NSFAS: Assessering vir 2019-aansoeke afgehandel

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het Vrydag gesê hy het alle asseserings van die 2019-aansoeke van eerstejaarstudente afgehandel.

“Van die 417 000 aansoeke wat ontvang is, is meer as 300 000 studente goedgekeur, hangende registrasie by staatsinstansies vir kwalifikasies wat deur NSFAS gefinansier word,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê.

“Dr. Randall Carolissen, die NSFAS-administrateur, het in Desember 2018 versoek dat die 109 000 aansoeke, wat aanvanklik onsuksesvol was vir die 2019- akademiese jaar, hersien moet word. Ná dié proses, is meer as 60 000 van dié aansoekers, gevolglik finansieel geskik verklaar.”

Die organisasie het bygevoeg hulle het nog geprosesseerde aansoeke in die pyplyn en die getal onsuksesvolle aansoeke het tot 65 000 toegeneem.

“Daar is ongelukkig sommige studente wat onsuksesvol was, gebaseer op die inligting wat ons van kredietburo’s ontvang het wat betref hul huishoudelike inkomste,” het NSFAS Vrydag gesê. “Indien ʼn student die uitslag bevraagteken weens veranderinge aan die huishoudelike inkomste of Sassa-status, kan hulle appèl aanteken en die betrokke dokumentasie aan NSFAS stuur. ʼn Vorm is op die NSFAS-webwerf beskikbaar wat ingevul moet word en aan die finansiëlehulpkantoor gestuur moet word.”

Studente kan ook direk by NSFAS appèl aanteken deur die betrokke dokumentasie te stuur aan [email protected] Die sluitingsdatum om appèl aan te teken is 8 Maart 2019.

Studente kan by die myNSFAS-portaal inteken by www.nsfas.org.za om hul aansoekstatus te bevestig.

Aansoekers wat suksesvol was, sal die boodskap “Approved for funding subject to registration” sien; en aansoekers wat onsuksesvol was, sal die boodskap “Application unsuccessful” sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gert ·

Gratis universiteit is absoluut ondenkbaar vir ‘n finansieel gestremde derde wêreld land soos Suid-Afrika. In die eerste plek is skoolonderwys ‘n absolute mislukking, so jy sit met aansoekers wat heeltemal te laag opgelei is. Tweedens sit jy met erge armoede, waaraan die geld eerder gespandeer moes wees. Derdens het derde wêreld lande nie regtig werk vir gegradueerdes nie.
Net hier kan so ‘n swak besluit uiteindelik deurgevoer word.

Eddy ·

Wat ek nie kan verstaan nie…..almal will studeer en base wees en politieke wetenskaplikes word maar ons het n tekort aan loodgieters .Niemand wil meer hande vuil maak nie

John ·

… en net ‘n entjie verder kla ons steen en been dat geen werker tog ooit afgele moet word nie. Indien leerders en studente op ons geliefde -AS-e deur die lewe gly en nie diensbaar wil wees/word nie, hoe op aarde? Moet werkgewers hulle verder onderhou…

Snowball ·

Uiteindelik gaan die kraantjie net eenvoudig opdroog. Waarom is daar nie ten minste ‘n skema in plek waar, wanneer gratis universiteite of opleiding verskaf word, word terugberaling van ten minste net ‘n kwart van die koste van ‘n persoon se opleiding verhaal, nadat hulle graad gevang het, deur ‘n vorm van terugbetaling aan die staat nie; ‘n diensjaar kan bv ook werk? (As hulle druip/opskop, ook) Sodoende word geld ten minste genereer vir toekomstige studente. Nou kry hulle finansiering, druip of skop op en dis geld in die water, en uiteindelik geen opgeleide of afgestudeerde wat kan help bydra deur belasting te betaal nie. Êrens moet verantwoordbaarheid deel word van opvoeding, arm of nie arm nie.

Begin by die begin ·

Stem nie saam met gratis universiteit opleiding nie! Spandeer eers diè geld aan basiese skoolopleiding sodat meer kinders slaag op ‘n standaard wat hulle meer voorberei vir universiteit. Sorg ook vir moedertaalonderrig!!! En meer beroepsgerigte onderwys. Ons moet ons kinders beter toerus vir die dag as hulle skool verlaat! Spandeer geld by die begin. Nie die einde nie, dan gooi jy 70 % daarvan in die water deur druipelinge wat nie gereed was vir universiteit nie!

Barend ·

Almal wil so graag sê, I’m a student. Dis al waaroor dit gaan vir by verre die meeste van die aansoekers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.