NRO wil Zuma se vervolging verhoed

Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (Foto: Jonisayi Maromo, ANA)

Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het Vrydag gesê ʼn nieregeringsorganisasie (NRO) wil voormalige president Jacob Zuma se vervolging verhoed.

“Die NRO het ʼn aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien. Ek en die NVG word as respondente in die saak aangedui,” het Abrahams aan die einde van sy perskonferensie, waartydens hy aangekondig het dat Zuma vervolg gaan word, gesê. “Ek het die staatsprokureur opdrag gegee om die aansoek teen te staan.”

Abrahams het nie die NRO se naam bekend gemaak of verdere besonderhede verskaf nie.

Hy het gesê Zuma is deur sy prokureurs in kennis gestel dat hy op 16 aanklagte vervolg gaan word. Dit sluit een klag van swendelary, twee aanklagte van korrupsie, een aanklag van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog in.

Hy het gesê Zuma het die bewerings teen hom ten sterkste ontken en hou vol hy het nie doelbewus enige misdade gepleeg wat in die klagstaat genoem word nie. Volgens hom is het die NVG egter Zuma se redes, waarom hy nie vervolg moet word nie, verwerp.

“Oor die feite van die saak, en in die belang van deursigtigheid, die belang van die gereg en die belange van die NVG, is ek van mening dat ʼn hof die behoorlike forum is waar hierdie kwessies aangeroer kan word en ʼn beslissing gemaak kan word. Ek is van mening dat daar ʼn redelike kans is om mnr. Zuma suksesvol te vervolg op die aanklagte teen hom.”

Mokotedi Mpshe, die waarnemende hoof van die NVG tussen 2007 en 2009, het die besluit gemaak om aanklagte teen Zuma te laat vaar. Die hooggeregshof het in 2016 beslis dat dié besluit irrasioneel was. Die hoogste hof van appèl het verlede jaar Zuma se aansoek om verlof tot appèl van die hoggeregshofbevel, van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Geurt ·

Oppas vir daai een. Shawn die skapie gaan agter daai aksie wegkruip!

What a joke! ·

Die NRO IS zuma homself ….probleem opgelos hy is vry…die Shaun ou wat n mamparra!Zuma se handpop, lyk ok soos een,siestog???

Veritas ·

Dié klink nou sommer na ‘n bogstorie. Van wanneer af kan ‘n nie-regeringsorganisasie, die besluit om te vervolg, teenstaan? Op gronde waarvan. Die hele ding is georkestreer om die NVG as onpartydig voor te stel terwyl ons almal weet dat Shaun en Kie, Zuma se manne is.

Sissie ·

Stem saam! Absoluut belaglik dat NRO dit kan teenstaan. Klink baie baie dodgy.

Cherokee ·

Ek is steeds nuuskierig waarom niemand ooit Mpshe aangekla het van misbruik van mag of misleiding of iets van die aard nie.

Paul ·

Ek het ‘n idee die instansie (NRO) mag dalk Thint wees, want hulle voel verontreg dat Zuma van die besluit om hom te vervolg in kennis gestel is, en nie hulle ook nie.

‘n Verdere interessantheid is ongeag die howe se uitpraak dat Mpshe se besluit van destyds om Zuma nie te vervolg nie, irrasioneel en verkeerd was, is hy nou soos ‘n steeks donkie en beduie dat hy nie verkeerd was met sy besluit nie.

Nou ja toe, die regters sê hy was verkeerd, maar hy weet nog steeds beter.

Paul ·

En dan wonder ek waar is Zuma se prokureur Michael Hulley? Dit sal nou interessant wees om te sien hoe hy vorentoe by als inpas.

Eddie ·

Ek hoop nie die NRO is net ‘n Spookorganisasie nie , dit klink vir my na ‘n Tydrek roete !

Anoniem ·

Uitstel, uitstel, uitstel… en dan hoop Zuma vir afstel.

Jy sal nie sulke speletjies kan speel as jy voor die Almagtige Regter se troon staan nie.

lewies ·

Anoniem jy is reg! Ek voeg net by as ek mag “Geregrigheid sal uiteindelik ook in SA seevier. Ons land het ‘n politieke verlede, ‘n hede ‘n toekoms en Hy wat regverdigheid liefhet en regeermag gee en wegneem sal oor ons toekoms besluit.

