NSFAS-voorsitter bedank

Sizwe Nxasana. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sizwe Nxasana het as voorsitter van die nasionale hulpskema vir studente (NSFAS) bedank.

Nxasana het Donderdag sy bedanking aangekondig te midde van toenemende oproepe dat hy moet bedank uit die pos wat hy die afgelope drie jaar beklee het.

Nxasana het Woensdag met Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, vergader en haar van sy besluit verwittig.

Lunga Ngqengelele, die minister se woordvoerder, het gesê Pandor is dankbaar vir die leierskap wat Nxasana verskaf het. “Die minister wil so gou as moontlik ʼn raadsvergadering belê om die pad vorentoe te bespreek.”

NSFAS was onlangs weer in die spervuur nadat Pandor opdrag gegee het om befondsing vir 2019-studente te staak weens die agterstand rakende uitbetalings van 2017 en 2018.

Nxasana, ʼn voormalige uitvoerende hoof van FirstRand, het gesê NSFAS is sedert Desember onder erge druk ná oudpres. Jacob Zuma se aankondiging dat meer studente gratis hoër onderwys sal ontvang.

Die Suid-Afrikaanse Unie van Studente (SAUS) het vroeër die week gesê Nxasana het misluk om NSFAS se lot om te keer. Die organisasie eis dat NSFAS se raad ontbind word.

Belinda Bozzoli, DA-LP, het gesê NSFAS is op ʼn baie slegte plek. “Burokraties oorweldig en onder druk van studente.”

Nehawu het egter Nxasana se bedanking verwelkom en gesê die vakbond was van die begin af teen sy aanstelling gekant.

Volgens Nehawu is dit ʼn “powere verskoning” om die aankondiging van gratis hoër onderwys die skuld te gee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ouer ·

Kon nie eers DITt regkry nie want betaal dan Een miljoen uit aan een student wat dit dan gaan spend sonder dat sy navraag daaroor gaan doen het.
Nou wat verwag jy – wie het nog te veel geld ontvang wonder ek.

John ·

Oooh, ‘more of the same’ wag. Drie raaie wie nou aangestel word. Studente dring ook blykbaar aan op bankkaarte om sommer so te gaan geld trek wanneer nodig, uit die paradyslike bankrekening van feekoningin Nsfas; die bodemlose lekkerte van alle heerlikhede. #/* R$€£

LouE ·

‘n Goue handdrukkie en herontplooiing na ‘n joppie wat nog meer betaal. Dit stel hom sommer vry van vervolging en al die ander betrokkenes kan sê dat hulle iets aan die saak gedoen het. Spring maar so van soustrein tot soustrein. Dit werk elke keer.

Antoinette ·

Van 1981 tot 2013 was ek werksaam by ‘n gesogte fakulteit. Ek was nie persoonlik betrokke by finansiele aspekte nie, maar het wel baie goeie kennis gehad van wat daar gebeur. Die betrokke finansiele dame sowel as diegene by die hoofkampus het was puik met die toekennings van finansiele hulp, en dit sluit NSFAS toekennings in. Dit was so puik gehanteer dat daar selfs fondse soms oor was. Persoonlik dink ek dit word vrot geadministreer deur mense wat nie behoorlik opgelei is om finansies te hanteer nie. Iets wat mens dikwels teekom by ander instansies.

Christo ·

Ek stem saam, by Tuks se Groenkloof Kampus was daar ‘n dame wat uitsteekend en trots was op haar werk. Ek dink egter die ‘Zuma free for all’ het die sisteem lamgelê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.