NSFAS-dief se regspan wil appelleer

Sibongile Mani in die hof. (Foto: Skermskoot/eNCA)

Sibongile Mani, wat vyf jaar tronkstraf opgelê is nadat sy meer as R800 000 van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) op allerlei luukshede uitgegee het, se regspan wil teen haar skuldigbevinding en vonnis appelleer.

Mani, ʼn oudstudent aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU), is Woensdag in die streekhof in Oos-Londen gevonnis nadat sy vroeër aan diefstal skuldig bevind is.

Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die saak voorlopig tot 11 April uitgestel om Mani se regspan se appèl aan te hoor. “Die staat sal die appèl teenstaan.” Mani bly uit op borgtog.

Mani het gedurende 2017 honderde duisende rand verduister nadat R14 miljoen verkeerdelik in haar rekening inbetaal is. Die geld is verkeerdelik deur Intellimali, ʼn kontrakteur wat NSFAS se betalings behartig, oorbetaal.

Landdros Twanette Olivier het in haar uitspraak gesê Mani het die voordeel gehad om by WSU te studeer, was die begunstigde van ʼn voedseltoelaag gedurende 2016 en 2017, was die begunstigde van ʼn boektoelaag, was die begunstigde van verblyf in Oos-Londen en was bevoordeel dat NSFAS haar studiegeld befonds het.

“Daarom kan daar nie gesê word dat jy ten tyde van die voorval ʼn slagoffer van jou omstandighede was nie. Jy was die ontvanger van al hierdie voordele om jou opleiding te bevorder.”

Volgens Olivier het Mani elke dag vir die 76 dae wat dié geld in haar rekening gelê het, ʼn besluit oor haar toekoms geneem. “Jy was goed op pad om verder te studeer totdat jy hierdie besluit geneem het.”

Tyali het gesê Mani is ingevolge artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet gevonnis, wat beteken sy kom nadat sy ’n sesde van haar vonnis uitgedien het in aanmerking om die res van haar vonnis onder korrektiewe toesig uit te dien.

“Mani het nie die hof in haar vertroue geneem nie, aangesien sy geweier het om tydens die verhoor te getuig en gekies het om haar swygreg uit te oefen. Gevolglik het die hof hoofsaaklik op die getuienis van die staat staatgemaak om ’n oordeel te vel. Die hof het bevind die staat se getuienis en weergawe van gebeure is waar en betroubaar.”

Volgens Tyali het Mani tydens haar inkopietog onder meer alkohol, sigarette, baadjies en handsakke gekoop. “Sy het die geld in verskillende dorpe spandeer, wat bewys is dat sy die diefstal beplan het.”

Die staat het volgens Tyali tronkstraf versoek al het die twee voorvonnisverslae wat onderskeidelik deur die departement van maatskaplike ontwikkeling en die departement van korrektiewe dienste voorberei is, ’n opgeskorte vonnis of korrektiewe toesig aanbeveel.

“Die staat het aangevoer dat die misdaad gemotiveer was deur hebsug en nie behoefte nie. Die staat het verder aangevoer dat 585 verdienstelike studente weens Mani se optrede honger kon ly en sy meer skade kon aanrig as die fout nie agtergekom is nie. Sy het geen berou getoon nie, maar spyt. Die hof het met die staat saamgestem en tronkstraf opgelê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Magda ·

Appelleer hoekom, jy het geweet dit is nie jou geld ni, en hoekom swyg, dien Jo vonnis uit, en leer n harde LES.

Kokerboom ·

Sy sal NIE 5 jr sit en dan wegkom met 800000 in NET 3 maande verkwansel. Ek voel sy MOET ‘n gedeelte terugbetaal! Al neem dit 20jaar

AmY ·

Ek glo hulle het ‘n voorbeeld gemaak van haar, indien toekomstige studente dit dalk wil doen. Ek sou beslis die bank besoek het, as daar só baie geld in my rekening in betaal word.

Wondermaarnet ·

Speel weer vir tyd en wie betaal die regskostes? Sy is ‘n krimineel en klaar. As jy inkom vir studies het jy seker meer as een breinsel en kan jy somme maak, veral as jy rekeningkunde studeer. Sluit haar toe!

krodedil ·

Appelleer asb.
Dan kan dit 10 Jaar tronkstraf wees wat meer van pas is.

Boer ·

Hoekom het sy geappelleer, sy het goed geweet geld is te veel in haar rekening inbetaal sy kon dit met NSFAS ingelug het en dan is sy dalk nog ‘n goeie student. Sy moet dit net op die ken vat en haar tyd in die tronk gaan deurbring. As sy haar goed gedra sal sy nie eers vir 2 jaar sit nie en sy kan ook aanhou swat in die tronk want dit is deesdae die norm.

