NSFAS betaal meer as ʼn miljard aan universiteite vir arm studente

studente

Foto: Argief

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het R1,3 miljard aan 26 openbare universiteite betaal om die registrasiegeld van behoeftige studente te dek.

Kagisho Mamabolo, woordvoerder van NSFAS, het gesê dié bedrag is sowat 15% van die totale begroting wat elke universiteit kan kry vir die inskrywing van studente wat vir die hulpskema kwalifiseer.

Mamabolo het gesê hulle verwag dat universiteite saam met hulle sal werk om te verseker dat die registrasie van gefinansierde studente glad verloop aangesien die regering die betaling bevestig het.

“Studente wat vanjaar terugkeer en wat in 2016 gefinansier is, hoef nie bekommerd te wees nie aangesien hulle outomaties in 2017 weer finansiering sal kry sonder om daarvoor aansoek te doen indien hulle die ooreenkomsvorm vir finansiële hulp geteken en minstens 50% van hul modules geslaag het.”

Mamabolo het gesê hulle glo dat geen enkele student wat reeds plek gekry het by ʼn universiteit weggewys sal word weens ʼn tekort aan finansiering nie aangesien meer as 160 000 studente se aansoek om finansiële hulp reeds goedgekeur is.

“Ons verwag dat studente regverdig behandel sal word en nie teen gediskrimineer sal word oor hul agtergrond nie,” het Mamabolo gesê.

Hy het gesê sommige studente het nog nie SMS-bevestiging van NSFAS gekry nie, maar aansoeke vir finansiering het wel nou amptelik gesluit.

Studente by kolleges het tot 14 Februarie tyd om hul aansoeke in te dien. Mamabolo het gesê NSFAS sal voortgaan om meer studente goed te keur. Hulle hoop om alle aansoeke teen 27 Januarie te finaliseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pik ·

Hoekom net universiteite sal reel dat my seun vandag begin klippe gooi om hom te help met geld vir sy ambag

zoom zoom ·

Net nog n mors van belasting geld. Hoeveel geld word verhaal as die kamptige klipgooiers nou klaar is met n jaar se vakansie op belasting geld.

Jean ·

EK wonder net of hulle na behoeftige blankes se kinders ook kyk, en of dit slegs ‘agtergeblewenes’ se kinders is wat hierdie meevaller gaan kan benut? Of gaan die ratio weer 99/1 wees? Hoekom moet die paar miljoen wat belasting betaal ALWEER hulle belasting aan die wat die minste belasting betaal afgee tot voordeel van net EEN GROEP?

snoefie ·

een van die dae werk ons net om te sien hoe ons aftrekkings ons inkomste verswelg het. ek se weer laat elke etniese groep net vir daardie groep se behoeftes aangewend word. sal sien hoeveel word dan gratis uitgedeel.

Emile ·

Dis darem ‘n lekker soustrein die.

Kinders wat kindertoelae ontvang kom outomaties in ag vir ‘n NSFAS beurs.

Kyk daarteenoor na Universiteit Stellenbosch se toelatingsbeleid:
Ongeag hoe jy gaan betaal, as jy blank is en meer as 90% gem behaal het word jy op grond van meriete toegelaat, maar…

As jy egter onder 90 % behaal en selfs die minumum toelatingsvereistes baie ver oorskry, kry jy egter ‘n zero-punt in elkeen van die ander kategoriee as jy:

blank is,
in ‘n oud-model C skool was,
jou ouers skoolfonds betaal het,
NIE ‘n maatskaplike toelaag ontvang het NIE,
jou ouers ook op universiteit was

want per die toelatingsbeleid word voorkeur gegee and Bruin-Swart-Indierstudente (BIS, US se term) wat aan die minimum toelatingsvereiste voldoen maar nie aan bg kriteria voldoen nie.

Eers nadat die BIS wat aan minimum vereistes voldoen geplaas is, word dan weer op meriete gekyk na blanke applikante.

En dan is dit juis van hierdie BIS studente wat geweldadige onluste begin, intimideer, vandaliseer en aandring op die afskaffing van Afrikaans.

Stellenbosch, O Stellenbosch, …

Lindie ·

Dit is erge diskriminasie! So asof dit nou ‘n las vir enige blanke kind is omdat hy in ‘n bevoorregte posisie is? So asof hy nou kon kies om blank en bevoorreg gebore te word net soos die ander wat arm gebore is….

Hans ·

Word die familie inkomste ens ouditeer om te bepaal of student werklik kwalifiseer vir studente finansiering.

Anel ·

As ek net 50% van my vakke deurkom, verbeur ek.my beurs. Ek moet my hele jaar deurkom om weer te kwalifiseer. Wat maak hulle beter as ek? Ek dan moet ek nod terug betaal ook!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.