NSFAS kort R10 miljard

Groot kommer heers oor die tekort van sowat R10,1 miljard in fondse by die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Dit is ʼn skerp toename in die tekort wat verlede jaar aangemeld is.

NSFAS het boonop verlede week in ʼn verklaring bekendgemaak dat hy die registrasietydperk vir finansiering tot 21 Januarie verleng het. Dit terwyl 600 000 aansoeke reeds van studente aan 50 TVET-kolleges en 26 universiteite ontvang is.

Luidens die verklaring is minstens 505 820 van dié aansoeke studente wat vir die heel eerste keer vir NSFAS-befondsing aansoek doen.

NSFAS het vanjaar ook sy aansoekportaal sodanig vergroot deur studente wat vir die eerste keer aansoek doen en wat Sassa-begunstigdes is, onmiddellik in kennis te stel indien hul aansoeke suksesvol is.

“Tot op hede is 182 567 aansoekers reeds in kennis gestel dat hulle in aanmerking kom vir die befondsing. Aansoeke van studente wat nie Sassa-begunstigdes is nie, sal nou hanteer word. Hulle sal antwoorde ontvang sodra hul inkomste geverifieer is,” het Kagisho Mamabolo, NSFAS-woordvoerder, gesê.

Volgens die DA is die NSFAS-finansieringsmodel nie in staat om meer aansoeke as in die verlede te hanteer nie. Die party sê daar was verlede jaar reeds ʼn tekort van R6,8 miljard in fondse aangemeld.

“Die DA doen ʼn beroep op Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, om oop kaarte te speel oor hoe die begrote R43 miljard bestee gaan word om soveel studente as moontlik te kan akkommodeer en hoe hy beplan om die tekort van R10 miljard te finansier,” het Chantel King, die DA se skaduminister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, gesê.

Sy sê die party eis ook dat Nzimande moet verduidelik hoe volhoubaar die huidige NSFAS-befondsingsmodel is en watter aanbevelings gemaak kan word om dié model te verbeter.

“Met ’n krimpende belastingbasis en verminderde ekonomiese groei, moet ’n volhoubare plan vir studentefinansiering ingestel word. Ons het reeds die afgelope paar jaar gesien hoe onrus by hoëronderwysinstellings opgevlam het weens onvoldoende befondsing.”

King voer ook aan dat die verlenging van die NSFAS-registrasietydperk onrealistiese verwagtinge skep vir studente wat vir die eerste keer vir die befondsing aansoek doen. “Dit kan lei tot soortgelyke onrus as wat ons in die verlede gesien het.

“Die DA beveel ’n enkele aansoekstelsel aan wat alle weë vir hoëronderwysbefondsing op ’n enkele platform insluit, wat finansiering van die private sowel as openbare sektor ingesluit. Dit sal ’n mate van druk op die openbare fiskus verlig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Dit moes in die eerste plek nooit toegestaan gewees het nie, die geld word vir alles behalwe studies, verblyf en kos gebruik en dan toi toi hulle boonop by die instellings wanneer die staat die maandelikse toelaes laat betaal. Geen wonder dat daar soveel studente aansoeke is vir R3000.00 + per maand gratis toelae nie. Dis om van te kots.

Mariana ·

Wel as daar nie geld is nie dan kan hulle nie studeer nie en moet hulle elders gaan hulp soek. Dit is elke jaar dieselfde storie en die beloftes wat nou nie nagekom kan word nie is legio. Dankie Zuma , dankie ANC. Julle het julle werklik goed van jul taak gekwyt. Ons beweeg nou vinnig in die rigting van totale bankkrotskap, agv julle wat die land in die grond in bestuur. En dis nie asof dit ophou nie, nee dit gaan elke dag net nog verder. Miljarde word aan snert bestee en daar is miljoene wat bakhand staan en wag…..

Jacobus ·

Die ANC regering het homself in n diep diep gat in belowe waaruit hy, die ANC, nie maklik en ongeskend gaan kom nie. Hoe vinniger hierdie regering tot n val kom hoe beter.

Anel ·

En ons sukkel nog steeds met ons seun se studiegeld. Alhoewel hy beurse gekry het vir sy klasgelde was sy verblyf die meeste. Hy het elke jaar met onderdkeiding geslaag, tot sy meestersgraad. En hierdie lot demand net en hoeveel van hulle voltooi wel hulle studies? Wonder waar die geld vandaan moet kom vir hierdie lot om soos konings te lewe. En dan is daar soveel verdienstelike kinders wie se ouers dit ook nie kan bekostig nie, maar ook nie kwalifiseer vir hierdie vergunning nie, baie keer net omdat hulle nie swart is nie!!!

Jessey ·

As geld net uitgedeel word, sal daar altyd nog hande wees wat bak staan, en daar sal altyd te min geld wees. Meer as 20% tekort? Nope iemand weet nie hoe om die geld te beplan, the kwalifiseer of te hanteer nie. En dis maar die begin vd jaar. Teen November is die tekort dubbel soveel

Renier ·

Hoeveel van die vorige jare se studente het wel hulle studies voltooi?

Di ·

Daar moet riglyne ingestel word dat wanneer ‘n student ‘n jaar druip verval sy beurs. Daar is hordes van hulle wat daar sit net vir die gerief daarvan, geen verantwoordelikhede want als word betaal. Van boeke, behuising en maandelikse toelae om hulle noodsaaklikhede mee aan te koop. Land van melk en heuning vir “our people”. Die voorheen benadeeldes ruk nou heentemal handuit met al hierdie “freebies” wat versoek word.

Yolandie ·

Ons kan ontmoontlik nie die studies van alle jeug in die land befonds nie. Watter deel vd stelling verstaan die studente nie. Dit is tyd dat student se prestasie gekoppel word aan die hulp verlenings fonds…..wat bedoel ek daarby. Jy word gehelp finansieel in jou 1ste jaar as jy dit slaag, dan befonds die skema die 2de jaar ens. Dit wil voorkom asof die jeug by naskoolse instansies gaan studeer vir die fondse eerder as die kwalifikasies…….en dit traak hulle blykbaar ook min hoe lank hulle daar is. As ‘n kwalifikasies ‘n kurses is vir 4 jaar dan moet dit in 4 jaar voltooi word. Dis tyd dat die vereistes vir ontvang bietjie verskerp word met resultate. Nie ‘n klomp slapgat studente wat net uithang by instansies vir gratis verblyf en kos nie!!!!!!

SomeOne ·

“Met ’n krimpende belastingbasis en verminderde ekonomiese groei,”
laat die klomp wat hul “tuck shops”, kafees, shebeens en taxis het ook hul deel bydra, maar te veel is toegelaat in die land wat net bakhand staan en ” demand”, gratis skool, universiteit, medies en nog meer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.