TLC ·

Shaun jy sit agter die hele ding jy het nog altyd die knie gebuig vir hom. Ek dink jul 2 het saam gespeel en nou gaan jul aanhou speel vir tyd. Kom CR sit nou iemand betroubaar in die pos………. oeps daar is mos nie iemand betroubaar in die glang nie gmpf

Oom Kalahari ·

Geldjies wissel alweer hande vir die sogenaamde NRO wat ek ook sal glo deur Shaun Abrahams geraadpleeg het voor sy klag uitspraak van Vrydag. Shaun het hierdie aangeleentheid aanhoudend met tyd gespeel sodat hul alle moontlike navorsing kon doen oor wat hul opsies mag/kan wees en dit verder met tyd kan speel op belasting betalers se geld. Mpshe is en was ook deel van die konkeling en hy moet ook aangekla word vir regsverydeling. Baie koppe sal rol as ‘n intensiewe ondersoek gedoen word en sien bankrekeninge, geld wat hande gewissel het ens. Hoop geregtigheid geskied en Gerrie Nel sal ingryp. SA se oe is op jou gerig.

Alida ·

Hy onderskat die wereld se inteligensie. Hy het geweet van die “NRO” tydens die afkondiging. Noem die naam. Hy lieg daar bestaan nie soiets nie.

Paul ·

Die storie loop nou al voortydig dat Zuma dalk te oud gaan wees om tronkstraf uit te dien. Nou wil sy regsspan die saak nog langer uitrek, moet dit opsigself en deurdat hulle dit doelbewus al die jare vertraag het, nie as baie verswarend dien nie? Hy is dan ook nog fiks en sterk genoeg dat hy van mening was dat hy sommer vir jare president kon wees. Jig maar hy is ook nog steeds korrup, hy stop net nie daarmee nie. Wat sê die wet, wanneer is jy te oud om vir jou sondes te boet. Zuma is nou 75 jaar oud, Bob Hewitt was 76 jaar oud toe hy vir 6 jaar gevonnis is. Is mens dan op ‘n stadium te oud vir tronkstraf, maar nooit te oud om misdaad te pleeg nie? Wat is die kriterium?

Paul ·

Lê die antwoord nie daarin dat ons regstelsel dit toelaat nie, moet die wet nie herskryf word om dit moeiliker vir daardies en hul prokureurs te maak nie, hul advokate? Nie om die pendulum na die een kant toe swaarder te maak nie, maar juis dat dit nie die een kant bo die ander (die regverdige) bevoordeel nie.

Dus maak dit moeiliker vir iemand om ;n krimineel te wees.

TLC ·

Ek het my debit order gestop aan afriforum maar ek belowe ek sal weer betaal as Gerrie Nel die 1 deurtrek want hul kom ook nie tot n punt nie

GES ·

Om lang storie kort te maak, ʼn gespeel vir tyd! Dit het tyd geword vir privaat vervolging. As dit so aangaan, gaan die boewe nooit in die hof veskyn nie.

Paul ·

Ou vriend, die NVG met Shaun aan die spits is nog steeds in die Zuma stal, nou éérs. Hulle wil die verloop van die wetlike proses bepaal, dit die bosse in vat, op ‘n dwaalspoor lei …. dis al rede waarom hulle nou die voortou neem.

Almal, ons, die DA, die verslaggewers, ook die rubriekskrywes, moet maar oë wydoop slaap.

Herman ·

Le beslag op al sy bates. Kontant in die bank inkluis en vrywaar hom van vervolging. Stuur hom Nkandla toe en dat hy daar in sy “firepool”sy oudag gaan verwyl. Waarom nog miljoene aan regskoste spandeer wat eerder meer konstuktief aangewend kon word vir bv. Onderwys. Enigeen wat dink dat hy ooit met sy agterstewe in die tronk gaan sit is of naief of verstaan nie hoe Afrika werk nie. Om hom enigsins te wil vervolg is n mors van kosbare tyd en geld.

Muffin ·

Die sogenaamde NRO is seker deel van Zuma se korrupsie.
Sal graag wil weet wie die persone van die NRO en wat hulle doen.

C.Maree ·

As dit die geval is kan Gerrie Nel vir Zuma vervolg en dan staan hy geen kans nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.