NSFAS-studente by Fort Hare glo dakloos oor wanbetaling

Die Universiteit van Fort Hare. (Argieffoto: SA Gov News/Twitter)

Die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, eis antwoorde by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) en die Universiteit van Fort Hare ná berigte dat studente daar sonder blyplek sit.

Nzimande het sy kommer te kenne gegee oor ʼn brief wat op sosialemediaplatforms die ronde doen – glo uitgestuur deur die universiteit – wat handel oor ʼn versoek vir die betaling van private akkommodasie vir studente.

Ishmael Mnisi, Nzimande se woordvoerder, sê teenstrydig met die brief wat rondgestuur word, het die minister nog geen versoek van NSFAS óf die universiteit gekry oor die betaling van verblyftoelae vir studente wat deur die skema finansier word nie.

“Die minister het NSFAS en die Universiteit van Fort Hare gevra om hom van volledige besonderhede oor die versoek te voorsien wat sy aandag en goedkeuring vereis.”

Nzimande het egter benadruk dat enige versoek wat aan hom gerig word, onderworpe is aan die bepaalde voorwaardes.

“Die minister doen ʼn beroep om kalmte terwyl hy wag op die reaksie van NSFAS en die universiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie J ·

Al wat bek en pote is gaan studeer verniet (en eis hulself daardie reg toe) Die kaders is te useless om selfs hierdie eenvoudige stelsel te laat vlot. As hulle klaar en suksesvol gestudeer het(dis nou die minderheid van hulle) eis hulle om werk te kry.Nie sommer enige werk nie, nee man, n office job met sekretaresse en al. As hulle nie die werk kry nie sal Rammetjie hulle verskoon as hulle begin plunder.Welkom in piesangland!!!!!

annie ·

Nsfas sorg nou skynbaar totaal en al vir universiteitstudente? Gaan hulle binnekort ook op motors aandring?

Jannie van Niekerk ·

Sommer salarisse met byvoordele ook. Terselfdertyd wonder ek hoeveel van hulle gaan akadmies eerstejaars en histories twaalfde jaar studente wees?

Catherina ·

Ai…wens dat toe ek studeer het, dinge so in my skoot kon val. Ek moes werk en studeer….vakansies ook.

Tanniepetoors ·

En kinders grootmaak en dit met ‘n man wat nie wou hê ek moet studeer nie. Hy was nie baie jare me ander helfte nie.

Jannie van Niekerk ·

Voor 1994 moes ons SELF vir ALLES betaal. En as jy gelukkig genoeg was om ‘n beurs te hê moes jy dit TERUG betaal wanneer jy begin werk. Ek was al diep in die dertig toe betaal ek nog af aan studieskuld. En anders as wat die sogenaamde “voorheen benadeeldes” dink, was meer as 90 persent van die “wit bevooregtes” se ouers te arm om vir hulle studies te kon pa staan. Ek sal enige tyd plkkke ruil met die mkastige “voorheen benadeeldes.”

Jannie van Niekerk ·

Praat jy. Ek was al diep in die dertig toe betaal ek nog af aan studieksuld by die bank (Studentelening by Volkskas)

Pietertjie ·

En die Minister is clueless. Soos gewoonlik, en soos die res van die regering.

JohanR ·

Pietertjie – din die studente het miskien soe bietjie meer geleerdheid as die Minister! Die vorige Minister van Vedediging het net ‘n Diploma gehad,

My siening ·

Ag kader kry maar n jopie en hou op verskoning maak oor jy te lui is en dink die lewe skuld jou!

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder wat die kastige “voorheen benadeeldes’ sou gedoen het as hulle behandel is soos die “wit bevoorregtes” voor 1994. Ons moes SELF vir ons blyplek, kos, klasgelde ensovoorts betaal. Die mense wat wel bevoorreg was om ‘n beurs te kon gehad het, moes die beursgelde TERUG betaal of TERUG werk die oomblik wanneer hy of sy begin werk het. En ons wat buitemuurs studeer het moes ook SELF ten duurste vir alles betaal. Neewat, ek het geen simpatie met die spul nie. Hulle gaan in elk geval die geboue en biblioteke aan die brand steek wanneer hulle nie hulle sin kry nie. En dan moet die “wit bevoorregt” studente die spit afbyt. Hopelik plaas MAROELA MEDIA hierdie ware “rassisietse” plasing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.