoe vir ons mense is om nuwe “City States” (almal in die kommentare kan dit gerus google) te vorm en alliansies te sluit soos in die “Hanseatic League”(Google dit sommer ook) om vrye handel met mekaar te dryf en mekaar te beskerm. Dit sluit aan by Afriforum se plan van nuwe stede met vooraf bepande “zoning” wette ens. om die foute van huidige stede te voorkom en ontwikkeling te stimuleer. Ek sou op ‘n manier probeer uitreik na jong Suid Afrikaners wat oorsee sit met kapitaal en graag terug wil keer na SA.

Buurman ·

Ja, dit kan gedoen word. Beginsel is goed en daar is redes daarvoor.

Marius Van Reenen ·

Enigiemand wat meer wil weet van die projek, kan ons gerus kontak by:
[email protected]
Vind liewer self uit alvorens jy besluit waaroor dit gaan.
Daarna, kan jy mos ‘n ingeligte besluit maak.

gatiep ·

Ek weet nie meer wat gaan werk of nie,al wat ek weet is wit is in die moeilikheid en ons sal moet plan maak om te oorleef in n land waar ons uit gedruk word en glad nie meer welkom is nie.

JC ·

Gatiep,, ek weet wragtig nie mooi van jou stelling van “wit is in die moeilikheid” nie.
Ek identifiseer ook nie as “wit” nie maar as AFRIKANER en “blank”.
Met alle respek, maar jy klink vir my soos een van daardie “moedeloses” wat net weer kan kla, want inteendeel; “wit” is besig om weer sy kop op te tel deur middel van BURGERREGTE ORGANISASIES soos Afriforum en ons ander KULTUUR ORGANISASIES wat boonop die regering verantwoordbaar hou en vergype en ongrondwetlike optrede stopsit. In ‘n neutedop, ons is besig on na ‘n sware 20+ jaar, en onlangse gebeure ook daartoe, besig om weer ons oemf!, trots en identiteit te herwin met ‘n hernieude waardering vir ons trotse gedkiedenis en ons en ander Afrikaanses se pragtige erflating AFRIKAANS en ons unieke plek in die wereld en Afrika as die enigste blanke (meestal, behalwe vir ONS trotse 3% Khoi bloed) stam van Afrika.
Ek stem dus met respek nie saam nie. Afrikaners en Afrikaans is bevonk!
ONS BLY MAAR ‘N STERK EN TROTSE VOLK, EN ONSTUITBAAR!

brenda ·

M.a.w; as jy nie geld het nie kan jy nie hiernatoe nie? Ek sal defnitief wou gaan aftree op n veilige plek; maar nou ja; staats pensioen kry jou nie vêr nie.

Juan Olivier ·

Dis sal goed wees as hulle ʼn ooreenkoms met Orania teken om by hulle te leer hoe om dit suksesvol te doen.

Takkie Takuuza ·

Dis nou oulik en als, maar julle gaan my moet verskoon. Die Karoo is nie in my bloed nie, dis vir my ‘n siels-uitmergelende lelike plêk. Ek weet vir die van julle wat dit smaak, is my opinie nou vloekwoorde, maar sorry jong, dis my opinie.

Armando ·

Wys my ‘n begin, iets met potensiaal, en ek sal trek, selfs nou op my oudag. Ek het ‘n paar sent.

Klaas ·

Nee dankie! Ek was te lank weg van al my Suid-Afrikaanse mede-burgers. Ek is dankbaar dat ek “kleurblind” geraak het. Daarby is daar geen manier dat ek my finansieël aan so n projek sal koppel nie.
Hier is te veel haat tussen Suid-Afrikaners! Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê – dis my maatstaf; wens elke Suid-Afrikaner wil ook hierdie maatstaf gebruik.

Dink mooi ·

Mense, julle moet maar mooi dink. Passop, dis al wat ek wil se, moenie julle hard verdiende geld weg gooi en later vir almal wil kwaad wees nie. En die van julle wat my wil aanvat, ek weet bietjie van meer.
Ja dis nie lekker om van al die moord en doodslag te hoor nie,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.