NSFAS-aansoeke sluit oor 26 dae

Voornemende studente in Limpopo wag om hul aansoeke vir finansiering vir die 2020-studiejaar in. (Foto: NSFAS/ Facebook)

Die nasionale skema vir finansiële bystand vir studente (NSFAS) het reeds 287 769 aansoeke landwyd ontvang met slegs 26 dae oor voordat die aansoeke op 30 November sluit.

NSFAS het Maandag in ʼn verklaring gesê studente wat beplan om by openbare TVET-kolleges te studeer het van 23 001 in Oktober tot 37 132 toegeneem. Uit die totale aansoeke tot dusver ontvang is 145 190 begunstigdes van Sassa.

Luidens die verklaring het KwaZulu Natal (85 367), Gauteng (58 950) en Limpopo (46 043) weer eens die meeste aansoeke ontvang.

Daar is ook reeds 775 aansoeke van studente met gestremdhede ontvang. Die fonds moedig studente met gestremdhede aan om aansoek te doen by die NSFAS-gestremdheidsfonds wat nie net befondsing tydens hul studie sal bied nie, maar ook ondersteuning.

“NSFAS is deurgaans in gesprek met verskillende plaaslike en provinsiale regerings waar daar min aansoeke is. Met hierdie verbintenisse kan NSFAS ondersteuning bied waar nodig om kwalifiserende studente toegang tot fasiliteite te bied,” lui die verklaring.

Studente wat kwalifiseer vir NSFAS-befondsing vir universiteit- en TVET-universiteitstudie moet aan die volgende kriteria voldoen:

  • ‘n Suid-Afrikaanse burger wees.
  • Beoog om by een van die 26 openbare universiteite of een van die 50 TVET-kolleges in 2020 in te skryf.
  • Uit ʼn gesin met ʼn gesamentlike jaarlikse huishoudelike inkomste van hoogstens R350 000 per jaar kom.
  • ʼn Student met ʼn gestremdheid is en uit ʼn gesin kom met ʼn inkomste van hoogstens R600 000 per jaar. Luidens die verklaring kwalifiseer studente met gestremdhede en studente wat begunstigdes van Sassa is asook diegene wat finansieel ondersteun word deur ouers wat maatskaplike toelaes ontvang, outomaties vir NSFAS mits die gesamentlike jaarlikse huishoudelike inkomste binne R600 000 per jaar val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

… ouers met finansièle toelaes wat minder as R600 000 per jaar is… op watter planeet? Hoe het Limp-popo skielik so baie leerders in afgebrande skole met matriekvrystelling? Tito is skynbaar al klaar besig om die kluts kwyt te raak tussen die studente… hoe gaan hy die res van die bevolking se dienste betaal?

James

Mag wit kinders aansoek doen? Nog almal wat ek gehoor het is as jy wit is is jou kan 5% om dit te kry. Ons betaal so baie belasting. En slegs so 20% van die NSFAS studente gradueer. Die res hou parties.

Judge Dredd

Die land het nie geld nie.
Nsfas gaan ook nog inmekaar tuimel – het meer as 13 miljard skuld laas toe ek hoor.