NSFAS bestee miljarde aan onreëlmatige uitgawes

Randall Carolissen, NSFAS-administrateur.

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het in die 2018-’19-boekjaar kumulatiewe onreëlmatige uitgawes van R7,5 miljard aangeteken nadat die data van vorige jare hersien is.

Volgens Randal Carolissen, NSFAS-administrateur, was die kumulatiewe onreëlmatige uitgawes in die vorige boekjaar R303,5 miljoen.

“Dit is belangrik om te verstaan dat die kumulatiewe syfers tot Maart 2019 en die heraanpassing van die kumulatiewe syfers tot Maart 2018 spruit uit die vasstelling dat die omvang van die primêre bydraers ook verband hou met vorige jare.”

Carolissen het gesê dat verskeie faktore bygedra het tot die onreëlmatige uitgawes, waaronder oorbetalings aan studente, verskuiwing van geoormerkte fondse en verkeerde uitbetalings.

Betalings wat meer was as die kontraktuele bedrae het R284,7 miljoen beloop van die R303,5 miljoen se onreëlmatige uitgawes in die vorige boekjaar.

“Met die implementering van die studentegesentreerde model word studente slegs versoek om een keer te teken vir die duur van die kwalifikasie. Die bedrae wat op ’n aantal van hierdie kontrakte weerspieël is, is verkeerd deur die stelsel gegenereer.

“Dit het gelei tot die vorige jaar se ouditkwalifikasie, en NSFAS kon destyds nie die omvang van die uitbetalings bo die kontraktuele bedrae toereikend kwantifiseer nie.

“Alhoewel hierdie betalings meer as die kontraktuele bedrae was, was die bedrae wat aan studente betaal is, in ooreenstemming met die bedrae soos deur die onderskeie instellings geëis,” het Carolissen gesê.

Die ouditeur-generaal het bevind dat NSFAS geld wat vir historiese skuld geoormerk is (2013-’15), gebruik het sonder om die prosedure te volg om goedkeuring van die nasionale tesourie te kry.

Die historiese skuldfonds, wat beskikbaar gestel is ná ’n verslag van die presidensiële taakspan in November 2015, was bedoel om korttermynskuldverligting te gee aan ongeveer 72 000 studente wat tussen 2013 en 2015 tekorte gehad het.

Om verskillende redes het nie al die studente van die fonds gebruik gemaak nie en het die raad in daaropvolgende jare die oorskot goedgekeur om tekorte van geregistreerde, kwalifiserende en onbefondsde studente in die 2016- en 2017- akademiese jare te befonds. Dit is gedoen sonder die nasionale tesourie se goedkeuring .

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

La bla bla . Hierdie Administrateur??? Moet ontslaan word . Wanneer gaan wanbesteding end kry dit gaan net aan en aan en dan word hierdie ouens gewoonlik bevorder. Waar is die Betogers wat Universiteite afbreek nou om verantwoordelikheid te eis

Willie

Stel jou nou voor as dit so gaan met studiegelde, hoeveel te meer sal ñ nasionale mediese skema ñ finansiële ramp wees nie!

Ja swaer

Ok Randall, so jy wanbestuur die plek. So wat nou? ANC ??

colleen

Gaan kyk maar wie is die mense wat die verkeerde transaksies doen en foute maak. Kan hulle nie ook soos Eskom sommer dan iemand in die pad steek nie?

AB

Onreëlmatige uitgawes? Wanbestuur? In Suid Afrika? Kan nie waar wees nie!?