NSRI waarsku teen haaie, sleurstrome

Argieffoto van ‘n witdoodshaai ter illustrasie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het twee waarskuwings vir die naweek uitgereik.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê die volmaanspringgety het Donderdagaand sy hoogtepunt bereik.

“Hoër en laer as normale getye asook sleurstrome word tot vroeg volgende week verwag. Die NSRI maan die publiek om versigtig te wees aan die kus dié naweek, veral nou met die skoolvakansie,” het die NSRI gesê.

Die NSRI het verder ook gewaarsku oor haaie in die St. Francisbaai-omgewing. “Daar is ʼn walviskarkas wat tans in die omgewing in die see ronddryf en haaie lok. Daar is reeds haaie gesien wat aan die karkas vreet.”

Die NSRI het gesê ʼn vissersboot kon glo daarin slaag om die karkas dieper in die see in te trek, maar vakansiegangers moet steeds versigtig wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.