NSRI soek na man wat vermoedelik oorboord van skeepsvraghouer geval het

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) soek al sedert Saterdag na ʼn man wat naby Algoabaai in die Oos-Kaap op see vermis geraak het.

Volgens Justin Erasmus, stasiebevelvoerder van die Gqeberha NSRI-kantoor, het die 31-jarige Indiese bemanningslid vermoedelik Saterdagaand oorboord geval.

A31 year old male Indian national remains missing at sea. We are appealing to mariners in Algoa Bay and beyond and public members along the Gqeberha shoreline to be vigilant.

Posted by NSRI on Sunday, March 3, 2024

Die NSRI het tussen 17:00 en 18:00 die noodoproep van ʼn skeepsvraghouer ontvang dat een van hul bemanningslede vermoedelik oorboord geval het.

Volgens Erasmus was die skip sowat ses seemyle vanaf die kus, oos van Kaap Recife.

“Bemanningslede het opgemerk hul medeseeman word vermis. ʼn Deeglike soektog van die hele skip het niks opgelewer nie en die bemanningslid is as vermis aangemeld. Hy het vermoedelik oorboord geval,” sê Erasmus.

Die NSRI het alle noodsaaklike owerhede in kennis gestel en ook skepe in die gebied versoek om te help in die soektog.

A sea search is underway in South African waters after a foreign seafarer reportedly disappeared from his vessel and…

Posted by South African Maritime Safety Authority on Sunday, March 3, 2024

“Aanvanklike inligting het daarop gedui dat die bemanningslid moontlik verder oos oorboord gespoel is en die NSRI-kantoor in Port Alfred is ook in kennis gestel.”

Teen Sondag het reddingspanne van Rescue 6 Alpha ook by die soektog aangesluit, tesame met die polisie se duikeenheid.

“Ondanks ʼn uitgebreide soektog is daar nog geen teken van die vermiste man gevind nie,” sê Erasmus.

Hy het ʼn beroep gedoen op inwoners van Gqeberha om op hul hoede te wees.

Enigiemand met inligting wat die soekspanne kan help, kan die NSRI-noodnommer by 087 094 9774 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Darem sekerlik ‘n vragskip en nie ‘n skeepsvraghouer nie!?
‘n Skeepsvraghouer is die “bokse” wat deur ‘n vragskip vervoer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.