Anel ·

Pasop dat as jy appeller die hof gaan sien dat jy dink dat jy reg was, dat jy dink diefstal reg is en dat jy dalk ‘n swaarder straf kan kry. Sonder parool. Mense is al swaarder gestraf vir minder. Jy is veronderstel om bietjie intelegent te wees, daarom kon jy gaan studeer. Maar iemand soos jy sal ek nooit, maar nooit in diens neem of vertrou nie. Jy glo nou jy is verontreg en sal die res van jou lewe so voel. Geen simpatie vir jou nie.

Jr ·

Haar ligaams taal en politieke t hemp vertel vir mense alles. Arrogant en entitled tot alles. Ek en my vrou het 1.2 miljoen uit ONS EIE SAKKE betaal vir ons twee kinders se grade. Nie n dooie sent van die govt. En ek met my taxes het n gedeelte van hierdie kriminele brat se varsity betaal

Marcello ·

Dit word te maklik gegee, hulle werk mos nie daarvoor nie, my dogter moes alles insit om beurse by die Universiteit te kry, want sy het geweet en waardeer waar die geld vandaan gekom het. Dankie Vader vir so ‘n model kind/student. Tot vandag toe werk sy mooi met haar geld, want sy verdien dit self.

Nie Verbaas ·

Sy het die geleentheid gehad om dit reg te stel maar eerder besluit om haar te vergryp met geld wat nie aan haar behoort nie. Laat sy maar vir haar kry. Wat gaan hulle gebruik as geldige punt vir appel? Eish?

Benita ·

Hierdie lady het omtrent ‘n attetude. Gevoude arms, dis my reg om dit te gebruik. Ek kan nie help dat julle dit verkeerdelik in my rekening inbetaal het nie.

marius ·

Geen getuienis en sy wil appeleer teen die skuldig bevinding ?

AndrewL ·

Die enigste wenners is soos gewoonlik die regsmense wat die saak nou melk.

Misky ·

Verdubbel daai straf asb, Landdros Olivier was genadig. Laat sy ‘n ordentlike straf en les leer en daai swak houding verloor.

AW ·

Natuurlik !!!

Kan maar net Nié, Verantwoordelikheid neem Nié !!

Agtogwatnog ·

Die geld was gespandeer nie verduister nie. Sy het nie bedrog met die geld gepleeg nie, sy het die geld in haar rekening gesien en mal gegaan, ongeag van die feit dat dit foutiewelik in haar rekening in betaal is. Ek is seker dit sal meeste mense tot tydelike waansin dryf as jy nie gewoond is aan sulke bedrae nie en skielik val dit in jou skoot. Sy was verkeerd ja.
“Verduistering is diefstal van bates wat aan ‘n ander persoon toevertrou is deur die persoon aan wie die bates toevertrou is”.
Die persoon was nie in n mags posisie waar die bates of geld aan haar toe vertrou is nie. Die geld was verkeerdelik in haar rekeing geplaas. Dit was nie in goedere trou aan haar oorhandig vir bewaring of ter bemiddeling van die fondse nie.

annie ·

Wag net totdat ‘n lektor haar per ongeluk swak punte gee in die eksamen dan is sy reguit na die rektor en die Human Rights-kantore…

Dup ·

INDIEN sy ooit in die tronk sou beland,sal dit nie n lang verblyf wees nie.Sy het nie verniet met gevoude arms en geklee in ñ politieke t-hemp in die hof verskyn nie.Haar kader vriende sal daarvoor sorg dat sy gou weer kan begin “inkopies” doen.Dan wag daar seker ook ñ senior pos in die regering vir haar.

Maritza ·

Verstaan nie hoe sy se sy was ‘n “slagoffer” nie? Sal nie wil he sy moet my boeke doen nie

Aanhouer ·

Kriminele opportunis. Dis wat jy is. Sal nie nog adverteer dat ek ANC is, as ek jy is nie. Mag miskien net langer sit.

DieKriek ·

Die amper 200 kommentare op Facebook vertel n duidelike storie. NIE EEN kommentaar van ons meerderheidsbevolking glo dat sy vervolg moet word nie.

Di ·

Hulle sal want hulle word so groot gemaak – Hulle VERDIEN als, previous disadvantaged! Nou moet als op ‘n skinbord gegee word en ONS moet dit betaal

TO ·

Eerstens hoop ek die een wat die “foutjie” gemaak het word oom aangekla. Regtig soveel geld vir ‘n student oorbetaal tweedens is 5 jaar hopeloos te min vir haar. Sy het goed geweet dis nie haar geld, maar dis SA net ‘n tap op die skouer en daar gaan jy

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.