NSFAS ontken gerugte oor studiehulp

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het Donderdag gesê hy sal nie aansoeke vir die 2018 akademiese jaar heropen nie, maar sal saam met tersiêre onderriginstansies werk om studente by te staan wat nie betyds aansoek gedoen het nie.

Suid-Afrikaanse universiteite skarrel tans om die toename in studente te hanteer wat na die instansies stroom om te registreer nadat die regering aangekondig het dat armes van vanjaar gratis sal kan studeer.

Suid-Afrika se 26 openbare universiteite hou vol hulle sal nie aansoekers wat op die laaste minuut net opdaag aanvaar nie ten spyte van die EFF wat matrikulante aanmoedig om dit te doen.

NSFAS-aansoeke vir hulpverlening aan studente wat aan openbare universiteite of een van die 50 tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) wil studeer, het op 1 Augustus 2017 geopen en op 30 November 2017 gesluit.

“Ons neem kennis van verkeerde inligting wat die ronde doen dat NSFAS-aansoeke van 3 Januarie 2018 weer sal heropen. Hierdie inligting kom nie van NSAFS af nie,” het die skema in ʼn verklaring gesê.

“NSFAS sal nie die aansoeke vir 2018 heropen nie, maar sal saam met die instansies van hoër onderrig help met studiehulpbesluite vir studente wat aansoek gedoen het vir toelating tot ʼn tersiêre instansie, maar nie vir NSFAS of ander hulpverlening aansoek gedoen het nie.”

Teen 1 November 2017 het NSFAS, met ʼn teiken van 200 000 aansoeke, meer as 130 000 aansoeke ontvang.

In 2017 het NSFAS R12,4 miljard se hulpverlening aan universiteite sowel as TVET-kolleges bestee wat 34% meer is as R9,2 miljard wat in die vorige akademiese jaar bestee is. NSFAS het verlede jaar altesaam 451 507 studente ondersteun, 9% meer as die 414 949 studente in 2016.

Van hierdie studente het 225 950 aan universiteite studeer met studiehulp van R10,3 miljard, terwyl 225 557 aan TVET-kolleges studeer het met studiehulp van altesaam R2,1 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

hoe vreemd! die kollonialiste word veroordeel en het net skeg ns SA gebring. maarvdaar sal weer menige mense vertrap word deur die anti-kollonialiste om gratis en mahala by die kollonialistiese instellings chaos te saai.

House ·

@snoefie, blykbaar het die ‘kollonialiste’ jou absoluut niks gehelp nie.

Anna ·

Miskien moet jy eers lees wat jy geskryf het want dan sal jy sien dat dit absoluut niks sin maak nie.

Wonder maar net ·

Ek wonder hoekom kan hulle nie ALLE #fees must fall# toepas in alle laerskole en hoerskole ook nie. Hoekom mag daar net gekyk word na sekerre gratis onderrig? Ek se ALLE skole moet ook gratis onderwys en gratis geleerdheid kry. Nou se die skole dat dit hoeer onderwys kan verseker maw die skoolgelde wat ek en jy betaal gaan na die onderwyssers se bankrekeninge toe? Nou maar waarvoor betaal die staat hulle dan n salaris as die salarisse uit die skoolgelde betaal word? Dis absoluut dagligrowery eerlikwaar!. Eks geregtig op my opinie. Se maar net.

LOL ·

Wonder maar net jy is regtig oningelig. Skole het 2 verskillende tipes onderwysers. Sommiges is Beheerliggaam poste en ander weer Departementaal. Met ander woorde die skoolbetaal die salarisse van die Beheerliggaam poste en die staat betaal die salarisse van die Departementele poste. Onderwyesers kry regtig nie baie geld nie en beheerligaam poste word maklik net die helfte van n departementele pos betaal, hang af natuurlik van die skool. Die skool nie nog onderwysers aan te stel nie maar dan is daar so 70 of 80 kinders in elke klas met een onderwyser. Sal jy graag wil he dat jou ou besondere spesiale bloeitjie in sulke omstandigehede wil skoolgaan? I don’t think so. Daar is wel skole wat jy glad nie skoolgeld betaal nie en 100% deur die staat gesubsideer is maar soos jy vir jou self kan dink is dit nou nie die skole wat vir my en jou kind gebou is nie. O ja en wie dink jy betaal jou ou kindjie se water, elektrisiteit en ander goedjies soos toiletpapier en instandhouding van die skool? Skoolgeld is baie belangrik. Vra ook maar bietjie rond by jou plaaslike skole hoeveel van hulle sit in n finansiele verknorsing as gevolg van die meerderheid ouers wat nie skoolgeld betaal nie Jy is geregtig op jou opinie ja, maar doen net eers bietjie huiswerk voordat jy sulke oningelite stellings maak. Se maar net.

LR ·

Gee vir al die inloopstudente zuma se no en adres dat hulle daar kan inloop en geld vra vir studies.

Eish ·

Die hool se perez het voorwaar n kat in die hoederhok losgelaat met sy dramatiese aankondiging by Necrek. Die universiteite weet nie daarvan nie, geen siel weet daarvan nie.
NSFAS rep geen woord daaroor nie. Maar verniet sal dit wees!

Stella ·

Wonder maar net, departement gee soms slegs 1 onderwyser vir 100 leerders. Skole stel ekstra onderwysers aan om getalle te beperk per klas. Gaan studeer 4jaar en bied u dienste gratis aan dan kan u kind(ers) dalk gratis onderrig ontvang of u kan hul dalk self onderrig. Ek is geregtig op my opinie. Sê maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.