NSFAS gee studente nog ʼn kans vir aansoeke

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) sal studente een laaste kans gee om vir finansiële hulp aansoek te doen nadat sy webwerf die afgelope tyd deur duisende aansoeke oorstroom is.

Die aansoektydperk vir finansiële hulp aan studente vir 2017 het op 30 November gesluit nadat dit aan die begin van Augustus geopen het. Donderdag, net 15 dae nadat aansoeke gesluit het, het NSFAS egter aangekondig studente sal in Januarie nog ʼn kans kry om aansoek te doen.

Msulwa Daca, die uitvoerende hoof van NSFAS, het gesê die tweede en laaste kans vir aansoeke sal van 9 tot 14 Januarie oop wees vir studente wat by TVET-kolleges wil studeer en van 9 tot 20 Januarie vir studente wat by universiteite wil studeer.

Volgens Daca het NSFAS se webwerf op 28 November, twee dae voor die sperdatum vir aansoeke, 48 500 unieke besoekers gehad, byna dubbel die vorige rekord. “In die afgelope 30 dae het ons meer as 7.9 miljoen bladsyvertonings en 435 096 unieke besoekers op ons webwerf gehad,” het Daca gesê.

Hy het verduidelik die aanlyn-aansoekportaal het te veel gebruikers van tussen 4 000 en 5 000 op een slag gehad. Dit het daartoe gelei dat die webtuiste stadig was en met tye onbeskikbaar. “Ons het ook ʼn baie hoë volume e-posaansoeke ontvang, in die omgewing van tienduisende, maar ons stelsel het nooit ineengestort nie,” het hy gesê.

Volgens Daca is die totale begroting van NSFAS vir die 2017 akademiese jaar R14 miljard, vir beide universiteite en technikons. Hy het alle jongmense wat die eerste aansoektydperk misgeloop het, aangemoedig om van die tweede geleentheid gebruik te maak en so gou as moontlik hul aansoeke in te dien.

Hy het ook die departemente van maatskaplike ontwikkeling en basiese onderwys bedank, wat ʼn databasis verskaf het om aan te dui watter jongmense vanjaar die matriekeksamen geskryf het en wie van hulle op die databasis vir maatskaplike toelaes verskyn.

“Soos die regering reeds gesê het, sal matrikulante, wat tans ʼn maatskaplike toelaag ontvang en by ʼn instansie van hoër onderwys aanvaar word, nie ʼn middeletoets hoef te slaag om finansiële ondersteuning by NSFAS te ontvang het nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lance ·

Buig lekker agteroor …dink hulle gaan die mense softsoap wat wil ontwrig breek en brand …not gona work !

snoefie ·

altyd uitstel. …. kom maar weer….. kom ons pas die punte aan …… geen wonder hulle het redpek vir niks en niemand nie. groei n paar nsfas. maak jou rug styf. sluitingsdatum is sluitingsdatum.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.