NSFAS se belofte vir befondsing in 2021 is ‘onrealisties’

AfriForum Jeug beskou die onlangse aankondiging deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) dat hulle vanjaar alle studente wat bewyse kan lewer dat hulle vir befondsing kwalifiseer met finansiële hulp sal bystaan, as ’n onrealistiese onderneming.

AfriForum Jeug is tans in ’n hofgeding met NSFAS gewikkel nadat die hulpskema verlede jaar befondsing aan sowat 5 000 goedgekeurde studente onttrek het. Die jeugorganisasie verteenwoordig 130 studente wat bewyse kon lewer dat hulle onregmatig van hul befondsing ontneem is. Dié saak word op 14 April 2021 in die Kaapstadse hooggeregshof aangehoor.

Studente wat in 2020 sonder finansiering gelaat is, kan steeds nie hulle skuld vereffen of voortgaan met hul studies vir 2021 nie. Hulle sukkel voorts ook om uitbetaalde geld aan die hulpskema terug te betaal, wat weer tot gevolg het dat die skema nie hierdie fondse kan aanwend om nuwe aansoekers finansieel te help nie.

“NSFAS kan steeds nie antwoorde gee oor waarom studente se befondsing in 2020 onttrek is nie, maar maak reeds beloftes in 2021 dat hulle vanjaar wel met finansiering sal kan help,” sê Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug. “Daar is geen waarborge dat NSFAS nie weer hierdie jaar, soos verlede jaar, gaan teruggaan op hulle belofte aan studente nie. Dus is NSFAS nie in die posisie om onrealistiese verwagtinge by studente te skep nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JM ·

Selfs die 30%-ters glo hulle kwalifiseer vir universiteitsopleiding. Nie almal is ernstig oor tersiêre studies nie, maar gaan net om op te stook, te verwoes en te verbrand. Intussen moet die regering uithaal en wys, geld wat daar nie is nie. Daar bestaan nie iets soos “gratis” nie: iemand betaal daarvoor. Hierdie tendens is onvolhoubaar en gaan die landsekonomie oor die afgrond stoot.

Moedeloos ·

Hoekom moet daar gratis na-skoolse studiegelde wees. Hanteer dit soos n lening. As jy nie die jaar presteer nie sorry dan kry jy volgende jaar niks en jy moet die vorige jaar sin terugbetaal al neem dit 100 jaar, Dis tyd dat mense besef dat daar nie bome is wat geld dra nie. Jy moet werk vir dit wat jy kry.

pompies ·

30%ters en kaders het geen “common sense” nie. Maar dit was n koebaai geskenk van ene Zuma voor hy weggejaag is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.