NSRI waarsku teen volmaan-springgety

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die publiek – wat swemmers, vissermanne, skippers en mense wat langs die see stap insluit – gewaarsku om ekstra versigtig te wees langs die kus as gevolg van die volmaan-springgety wat tans in volle swang is.

Volgens die NSRI sal die springgety op 2 Januarie ʼn hoogtepunt bereik en tot en met die einde van volgende week ʼn impak op die see hê.

“Die NSRI doen ʼn beroep vir verantwoordelike en veilige gedrag langs die kus rondom Nuwejaarsvieringe. Ons doen ook ʼn beroep op die publiek om nie rooi noodfakkels en lanterns tydens Nuwejaarsvieringe te gebruik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Soveel ure later en ek het gehoop vakansiegangers sou dankie sê vir die waarskuwing. Die golwe is sowat 300 treë vanaf my woning aan die opbou en terwyl ek dit dophou weet ek mense moet versigtig wees. Niemand spreek erkenning uit nie – dankie vanaf my wat die see ken aan NSRI vir gereelde tydige waarskuwings. Gautengelengers en Vrystaters, wees versigtig asseblief.

Ina ·

Mense het deesdae nie meer maniere nie, dankie en asseblief en al die goeie maniere wat ons saam met moedersmelk ingekry het, is blykbaar nou oudmodies of dalk onwettig of iets….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.