NSFAS het SA ‘in die steek gelaat’, sê Scopa

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: NSFAS, Facebook)

Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) het Woensdag gesê die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) het Suid-Afrika in die steek gelaat.

“NSFAS is geteister deur korrupsie veral deur werknemers wat op ʼn bedrieglike wyse leengeld geneem het en die regering het boonop ineengestort,” het Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van die komitee, in ʼn verklaring gesê.

Die komitee het ook ʼn verslag van South African Express (SA Express) verwerp en sy kommer oor die mynmaatskappy Alexkor uitgespreek.

Dié drie entiteite het vandeesweek met Scopa vergader om te verduidelik hoekom hulle nie hul jaarverslae vir 2018-’19 ingedien het nie. Hoewel NSFAS ʼn datum gegee het wanneer hy beplan om sy verslag in te dien, het SA Express en Alexkor nog nie aangedui wanneer hulle hul verslae gaan indien nie.

“Die komitee is van mening dat die vorige NSFAS-direksie Suid-Afrikaners in die steek gelaat het deur toe te laat dat die entiteit só ʼn punt bereik. Die entiteit is tans onder administrasie en kon nie sy jaarverslag betyds voorlê nie,” het Hlengwa verduidelik.

Volgens Hlengwa het Scopa die verslag van SA Express verwerp waarin dit ʼn onbevredigende uiteensetting gegee het oor hoekom die onderneming nie finansiële jaarstate ingedien het nie.

Volgens Scopa het hy verneem dat SA Express ʼn brief van die regering ontvang het waarin die onderneming van ʼn fondstoekenning van R300 miljoen ingelig word. Die komitee het gesê hy kan dus nie ʼn vertraging in die regering se finansiële reddingsaksie aanvaar as ʼn verskoning dat SA Express nie sy jaarverslag kon voorlê nie.

Hlengwa het gesê die komitee sal vergaderings byeenroep om die aard van sodanige fondstoekennings by staatsbeheerde ondernemings te begryp veral met betrekking tot die hantering van die oorsaak van finansiële probleme.

Die komitee het kommer uitgespreek oor die haglike situasie by Alexkor wat tans ook onder administrasie is.

“Alexkor het hoë skuldvlakke en geen kans om daardie skuldeise na te kom nie,” het Scopa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

waarheid ·

Is nie verbaas nie – is julle?
S A regering het die hele S A in die steek gelaat – nie net hierdie lot nie!

Peet ·

Nog een van die trogskeppinge van die ANC. Deel van die inisiatiewe wat “dumbing down” ondersteun. Die fondse is vir gebruik van kaders.

Joubert ·

Watter nasionale skema het Suid Afrika nog NIE in die steek gelaat nie?

Ok miskien die Gautrein. Ek hou nogal van die Gautrein. Ek betaal sommer vir nog twee jaar belasting!

Feite ·

Suid Afrika sal nooit weer op die pad van herstel kom nie, omrede Suid Afrikaanse ANC kaders orals aangestel word met een doel voor oe en dit is om met die verswelging in getalle en korrupsie hulself so te verryk dat vervolging so n byna onmoontlike taak geword het, dat vervolging ook deel geword het van selfverryking deur korrupsie. Die uiteinde is dat korrupsie gelde nie verhaal kan word nie en daar bloot geen ander uitweg is as om die gelde af te skryf nie! Die realiteit van die korrupsie en misdaad situasie in SA is, dat wanneer die inkomste bron vir korrupsie uitgeput raak en die situasie sy versadigingspunt gaan bereik, n geweldadige rewolusie om die spoor van korrupsie te vernietig, deur die ANC rewolusionere korruptes georkestreer gaan word en die massas daarvoor gemobiliseer sal word. Kapitalisme, westerse invloed en anti-rewolusionere weerstand teen transformasie sal geblameer word, n taktiek wat reeds deur ANC kaders in politieke kringe ontplooi word!

Projeksie ·

Kan die slimmes vir ons sê wanneer ons dag zero gaan ervaar en wanneer die grafiek die grond gaan tref. Dit is wanneer salarisse nie meer betaal ssal word nie en annargie dus sal plaasvind. Kan iemand n aanduiding gee. Dankie.

Johan ·

Kan die Regering nou wraggies nie eers één ding sonder korrupsie aanpak nie?

Projeksie ·

Kan die slimmes vir ons sê wanneer ons dag zero gaan ervaar en wanneer die grafiek die grond gaan tref. Dit is wanneer salarisse nie meer betaal ssal word nie en annargie dus sal plaasvind. Kan iemand n aanduiding gee. Dankie.

John ·

Tito haal uit die Bybel aan, maar die regering doen self nie wat daarin staan nie, of is die prekie gerig op die gewete van die klompie wit Christene se Samaritaanse-skuldgevoelens? Daar is ook ander versies in die Bybel. Miskien kan die kerklikes wat so hand-om-die-hart met die kaders loop… soos Tutu… hulle daarop wys… veral dat die ANC se opdrag-liedjie, God bless Africa, nie eens ‘n black hole kan bereik nie… wat nog opdrag gee aan die Skepper.

HPV ·

Die waarheid is, die ou NP end die ANC regime het Suid Afrika in die steek gelaat. Die ANC se dag kom egter net soos dit vir die NP gekom het.

humor ·

Jerry j y sien dit absoluut korrek.Hierdie aaklige werklikheid wat reeds alles oorheers sal eenvoudig ons toekoms wees.

AJ. ·

Wys ons een van die ANC. se projekte wat n` sukses was of is. Almal is dood gebore agv. Korrupsie binne die ANC.

Right said Fred ·

Wat anders kan ‘n mens van ‘n regering verwag wat korrupsie met moedersmelk ingekry het?

Christa ·

SA het in n welsynsland verander. Waar is die tyd wat jy Moes presteer vir beurs. Nou Gaan almal universiteit toe net vir die lekker en dink oral Kan bakhande gestaan word. Daar is gesegde ” God help those who help themself”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.