Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag die publiek gewaarsku om ekstra versigtig te wees langs die kus as gevolg van die volmaan-springgety wat begin toeneem het.
Volgens die NSRI sal die springgety Woensdag sy hoogtepunt bereik en tot en met volgende naweek ʼn uitwerking op die seetoestande hê.
“Die NSRI doen ʼn beroep op swemmers, vissermanne, skippers en mense wat langs die see stap om versigtig te wees. Swemmers moet slegs strande besoek waar daar lewensredders aan diens is en seker maak hulle swem in die veilige afgebakende sones,” het die NSRI gesê.