NSRI maan vakansiegangers oor sleurstrome

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vakansiegangers gewaarsku om ekstra versigtig te wees by die see tydens springgety wanneer daar sleurstrome is.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê baaiers moet weet van hooggety en laaggety en die gepaardgaande sleurstrome wat dit veroorsaak. “Sleurstrome is die hoofoorsaak van verdrinking aan die kus. Sleurstrome is soos ʼn rivier wat in die see invloei teen inkomende golwe en word gevorm wanneer golwe die kuslyn bereik.”

Lambinon het gesê tydens springgety, wat twee keer per maand voorkom, is daar ʼn hoër as normale hooggety en ʼn laer as normale laaggety wat sterk sleurstrome veroorsaak. Hy het gesê mense wat in die see swem, kan maklik deur sleurstrome die see ingetrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

trix ·

Hi, ek het die app nou so 2weke op my cel, en ek is geskok om al die moorde en aanvalle te sien. Dit is verskriklik. Jy hoor en sien nie als op tv of radio. Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.