NSFAS-student van diefstal aangekla

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel word wat ʼn balans van meer as R13 miljoen na bewering in die student se rekening toon. Foto: Twitter

ʼn Saak van diefstal is by ʼn polisiestasie in Oos-Londen oopgemaak in verband met die oorbetaling van R14,1 miljoen aan ʼn student van die Walter Sisulu-universiteit.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê IntelliMali-beamptes het Dinsdag ʼn klag van diefstal aanhangig gemaak.

IntelliMali is die diensverskaffer wat die toekenning van fondse by Walter Sisulu-universiteit bestuur namens die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS).

“Die saak is toegeken aan ʼn ervare ondersoekbeampte en die standaard ondersoekprosedures sal nou gevolg word,” het Mills bygevoeg.

Die geld is in Junie aan die student oorbetaal. Die student, wat glo slegs R1 400 moes ontvang het, voer aan sy het die transaksie aangemeld, maar niemand het haar gehelp om dit reg te stel nie. Sy het na bewering ongeveer R800 000 van die geld gebruik voor die fout uiteindelik verlede maand opgemerk is.

Die departement van hoër onderwys en opleiding het gesê die fout, na bewering deur ʼn diensverskaffer by die universiteit, het gebeur tydens ʼn betaling aan 3 500 studente by die instansie.

Die fout is eers opgemerk nadat ʼn strokie van die banksaldo deur ʼn vriend van die student gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Zoro ·

Ja gooi n stuk wors in n honde hok en verwag hy moet lê en kyk na die wors. Hoe is dit moontlik dat dié in betaling nie deur FICA wetgewing rooiligte laat flikker het nie. Betaal n R100 in by die bank en kyk al die twaak wat jy moet deur maak. Die betrokke bank moet ook verantwoordelik gehou word vir die gemors.

Riana Swanepoel ·

Hoe lyk hulle boekhouding as niemand so massiewe fout raaksien nie?

LK ·

Dis ‘n antwoord wat ek eerder nie wil hoor nie… Jou hare sal penorent staan….

Elsabe van der Westhuizen ·

Net ‘n vragie: Wat gebeur met die persoon wat die oorbetaling gedoen het?

Marie ·

Sal ek ook graag wil weet. Ek stem nie saam met die dat student nie verder moeite gedoen het om onreelmatigheid aan te meld, maar ek hoop sy kry ‘n goeie prokureur.

Pastoor ·

Om R 800 000 so gou te blaas wil gedoen word. Dit bly steel punt

Eier ·

Sy het die transaksie aangemeld, maar spandeer nogsteeds R800,000?…hahaha, wat ‘n grap

MeisieMens ·

Presies my gedagtes Eier… En sy moet punte kry om so bedrag geld in so kort tydjie te spandeer… Goeie werk!

Tammy ·

Dis n feit, So groot bedrag sou die volgende dag op n rapport uitgegooi het by die bank en
onmiddelik ondersoek word. Fica Fica Fica. Hulle bel die klient en doen navraag oor sulke groot bedrae wat in jou rekekening ingekom het. As hulle nie die klient kan kry nie bel hulle en ondersoek die oorsprong van die groot betaling. Dit gebeur al die dag na die inbetaling… Dis vir my baie snaaks dat so baie verskillende goed met hierdie transaksie skeef geloop het? Ek voel nogal geneig om baie vrae te vra oor al die vertakkings waar daar “iets” net baie snaaks skeef geloop het????

Francois le Cochon ·

In ‘n mate voel ek ietwat jammer vir die student.

Peet ·

Dan voel jy seker jammer vir Zuma ook? Hy steel ook omdat hy dink niemand sal dit agterkom nie.

Wsp ·

Eerstens dit was dom om n foto teplaas tweedens meeste word groot gemaak met morele waardes maar wys my een persoon wie se waardes sal bly as daai tipe geld in jou rekening wys ek praat nie goed wat gebeur het nie maar invandag se tyd twyfel ek of 99% van die mensdom so iets sou raporteer

Peet ·

Ag komaan, Wsp. Wil jy vir my sê dat 99% van mense nie aan die moontlike gevolge sou dink nie? Sy is bloot ‘n skelm. En haar ouma ook. Die ou tannie was nie ontsteld dat haar kleindogter R800 000 gesteel het nie. Sy was net vies omdat sy niks daarvan gekry het nie!

Susan ·

??? Hierdie is skrikwekkend – is dit hoekom universiteite bankrot gaan? Betalings word blindelings gedoen, beslis nie gekontroleer nie, bankstate word nie nagegaan nie, hoeveel “fake” rekeninge en betalings word gedoen, ens ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.